ID in Christus 06/09/2019

ID
in Jesus Christus Broadcast groep

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Pet
2:24
‘wat self ons sondes in Sy
liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe
en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is.’
(AOV)

Dankie
Jesus, vir U op offering en lyding op die kruis sodat ek nie net
verlos is van die sondelas nie, maar ook in
gesondheid kan loop, want deur U wonde is
ek gesond!

Prys
die Here vir geneesing in jou liggaam.




ID in Jesus Christus 30/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
2:10
‘en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van
alle owerheid en mag;’ (AOV)

Dankie
Vader God, dat U my heelgemaak en herstel het in U volheid en mag.
Dankie dat ek in Christus heel is.




ID in Christus 23/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:13 ‘Deur Christus het ook julle deel geword van die volk
van God toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die
evangelie van julle verlossing, gehoor en tot geloof gekom het. In
Christus het die Heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die
eiendom van God beseël.’ (ANV)

My
gees is geseël deur die beloofde Heilige Gees met wedergeboorte as
eiendom van God. As eiendom van God, het
sonde nie meer ‘n invloed op my gees nie, dankie Jesus!




ID in Christus 16/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:11 ‘ in Hom in wie ons ook ‘n erfdeel ontvang het nadat
ons vantevore daartoe verordineer is ooreenkomstig die voorneme van
Hom wat alles werk volgens die raad van sy wil, ‘ (AOV)

Ek
is ‘n erfgenaam! Ek het ‘n erfdeel ontvang
in Christus, soos ‘n kind ge-erf van God my
Vader. Dankie Vader, ek is so bevoorreg.




ID in Christus 09/08/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
1:10
‘om die volheid van die tye te reël, met die doel om
alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een
hoof in Christus te verenig—’ (AOV)

Ek
is verenig onder Christus as my Hoof (outoriteit). Dis ‘n wonderlike
outoriteit om oor ons te hê. Christus se juk (outoriteit) is lig en
liefdevol.




ID in Christus 01/08/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal
3:13 ‘Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet
deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is
elkeen wat aan ‘n hout hang— ‘

Dankie
Jesus dat U al my sondes en vervloekinge gedra het en dat geen een
van daardie dinge my meer kan aanraak nie!




ID in Jesus Christus 25/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor
1:30

‘Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het
wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. ‘
(AOV)

Ek
is baie dankbaar vir Jesus se opoffering, want nou is ek geregtig
(vry van sonde) voor God deur my geloof in Jesus Christus, wat vir my
die prys betaal het!




ID in Christus 18/07/2019

Ons verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:21 ‘Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid’ (in geloof) ‘met Christus, deur God vrygespreek’ (geregtig) ‘kan wees.’ (ANV)

Ek is vrygespreek van sonde, ek is geregtig voor God, omdat ek in Jesus glo! Dis so wonderlik om geregtig en sonder skuld te wees! Dankie Jesus.




ID in Christus 11/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
1:2
‘aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat
in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die
Here Jesus Christus!’ (AOV)

Paulus
noem ons wat gelowige kinders van God is, heilig! (heilig = gewy of
afgesonderd vir God) Hy spreek ook genade en vrede oor ons.

Dankie
Vader dat ek heilig is en dankie ook vir die genade en vrede van God.




ID in Christus 04/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef1:3
‘Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!
Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat
daar in die hemel is.’ (ANV)

Ek
is geseënd met Geestelike seëning in
Christus!

Dankie
Vader God vir my seëninge!