Koninklike Identiteit 21/10/2023
Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.
Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:
Psa 62:7-8 Sekerlik, Hy is my rots en my heil, my rotsvesting; ek sal nie wankel nie. 8 By God is my heil en my eer; die rots van my sterkte, my toevlug is in God. AOV Vader God, U is my rots, my sterkte, my toevlug. Net saam met U kan ek stewig bly staan en sal aanslae my nie ontwortel nie
Vader God, U is my rots, my sterkte, my toevlug. Net saam met U kan ek stewig bly staan en sal aanslae my nie ontwortel nie.