Koninklike Ideniteit 15/07/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Psa 37:4en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.’ AOV

Dankie Vader God, dat U vir my wil gee wat my hart begeer. Help my om my vreugde en vervulling net in U te vind.