(A004) Ewige lewe begin op aarde – 1 Joh 5:13
Geniet jy al die ewige lewe van vrede, beskerming en voorspoed al op aarde na jou weergeboorte?
Die woord ewig beteken vir ons, ‘n tydperk sonder ‘n einde.
Ewige lewe beteken ‘n lewe sonder einde.
Almal wat al op aarde gelewe het, nou lewe en nog gaan lewe se siel en gees gaan vir ewig lewe.
Daar is egter net twee plekke waar elkeen se siel en gees sonder einde gelewe kan word:
- Mense wat nie God se bestaan erken nie, glo wanneer jou liggaam hier op die aarde sterf dan hou jy op om te bestaan.
Die probleem is egter hierdie mense dan gaan ontdek dat jy ook ‘n siel en gees het wat nie sterf nie maar vir ewig of altyd gaan lewe.
Die ongelowiges gaan dan ontdek dat die liggaam wel ophou bestaan maar dat hulle ‘n siel en gees het wat in ‘n plek gaan op eindig waar hulle deur ‘n ewige geestelike vuur verteer gaan word.
MAR 9:43 NLV “En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is vir jou beter om met een hand te lewe as om met twee hande en al in die hel te beland waar die vuur nooit geblus word nie.”
Gaan lees ook Jesus vertel het van die ryk man en die bedelaar Lasarus. Luk 16:19-31
- Die mense wat weergebore is, deur te erken en te glo dat Jesus deur God gestuur is om vir ons sonde aan die kruis te sterwe en weer deur God uit die dood opgewek is, sal vir ewig saam met God en Jesus lewe.
JOH 3:16 NLV “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.”
Die Skrif sê vir ons dat wanneer ons glo in Jesus dan het ons reeds deel aan die ewige lewe hier op die aarde –
1 JOH 5:13 NLV Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God.
Die lewe hier op aarde is nie maklik vir gelowiges of ongelowiges nie.
Die duiwel val die mense aan met siekte, armoede, twis, verdrukking, geestelike oorlogvoering, ens.
Jesus sê vir ons in –
JOH 10:10 NLV Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.”
Die duiwel is die dief wat steel, doodmaak en vernietig.
Jesus wil vir ons ‘n lewe van oorvloed gee, ons het reeds die ewige lewe.
Dit beteken ‘n lewe hier op die aarde van vrede, gelukkige verhoudings, gesondheid, finansiële versorging, ens.
Die probleem is egter nie almal weet van of is geleer dat dit nodig vir ons is om in ‘n verhouding met God en Jesus te lewe om al die voordele van die ewige lewe hier op aarde te kan geniet nie.
JOH 17:3 NLV “En die inhoud van die ewige lewe is dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”
1 JOH 5:11 NLV “En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun.”
Baie gelowiges sukkel nog steeds aan met hulle lewens van verdrukking deur die duiwel soos voor hulle weergebore is, omdat hulle nie van beter weet en geleer is dat hulle nou vry is en die beskerming van God geniet teen die duiwel nie.
Ons is bevry van die duiwel na weergeboorte en sien dit in –
GAL 1:4 NLV “Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe.”
Om hierdie vryheid te kry sê die Skrif vir ons –
1 JOH 5:14 NLV “Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister”
Deur ons weergeboorte kan ons God se hulp vra.
Hierdie gedeelte praat van “volgens God se wil”, maar wat is God se wil?
- Vir ons om vry te wees van die bose tyd waarin ons nou lewe Gal 1:4 –
Daar is ‘n aanhoudende aanval van die duiwel op alle mense, gelowiges en ongelowiges, om hulle lewens moeilik te maak op alle vlakke van die samelewing en hulle te vernietig.
Haat tussen mense vier hooggety, huwelike wat die basis van die samelewing is word aangeval en as onnodig afgemaak, korrupsie en diefstal is gewild en daar is nog vele ander aanvalle.
Dit is God se wil om ons teen hierdie bose wêreld te beskerm, ons moet net God vra vir beskerming.
- God se wil verder is dat ons ‘n lewe van oorvloed hier op aarde al te hê – Joh 10:10.
