ID in Christus 15/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

die opsomming uit Galasiërs:

  • Deur geloof in Jesus, is ek is vry. Hy het my bevry van die slawerney van sonde en die wet. (Gal2:4,16)
  • Ek is regverdig voor God deur my geloof in Jesus. (Gal2:4)
  • Ek is saam met Jesus gekruisig en Hy leef nou in my en ek in Hom, deur geloof en vertroue vir altyd. (Gal2:20)
  • Dankie Vader, dat ons geloof in Jesus ons vrymaak (geregtig) en ons, sonder sonde voor U kan staan. (Gal3:5-6)