ID in Christus 10/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ps139:15,16 ‘My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die moederskoot. U het my gesien voor ek gebore is. In U boek is alles opgeteken: elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.’ (NLV)

Toe ek gevorm is Vader, was ek reeds beplan, reeds deel van U plan! My dae was vasgelê, reeds voor die wêreld gemaak is. (Ef1:4) Dankie Vader, dat ek so wonderlik en uniek geskape is, dat U ‘n plan vir my het!

NS: God het alles goed beplan. Hy het die mens mag op aarde gegee, wat beteken ons kan keuses maak en besluite neem. Ek het ‘n keuse of ek God se plan vir my wil volg. Ons lewens word beïnvloed deur die gevalle wêreld waarin ons leef, omdat die mens die mag aan die duiwel gegee het. Jesus het egter gekom om die losprys te betaal namens ons en die mag (heerskappy) terug te neem.