ID in Christus 31/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Deut31:8 ‘Moenie bang of mismoedig wees nie, want die Here is die Een wat voor jou uitgaan. Hy sal jou nie in die steek laat nie en jou nie verlaat nie.” ‘ (NLV)

Dankie Vader, U gee om! U sal my nooit verlaat nie, U gaan voor my uit en U lei my! Ek het U Gees (Heilige Gees) in my.