Koninklike Identiteit
Ons vorm ons identiteit deur dit wat met ons gebeur. Dit is nie wat God van ons sê nie. Ons is prinse en prinsesse in God se Koninkryk.
Ons verklaar ons Koninklike Identiteit volgens wat God vir ons sê in:
Ps 103:4 ’Hy verlos jou lewe van die dood, bekroon jou met liefde en medelye.’ NLV
Vader God, nie net verlos U my van die ewige dood nie, maar U seën my ook met liefde en omgee. Dankie en amen.