Ongelukkig glo baie weergebore mense en leer hulle dat ons nie vir ‘n lewe van oorvloed van God mag vra nie of dit mag ontvang nie, ek aanvaar dit is as gevolg van ‘n skuldgevoel oor ons sondige lewe voor ons weergebore is en dat ons steeds sonde doen (1 Joh 1:8-9) en nie hulle nie die vryheid wat ons van Jesus ontvang het, verstaan nie.
Ons leer in 1 Joh 1:8 “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie” maw ons doen steeds sonde en ons sal dit doen tot ons liggaam hier op aarde sterf.
Wanneer ons sondig, beweeg ons weg van God se seën af, Hy kan ons nie seën vir verkeerde optrede indien ons volhard in iets wat ons verkeerd doen nie. Dit beteken bv as jy iemand haat vir iets wat die persoon gedoen het en hom of haar nie vergewe nie, kan God jou nie beskerm teen ‘n aanval van die duiwel wat jou met siekte aanval nie.
Ons leer egter verder in 1 Joh 1:9 “As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is” maw as ons die vb as jy die persoon wat jy haat vergewe en aan God bely dat jy verkeerd gedoen het, sal Hy jou vergewe. Jy sal dan weer sy beskerming geniet teen die aanval van die duiwel en gesond word van die siekte wat die duiwel oor jou gebring het.
Ter opsomming –
God se wil is dat ons die ewige lewe al hier op aarde begin geniet met al sy seëninge en sy beskerming teen die duiwel.
Voorbeelde van God se wil wat ons kan vra en Hy sal voorsien, is –
- Gesondheid – siekte is die begin van die liggaamlike dood en ‘n voorbeeld is Jesus het almal gesond gemaak wie Hom teëgekom het terwyl Hy op aarde was, dit is nie nodig dat jy met enige siektes in jou liggaam rondloop nie. 1 Pet 2:24 sê Jesus liggaam is gebreek vir ons, sodat gesond kan wees.
- Versorging – Mat 6:25-33 en Fil 4:19. As ons vra dat God vir ons werk moet voorsien, sal Hy dit voorsien, ons moet net uitgaan en werk gaan soek en nie hande gevou by die huis sit en wag dat daar werk in ons skoot moet val nie, daar moet ook ‘n aksie en geloof wees aan ons kant.
- Vrees of bekommernisse – 1 Pet 5:7. Vra God om dit waarvoor jy bang is, bv dat jy ook ‘n siekte gaan opdoen wat in die omloop is en jou lewe mag kos, en dit waaroor jy jou bekommer, bv gaan jy genoeg geld hê om te kan aftree, weg te neem van jou.
- Beskerming – Luk 21:18. In hierdie gedeelte sê Jesus dat selfs nie ‘n haar op ons kop sal verlore gaan nie, Gal 1:4 sê God het ons bevry van die bose wêreld daarom kan ons vra vir beskerming en Hy sal ons beskerm.
- Leiding en wysheid – Joh 14:26 en 16:13. God het die Heilige Gees na ons toe gestuur om ons te leer en te lei. Ons moet net daarvoor vra.
Alles wat ons van God vra wat inlyn is met sy Woord, sal Hy gee. So as jy iets soek of nodig het, gaan kyk in God se Woord of dit in sy wil is.
Onthou as jy weergebore is lewe jy klaar die ewige lewe hier op die aarde en maak seker jy ken jou vryheid wat jy deur Jesus ontvang het.
Moenie verder onder die verdrukking van die duiwel lewe nie.
Geniet ‘n lewe van vrede, vreugde en voorspoed onder God se beskerming.
Gebed –
- Vader U is groot, sonder einde,
- U is liefde, geduldig en beskerm ons as U kinders,
- Dankie vir hierdie versekering,
- Dankie vir U liefde
- Maak ons oë oop vir die leuens van die duiwel en gebrek aan kennis van wat U ons gegee het,
- Ons vra hierdie in die naam van Jesus wat ons van die sondeband verlos het,
- Amen