ID in Christus 24/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 100:3 Erken dat die HERE God is! Hy het ons gemaak, en ons is Syne, Sy volk, die skape van sy weiveld. (NLV)

Ek behoort aan God! Hy het my wonderlik geskape, ek is deel van Sy kudde.

Dankie, Vader dat U my Herder is, dat U my goed versorg.