ID in Christus 17/07/2021
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Psa 23:1 ‘ ‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.’ (ANV)
Deur dit wat Jesus vir my gedoen het, verklaar ek; die Here is my Herder, ek het alles wat ek nodig het. Die Here is my versorger, Hy voorsien alles, ek is deel van Sy kudde en Dis goed versorg!