ID in Christus 2/05/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

1Pet
2:9
‘Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike
priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te
verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het
tot sy wonderbare lig, ‘(AOV)

Ons
is gekies om koninklike piesters en ‘n heilige volk te wees! Ons moet
God se diens en goedheid verkondig. Ons is nie meer in die donker
nie, ons is lig.