Koninklike Identiteit 19/10/2024
Wie ek is in Jesus Christus – Efesiërs 2 Opsomming:
Efs 2:4 – God is genadig en het my lief.
Efs 2:5 – Ek is lewend gemaak saam met Christus, uit genade is ek gered van die ewige dood.
Efs 2:6 – Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en laat sit in die hemel.
Ef 2:7 – Jesus het God se goedheid en genade bewys.
Efs 2:8-9 – Deur U genade en my vertroue in U, skenk U my redding.
Efs 2:10 – Ek is die werk van God se beplanning. Nuut geskape in Christus om goeie dinge te doen en daarin te leef.
Efs 2:12b,13 – Deur Jesus se bloed, is ek nou naby God! Ek het ’n verhouding met God, my Vader!
Efs 2:14 – Jesus is ons vrede, deur Sy liggaam te gee op die kruis, het Hy die skeidsmuur afgebreek en vir ons vrede gegee met mense.
Efs 2:19 – Ek is ’n burger van God se Koninkryk en deel van God se huisgesin.
Dankie Vader en Jesus vir U liefde, goedheid en genade vir my!
Dankie, vir die groot geskenk van redding! Ek prys U!