ID in Christus 17/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 23:1 ‘ ‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.’ (ANV)

Deur dit wat Jesus vir my gedoen het, verklaar ek; die Here is my Herder, ek het alles wat ek nodig het. Die Here is my versorger, Hy voorsien alles, ek is deel van Sy kudde en Dis goed versorg!

ID in Christus 10/07/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ps139:15,16 ‘My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die moederskoot. U het my gesien voor ek gebore is. In U boek is alles opgeteken: elke dag is bepaal voordat een van hulle daar was.’ (NLV)

Toe ek gevorm is Vader, was ek reeds beplan, reeds deel van U plan! My dae was vasgelê, reeds voor die wêreld gemaak is. (Ef1:4) Dankie Vader, dat ek so wonderlik en uniek geskape is, dat U ‘n plan vir my het!

NS: God het alles goed beplan. Hy het die mens mag op aarde gegee, wat beteken ons kan keuses maak en besluite neem. Ek het ‘n keuse of ek God se plan vir my wil volg. Ons lewens word beïnvloed deur die gevalle wêreld waarin ons leef, omdat die mens die mag aan die duiwel gegee het. Jesus het egter gekom om die losprys te betaal namens ons en die mag (heerskappy) terug te neem.

ID in Christus 3/07/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ps139:13-14 ‘U self het my diepste wese gemaak my in die moederskoot gevorm. Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is so wonderbaar, ek weet dit alte goed!’ (NLV)

Vader, U werke is waarlik wonderlik en ek is die wonderlikste van U skepping! Dankie dat U mý so spesiaal en wonderlik gemaak het in liefde.

ID in Christus 26/06/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:5, 6 ‘U sluit my in van agter en van voor, en U lê u hand op my. Om dit te begryp, is te wonderbaar vir my, te hoog: ek kan daar nie by nie.’ (AOV) (Vergelyk vertalings)

Dankie Here dat U, U hand op my lê, dat U my ken! Dit is waarlik onbegryplik, dankie vir U liefde en seën!

ID in Christus 19/06/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gen 1:27 ‘En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.’ (AOV)

God is Gees. Ek is na God se beeld geskape. Ek is eerstens gees, dan siel(denke, wil, emosie) en ek het ‘n liggaam.

ID in Christus 12/06/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Jn 4:17 ‘Hierin het die liefde by ons volmaak geword, dat ons vrymoedigheid kan hê in die oordeelsdag; want soos Hy is, is ons ook in hierdie wêreld.’ (AOV)

Dankie Vader, U liefde is in my vervolmaak en dat ek soos U is in hierdie wêreld.

ID in Christus 5/06/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Joh 4:4 ‘Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.’ (NLV)

Die Heilige Gees wat Jesus belowe het, woon in my, ek is ‘n wenner en ek het krag, want die Gees in my, is magtiger as enige iets anders. Dankie Vader, Jesus en Heilge Gees!

ID in Christus 29/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp 4:19 ‘En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.’ (ANV)

Wat ‘n wonderlike wete (gedagte)! Vader God, baie dankie dat U vir my sorg uit U wondelike rykdom. Vergewe my dat ek U (seëninge) tot my denk vermoë (verbeelding) beperk.

ID in Christus 22/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp 4:13 ‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.’ (AOV)

My krag is in Christus, daarom kan ek enige iets aanpak en deurvoer! Baie Dankie Vader, vir U krag wat my in alles help!

ID in Christus 15/05/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Filp 3:20 ‘Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,’ (AOV)

Dankie Vader, dat ek U ken en dat my burgerskap nie in hierdie wêreld is nie. My burgerskap is in Jesus Christus, op wie ek wag om my te kom haal.