ID in Christus 6/11/2021
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
GALASIËRS 3:7 ‘Julle moet dus insien: Die ware kinders van Abraham is hulle wat glo.’ (NLV)
Omdat ek in Christus glo, is ek ‘n geloofskind van Abrham, ons vader van geloof in God.