ID in Christus 26/02/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ (AOV)

Ek het die ewige lewe saam met Christus omdat ek in Jesus Christus glo. God wil nie hê dat iemand verlore moet gaan nie. Daarom het Hy Sy Seun gegee, om jou en my sondeskuld te betaal. Dit is jou keuse! Het jy Jesus as jou Verlosser aangeneem? Doen dit asseblief nou.

ID in Christus 19/02/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ (AOV)

God het my soos lief, dat Hy Sy Seun gegee het, sodat elkeen, ek ook, wat in Jesus glo die ewige lewe saam met Hom sal hê!

ID in Christ 12/02/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:16 ‘Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.’ (AOV)

God het my lief, só lief, dat Hy nie wil hê dat ek vir ewig verlore gaan nie!

ID in Christus 5/02/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo; (AOV)

Ek glo in Jesus, ek het Hom aangeneem as my verlosser, daarom is ek ‘n kind van God!

ID in Christus 29/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

die opsomming uit Galasiërs:

  • God is my Pa, en ek is Sy kind, dit deur my geloof in Jesus! Dis wonderlik! Dankie, Vader-God! Gal3:26
  • Ek het Christus aangeneem, ek is nou verenig (een) met alle gelowiges in Christus. Dankie Vader vir eenheid in geloof en ons wonderlike geloofsfamilie. Gal3:27,28
  • Ek het Jesus aangeneem, ek is ‘n erfgenaam van die belofte! (Ef3:6; 2:16) Dankie Jesus! Gal3:29
  • Ek is ‘n kind van God en die Heilige Gees leef in my! Ek noem my hemelse Pa Abba! Wat ‘n besonderse voorreg! Gal4:6
  • Ek is kind en erfgenaam deur Christus, nie ‘n slaaf (van die sonde) nie! Ek het ‘n Pa wat my liefhet en my bemagtig. Gal4:6,7

ID in Christus 22/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

die opsomming uit Galasiërs:

  • Omdat ek in Christus glo, is ek ‘n geloofskind van Abrham ons vader van geloof in God (Gal3:7) en ook net só geseënd. Dankie Vader!(Gal3:9)
  • Ek is deur geloof in Jesus, vrygespreek en reg voor God en geseënd! Dankie Vader God! (Gal3:8)
  • Dankie Jesus, U het die vloek namens ons op die kruis gedra, sodat ons vry is van die sondelas en die vloek! (Gal3:13)
  • Ek glo in Jesus Christus se voltooide werk op die kruis, daarom is ek geseën met dieselfde seëning as Abraham en ek het ook die Heilige Gees deur geloof ontvang. (Gal3:14)

ID in Christus 15/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

die opsomming uit Galasiërs:

  • Deur geloof in Jesus, is ek is vry. Hy het my bevry van die slawerney van sonde en die wet. (Gal2:4,16)
  • Ek is regverdig voor God deur my geloof in Jesus. (Gal2:4)
  • Ek is saam met Jesus gekruisig en Hy leef nou in my en ek in Hom, deur geloof en vertroue vir altyd. (Gal2:20)
  • Dankie Vader, dat ons geloof in Jesus ons vrymaak (geregtig) en ons, sonder sonde voor U kan staan. (Gal3:5-6)

ID in Christus 8/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 4:6‭-‬7 ‘En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. 7 Jy is dus nie meer slaaf nie, maar kind. En as sy kind het God jou sy erfgenaam gemaak!’ (NLV)

Ek is kind en erfgenaam deur Christus, nie ‘n slaaf (van die sonde) nie! Ek het ‘n Pa wat my liefhet en my bemagtig.

ID in Christus 1/01/2022

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 4:6‭ ‘En omdat julle sy kinders is, het God die Gees van sy Seun gestuur om in ons te lewe. Die Gees in ons roep voortdurend na God: “Abba!” – wat die Aramese woord is vir “Vader”. ‘ (NLV)

Ek is ‘n kind van God en die Heilige Gees leef in my! Ek noem my hemelse Pa Abba! Wat ‘n besonderse voorreg!

(Die Heilige Gees leef in my. Ek noem Hom Abba, omdat ek ‘n kind van God is.)

ID in Christus 25/12/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:29 ‘En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.’ (AOV)

Ek het Jesus aangeneem, ek is ‘n erfgenaam van die belofte! (Ef3:6; 2:16) Dankie Jesus!