ID in Christus 27/03/2020
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Kol 2:13 ‘Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.’ (ANV)
Ons is in Christus lewend gemaak. God het al ons sondes vergewe! Ek is vry van die sondelas. Dankie Jesus ek is vry! Ek is nie meer ‘n slaaf van sonde nie.