Koninklike ID 29/10/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps1:1-2 ‘Dit gaan goed met die mens wat ……. in die woord van die Here sy vreugde vind, dit dag en nag oordink.’ ANV

Die verse sê dat die een wat sy vreugde in God se woord vind, dit oordink en daarvolgens leef, geseënd is. Wat ‘n voorreg om só te kan leef en dan ook geseënd te wees! Dankie Vader God, vir U Woord en dat ek geseënd is.