ID in Christus 23/10/2021
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Gal2:20 ‘Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat Sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.’ (NLV)
Dankie Jesus, dat U my so lief het, dat U in my plek gesterf het en ek deur geloof en vertroue in U kan lewe, nou hier op aarde en vir altyd by U.