Koninklike Identiteit 23/09/2023

Ons vorm ons identiteit uit ’n wêreldse oogpunt deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is God se kinders, prinse en prinsesse in Sy Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 56:4-5 ‘Die dag wanneer ek bang word, sal ek net op U vertrou. In God, wie se woord ek prys, in God is my vertroue; ek sal nie vrees nie. Wat kan mense aan my doen?’ NLV

Vader God, ek vertrou net op U en prys U Woord! U is by my en ek sal nie vrees nie! Ek ervaar U vrede in my in alle omstandighede!




Koninklike Identiteit 16/09/2023

Ons vorm ons identiteit uit ’n wêreldse oogpunt deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is God se kinders, prinse en prinsesse in Sy Koninkryk.

Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:

Ps 47:2-3 – Hy is die Allerhoogste, God en Koning van my lewe! – Ek juig, sing en klap my hande tot eer van U!

Ps 55:23 – Hy sorg baie goed vir Sy kinders – U neem my kommer weg, ek vertrou U!

Dankie Vader God, U is groot en getrou, ek vertrou en eer U! U sorg baie goed vir my en neem my kommer weg. Respek begin by my en my huis en kring uit na die volk.




Koninklike Identiteit 9/09/2023

Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 55:23 ‘Gee jou kommer oor aan die Here. Hy sal vir jou sorg. Hy sal gelowiges nie teleurstel nie.’ NLV

Dankie Vader God, U sorg baie goed vir U kinders. U neem my kommer weg. My vertroue is in U! Mat6:25-34




Koninklike Identiteit 23/08/2023

Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Opsomming:

Ps 46:2 – God is altyd by ons, Hy gee uitkoms wanneer gevaar dreig. Hy is getrou en altyd betyds.

Ps 46:1112 – U is altyd by my. In en by U kan ek stil wees en veilig skuil.

Dankie Vader God, dat U altyd daar is vir my! By U kan ek stil word en is ek veilig. U is die Almagtige God, my Vader! Ek loof en prys U!




Koninklike Identiteit 19/08/2023

Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 46:1112 “Wees stil en weet Ek is God! Ek sal vereer word deur die nasies, verhewe wees oor die hele aarde.” Die Here, die Almagtige, is by ons. Ons skuilplek is die God van Jakob. Sela (NLV)

Vader God, dankie dat U altyd by my is. U is die Almagtige God en my Vader! In en by U kan ek stil wees en veilig skuil.




Koninklike Identiteit 12/08/2023

Ons identiteit word gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 46:2 God is vir ons ‘n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef. AOV

God is altyd by ons, Hy gee uitkoms wanneer gevaar dreig. Hy is getrou en altyd betyds. Dankie Vader God, dat U altyd daar is vir my! Ek loof en prys U!




Koninklike Identiteit 5/08/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Opsomming:

Psa 37:4 – U wil vir my gee, wat my hart begeer.

Ps 37:5 – Vader, ek steun en vertrou op U vir leiding.

Ps 37:23-24 – U vind vreugde in my en sorg vir my. U bepaal my pad en ondersteun my.

Dankie Vader God, U is my God, U help my om my vreugde en vervulling net in U te vind. Dankie vir U getroue leiding en voorsiening en dat U altyd daar is om my te help.




Koninklike Identiteit 29/07/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 37:23-24 ‘Die Here bepaal die rigting van ’n mens met wie se lewe Hy tevrede is. Al sou so een struikel, hy sal nie val nie, want die Here hou sy hand vas.’ NLV

Dankie Vader God, dat U om gee, my pad en rigting bepaal, my ondersteun en altyd daar is om my te help.

Dankie, Vader God, dat U vreugde vind in my en vir my sorg. U bepaal my pad en rigting, ondersteun my en is altyd daar om my te help.




Koninklike Identiteit 22/07/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Ps 37:5 ‘Vertrou jou lewe toe aan die Here. Vertrou Hom, en Hy sal vir jou sorg.’ NLV

Vader God, U is my God, ek steun en vertrou op U vir leiding. Dankie vir U getroue leiding en voorsiening.




Koninklike Ideniteit 15/07/2023

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Ons is kinders van God, prinse en prinsesse in God se Koninkryk. Ons is van Koninklike afkoms en geseënd!

Kom ons verklaar en bevestig ons Koninklike Identiteit volgens:

Psa 37:4en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.’ AOV

Dankie Vader God, dat U vir my wil gee wat my hart begeer. Help my om my vreugde en vervulling net in U te vind.