Koninklike Identiteit 21/01/2023
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps23:2 ‘Hy laat my neerlê in groen weivelde; na waters waar rus is, lei Hy my heen.’ AOV
My Vader, My Herder, hou my veilig en lei my na plekke waar daar rus is. Dankie Vader, vir U getroue beskerming.