Koninklike ID 22/10/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Samevatting: Ek is vol moed, dapper en sterk, vir God se Koninkryk!

Jos1:9

God het ‘n bevel gegee. Ek moet vol moed en sterk wees. Ek moet nie bang of verskrik wees nie. Hy is by my, oral waar ek gaan. Dankie Vader God, U is by my, ek vrees niks nie.

Rigt6:12 

God het Gideon geroep en hom aangespreek as ‘n dapper held al het hy geensins so gevoel nie. Dankie Vader God, dat U my anders sien as ek my self sien, dankie dat U altyd by my is en my dapper en sterk maak vir U Koninkryk.