Koninklike Identiteit 12/08/2023

Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 46:2 God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. AOV

God is altyd by ons, Hy gee uitkoms wanneer gevaar dreig. Hy is getrou en altyd betyds. Dankie Vader God, dat U altyd daar is vir my! Ek loof en prys U!