Koninklike ID 6/08/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Gen 1:26
- Ek is na God se beeld en gelykenis geskape. God is Gees, daarom is my gees net soos God se Gees!
- Nie alleen is ons na God se beeld geskep nie, maar ons is ook aangestel om oor al die visse, diere, voëls en die aarde te heers!
- Dankie Vader, vir U vertroue in my. Dankie dat U my die nodige vermoëns gegee het. Help my asseblief om tot U eer te heers, deur by my eie lewe te begin.