ID in Christus 1/01/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
GALASIËRS 4:6 ‘En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. ‘ (NLV)
Ek is ‘n kind van God en die Heilige Gees leef in my! Ek noem my hemelse Pa Abba! Wat ‘n besonderse voorreg!
(Die Heilige Gees leef in my. Ek noem Hom Abba, omdat ek ‘n kind van God is.)