Koninklike ID 10/12/2022
Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.
Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms!
Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:
Psa9:11 ‘En hulle wat u Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!’ AOV
Ek vertrou en soek U! Jesus het vir my verlossing betaal. Ek is U kind. Dankie Vader God, U sal my nie verlaat nie.