ID in Christus 5/03/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Joh 3:17 ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’ (AOV)
God se liefde, het Jesus na die wêreld toe gestuur, sodat ek gered kan word! Dankie, Vader God, vir U liefde!