ID in Christus 13/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:8 ‘Verder het die Skrif vooruit gesien dat God nie-Jode deur geloof sou vryspreek. Daarom is die Goeie Nuus vooraf aan Abraham bekendgemaak: “Deur jou sal al die volke geseën wees.” ‘NLV

Ek is deur geloof in Jesus, vrygespreek en reg voor God en geseënd! Dankie Vader God!




ID in Christus 6/11/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:7 ‘Julle moet dus insien: Die ware kinders van Abraham is hulle wat glo.’ (NLV)

Omdat ek in Christus glo, is ek ‘n geloofskind van Abrham, ons vader van geloof in God.




ID in Christus 30/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

GALASIËRS 3:5‭-‬6 ‘Vra julle dus af: Het God die Gees vir julle gegee en wonders onder julle bewerk omdat julle die wet onderhou of omdat julle geglo het wat julle gehoor het? 6 So was dit ook met Abraham: “Hy het God geglo en God het hom vrygespreek.” ‘(NLV)

Abraham se geloof in God het hom vrygespreek! Danke Vader dat ons geloof in Jesus ons vrymaak (geregtig) en ons sonder sonde voor U kan staan.




ID in Christus 23/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal2:20 ‘Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat Sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf.’ (NLV)

Dankie Jesus, dat U my so lief het, dat U in my plek gesterf het en ek deur geloof en vertroue in U kan lewe, nou hier op aarde en vir altyd by U.




ID in Christus 16/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 2:20 ‘Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.’ (AOV)

Hoe wonderlik om te kan sê, ek is saam met Christus gekruisig en dat Hy nou in my leef! Dankie Jesus, vir U opofferings en liefde.




ID in Christus 9/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 2:16 ‘terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig (vryespreek) word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie.’ (AOV)

Dankie Jesus, dat ons regverdig is deur geloof in U. Dankie dat ons sonder sonde voor God kan staan. Jesus, deur U is ons vry en regverdig voor God.




ID in Christus 2/10/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal2:16 ‘weet dat niemand deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie. Net deur die geloof in Jesus Christus kan dit gebeur! Selfs ons het tot geloof in Christus Jesus gekom sodat ons deur geloof, en nie omdat ons die wet onderhou nie, deur God vrygespreek kan word. Niemand sal mos deur die wet te onderhou deur God vrygespreek word nie!’ (NLV)

Dankie Jesus, dat slegs geloof in U my vry maak! Ek is vry as gevolg van wat U gedoen het!




ID in Christus 25/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal1:4 ‘Net ‘n paar skyngelowiges het daarop aangedring. Hulle het die byeenkomste binnegesluip om te kom spioeneer op die vryheid wat ons in Christus Jesus het. Hulle doel was om ons weer slawe te maak.’ (NLV)

Dankie, Jesus, dat U my bevry het van die slawerny van sonde en die wet. Ek is vry in Jesus Christus!




ID in Christus 18/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:14 ‘Ek wil U loof, want U het my op ‘n wonderbaarlike wyse geskep. Wat U gedoen het, vervul my met verwondering.’ (ANV)

Dankie Vader, dat U my só wonderlik gemaak het, dit is ‘n raaisel (onbegryplik) vir my verstand!




ID in Christus 11/09/2021

Ons identiteit word dikwels gevorm deur dit wat met ons en om ons gebeur, maar dit is die wêreld se mening, nie God se mening nie.

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Psa 139:15 ‘My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.’ (NLV)

Dankie Vader, dat U alles van my weet en my reeds geken het, voordat ek ‘n gedagte vir my ouers was!