Koninklike Identiteit 18/05/2024
Kom stem saam met die Woord oor jou identiteit as kind van God in Jesus Christus.
Verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:
Efesiërs 1:1 ‘Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus deur die wil van God, aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus:’ AFR20
Hoor jy hoe groet Paulus die gelowiges wat glo in Jesus? As jy in Jesus glo, dan is jy heilig in Christus! Dit beteken jy is afgesonder van die wêreld vir Christus.
Dankie Vader God, ek, as gelowige kind van U, is heilig in Jesus Christus!