Koninklike Identiteit 30/11/2024

ID in Jesus Christus Broadcast groep

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Opsomming: Efesiërs 3

Ef 3:6 – As Nie-Jood wat glo in Christus, is ek ook ‘n erfgenaam en lid van die liggaam van Christus en het deel aan die beloftes in die Goeie Nuus

Efs 3:12 – Ek het ‘n verhouding met Christus en deur my geloof in Hom kan ek met vrymoedigheid en in sekerheid na God toe gaan.

Efs 3:17 – Deur my geloof, is Jesus se liefde in my, daarom is ek verseker en gevestig in die waarheid van U liefde vir my.

Ef 3:18-19 – Ek ken die liefde van Christus. Die liefde wat kennis oortref en die volheid van God ervaar.

Ef 3:20 – U krag wat in ons werk, is baie groter as wat ons kan dink of bid.

Dankie Vader God, Jesus en Heilige Gees, vir U liefde, beloftes, kennis en krag in ons!




Koninklike Identiteit 23/11/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 3:20 ‘Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,’ ANV 1983

U krag wat in ons werk, is baie groter as wat ons kan dink of bid. Dankie Vader God, Jesus en Heilige Gees, vir U krag in ons!




Koninklike Identiteit 16/11/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 3:18-19 ‘… 19 en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God.’ AOV 1953

Vader God, dankie dat ek die liefde van Christus ken. Die liefde wat kennis oortref en die volheid van God ervaar.




Koninklike Identiteit 9/11/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 3:17 ‘dat Christus deur die geloof in julle harte sal woon en dat julle in die liefde gewortel en gegrondves sal wees.’ ANV

Deur my geloof, is Jesus se liefde in my, daarom is ek verseker en gevestig in die waarheid van U liefde vir my.




Koninklike Identiteit in Christus 2/11/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 3:12 ‘In ons verbondenheid met Hom (Christus) en deur ons geloof in Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.’ ANV 1983

Ek het ‘n verhouding met Christus en deur my geloof in Hom kan ek met vrymoedigheid en in sekerheid na God toe gaan.




Koninklike Identiteit 26/10/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Ef 3:6 ‘Dié geheime plan is dat die nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry word.’ NLV

As Nie-Jood wat glo in Christus, is ek ook ‘n erfgenaam en lid van die liggaam van Christus en het deel aan die beloftes in die Goeie Nuus.




Koninklike Identiteit 19/10/2024

Wie ek is in Jesus Christus – Efesiërs 2 Opsomming:

Efs 2:4 – God is genadig en het my lief.

Efs 2:5 – Ek is lewend gemaak saam met Christus, uit genade is ek gered van die ewige dood.

Efs 2:6 – Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en laat sit in die hemel.

Ef 2:7 – Jesus het God se goedheid en genade bewys.

Efs 2:8-9 – Deur U genade en my vertroue in U, skenk U my redding.

Efs 2:10 – Ek is die werk van God se beplanning. Nuut geskape in Christus om goeie dinge te doen en daarin te leef.

Efs 2:12b,13 – Deur Jesus se bloed, is ek nou naby God! Ek het ’n verhouding met God, my Vader!

Efs 2:14 – Jesus is ons vrede, deur Sy liggaam te gee op die kruis, het Hy die skeidsmuur afgebreek en vir ons vrede gegee met mense.

Efs 2:19 – Ek is ’n burger van God se Koninkryk en deel van God se huisgesin.

Dankie Vader en Jesus vir U liefde, goedheid en genade vir my!

Dankie, vir die groot geskenk van redding! Ek prys U!




Koninklike Identieit 5/10/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:14 ‘Christus is ons vrede, Hy wat dié twee, Jode en nie-Jode, een gemaak het. Deur sy liggaam te gee, het Hy die vyandskap afgebreek wat vroeër soos ‘n muur skeiding gemaak het.’ ANV ‘83

Jesus is ons vrede, deur Sy liggaam te gee op die kruis, het Hy die skeidsmuur afgebreek en vir ons vrede gegee met mense.




Koninklike Identiteit 28/29/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:12b,13 ‘… sonder hoop en sonder God in die wêreld. Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ AOV 1953

Deur Jesus se bloed, is ek nou naby God! Ek het hoop en ’n verhouding met God, my Vader!




Koninklike Identiteit 21/09/2024

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus volgens wat God van jou sê:

Efs 2:10 ‘Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.’ AOV 1953

Dankie Vader God, ek is die werk van U beplanning. Nuut geskape in Christus om goeie dinge te doen en daarin te leef.