ID in Christus 19/03/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Joh 10:10 ‘Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek (Jesus) het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.’ (AOV)
Jesus het gekom, sodat ons, Sy navolgers (dissipels) lewe in oorvloed kan hê.
Dankie Jesus, dat U vir my ‘n lewe van oorvloed beplan het.