Koninklike ID 12/11/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

PSALMS 1:6 ‘Want die Here waak oor die pad van die gelowiges; maar die paaie van die goddeloses lei tot ondergang.’ N19LV  ( sien ook OAV53)

Dankie Vader God, dat U oor my pad waak! Ek is regverdig (vrygemaak) deur die voltooide werke van Jesus op die kruis.