ID in Christus 29/01/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
die opsomming uit Galasiërs:
- God is my Pa, en ek is Sy kind, dit deur my geloof in Jesus! Dis wonderlik! Dankie, Vader-God! Gal3:26
- Ek het Christus aangeneem, ek is nou verenig (een) met alle gelowiges in Christus. Dankie Vader vir eenheid in geloof en ons wonderlike geloofsfamilie. Gal3:27,28
- Ek het Jesus aangeneem, ek is ‘n erfgenaam van die belofte! (Ef3:6; 2:16) Dankie Jesus! Gal3:29
- Ek is ‘n kind van God en die Heilige Gees leef in my! Ek noem my hemelse Pa Abba! Wat ‘n besonderse voorreg! Gal4:6
- Ek is kind en erfgenaam deur Christus, nie ‘n slaaf (van die sonde) nie! Ek het ‘n Pa wat my liefhet en my bemagtig. Gal4:6,7