ID in Christus 25/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

1Pe
1:15, 16

Maar soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul
hele lewenswandel heilig word, 16
omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig. (AOV)

Jesus
het ons geroep tot geloof en om
heilig te wees, ons het ‘n rol in ons eie
heilig wording. Dis ‘n
keuse wat ons maak, om Jesus te glo en te vertrou
wat daartoe lei dat ons lewenswandel Sy heiligheid reflekteer. In
Jesus is elke gelowige heilig (set apart, consecrated, sanctified).