ID in Christus 03/04/20
Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:
Kol 2:20 ‘Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte’ (ANV)
Saam met Christus het ons die sonde van die wêreld afgesterf en saam met Hom opgestaan in die Nuwe Lewe saam met Jesus. Ons het dus geen rede om nog die godsdienstige wette van die ou verbond (testament) na te volg nie. Dankie Jesus, vir die vryheid wat U lyding vir ons wat in U glo en vertrou gebring het.