Koninklike Identiteit 22/04/23
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps32:8 ‘Die Here sê: “Ek sal jou onderrig en die pad wys waarop jy moet gaan. Ek sal vir jou raad gee, My oog sal op jou wees.’ NLV
Dankie Vader God, dat U my rig en leer, en U oog oor my hou. Ek weet ek is in goeie hande!