ID in Christus 21/02/2020
Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Kol
1:27 ‘God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe
wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die
geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in
die hemelse heerlikheid sal deel’. (NLV)(sien ook AOV)
God maak aan gelowiges ‘n geheim bekend, wat vir ongelowiges onverstaanbaar is, naamlik dat Christus se heerlikheid (glorie) in ons is. Jesus woon in ons! Dis wonderlik!