ID inChristus 13/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1 Kor6:17 ‘Daarteenoor word diė wat hulle aan die Here verbind, geestelik met Hom een.’ (NLV)

Ek het my aan die Here verbind, daarom is my gees een met Sy Gees, en woon Hy in my.




ID in Christus 6/02/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor 1:30 ‘Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.’ (AOV 53)

1Kor 1:30 ‘Dit is deur God alleen dat julle nou aan Christus behoort. Dit is deur Hom dat Jesus vir ons die wysheid van God geword het, die Een deur wie God ons vryspreek en vir Homself geheilig en vrygekoop het.’ (NLV)

Christus het vir my die wysheid van God geword. Dit beteken, ek is in Christus en ek staan vry (geregtig), helig gemaak en verlos voor God. Dankie Jesus!




ID in Christus 30/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor 1:2 ‘ die gemeente van God wat in Korinthe is, aan die geheiligdes in Christus Jesus, die geroepe heiliges, saam met almal wat die Naam van onse Here Jesus Christus in elke plek aanroep, hulle sowel as onse Here:'(AOV 53)

Paulus spreek ons aan as, ‘heiliges in Christus en geroepe heiliges’. NLV sê ‘deur Christus Jesus afgesonder en geroep om Syne te wees’.

Dus verklaar ek, ek is heilig en opsygesit vir Christus!




ID in Christus 23/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:38-39 ‘Eending weet ek vas en seker: Niks kan ons ooit van Christus se liefde skei nie. Nie dood of lewe of engele of duiwelse magte nie; nie ons vrees vir vandag of ons kommer oor môre nie; ook nie bo-aardse magte nie. 39 Ja, hoegenaamd niks daarbo of onder in die dieptes of elders in die skepping sal ons ooit kan skei van die liefde wat God in Christus Jesus ons Here vir ons het nie.

Ek het is ongetwyfeld (sonder enige twyfel) en ten volle oortuig dat God my lief het! En Jesus het my ook lief én niks kan my skei van hierdie wondelike en ewige liefde nie. Nie eers my sonde nie.




ID in Christus 16/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:37 ‘Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat vir ons liefhet.’ (ANV)

Ons is oorwinnaars as gevolg van Jesus se liefde vir ons! Dankie Jesus, deur U is ons wenners!




ID in Christus 9/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:32 ‘Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?’ (AOV)

Ek het alles gekry wat God het! Dankie Vader, vir U genade en dat U tot U Seun nie van ons weerhou het nie.




ID in Christus 2/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:26 ‘Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.’ (NLV)

Ek het Heilige Gees in my, wat my help en by God vir my intree. Wat ‘n wonderlike seën en voorreg!




ID in Christus 26/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:17 ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’ (AOV)

Ek is gered van die sonde-las, want Jesus het mens geword vir my verlossing.

Ek is dankbaar en geseënd!




ID in Christus 19/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:17 ‘En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook Sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.’ (NLV)

Hoe wonderlik is dit, ek is ‘n mede erfgenaam saam met en deur Jesus Christus! As ons saam ly, word ons ook saam verheerlik. Dankie Jesus!




ID in Christus 12/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:17 ‘ En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan Sy lyding, sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid.'(ANV)

As kind van God is ek ook ‘n erfgenaam saam met Christus. Ons sal beloon (verheerlik) word, net soos ons saam met Hom ly (dood vir sonde). (2Tim2:11,12)