ID in Christus 7/08/2021
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Jos 1:5 ‘Niemand sal voor jou bestand wees solank jy leef nie. Soos Ek by Moses was, so sal Ek met jou wees; Ek sal jou nooit in die steek laat nie. Ek sal jou nooit los nie.’ (NLV)
Dieselfde belofte soos laas week, word hier herhaal aan Joshua. God sal met hom wees. Netso is God met Sy kinders vandag nog.
Dankie Vader, dat U met my is, dat U in my woon en my beskerm!