Koninklike ID 31/12/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Samevatting:

Ps8:4-5 – God het alles geskape, my ook! God gee aan elkeen van ons aandag!

Ps8:6  – God het ons net minder as engele (sien Engelse vertalings) gemaak en Hy kroon ons met eer en heerlikheid (glorie, roem).

Ps8:7 Vader God, U het ons mag, outoriteit, gegee om oor alles op die aarde te heers!

Dankie Vader God, U dink aan my en woon in my. U ag my hoog en kroon my met eer en heerlikheid! U vertrou my! Vader, help my asseblief met hierdie verantwoordelikheid.