Koninklike Identiteit 19/08/2023
Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Ps 46:11–12 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela (NLV)
Vader God, dankie dat U altyd by my is. U is die Almagtige God en my Vader! In en by U kan ek stil wees en veilig skuil.