ID in Christus 01/08/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal
3:13 ‘Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet
deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is
elkeen wat aan ‘n hout hang— ‘

Dankie
Jesus dat U al my sondes en vervloekinge gedra het en dat geen een
van daardie dinge my meer kan aanraak nie!




ID in Jesus Christus 25/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

1Kor
1:30

‘Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het
wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing. ‘
(AOV)

Ek
is baie dankbaar vir Jesus se opoffering, want nou is ek geregtig
(vry van sonde) voor God deur my geloof in Jesus Christus, wat vir my
die prys betaal het!




ID in Christus 18/07/2019

Ons verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

2Kor 5:21 ‘Christus was sonder sonde, maar God het Hom in ons plek as sondaar behandel sodat ons, deur ons eenheid’ (in geloof) ‘met Christus, deur God vrygespreek’ (geregtig) ‘kan wees.’ (ANV)

Ek is vrygespreek van sonde, ek is geregtig voor God, omdat ek in Jesus glo! Dis so wonderlik om geregtig en sonder skuld te wees! Dankie Jesus.




ID in Christus 11/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
1:2
‘aan die heilige en gelowige broeders in Christus wat
in Kolosse is: Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die
Here Jesus Christus!’ (AOV)

Paulus
noem ons wat gelowige kinders van God is, heilig! (heilig = gewy of
afgesonderd vir God) Hy spreek ook genade en vrede oor ons.

Dankie
Vader dat ek heilig is en dankie ook vir die genade en vrede van God.




ID in Christus 04/07/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef1:3
‘Aan God, die Vader van ons Here Jesus Christus, kom al die lof toe!
Hy het ons in Christus geseën met al die seëninge van die Gees wat
daar in die hemel is.’ (ANV)

Ek
is geseënd met Geestelike seëning in
Christus!

Dankie
Vader God vir my seëninge!




ID in Christus 27/06/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 1:7 ‘Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God’

Ek
is verlos en vergewe van my sonde! Wat ‘n wonderlike wete, ek het
geen skuld voor God nie, Jesus het dit in my plek
afgehandel! Dankie Vader.

Geseënde
week




ID in Jesus Christus 20/06/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID volgens:

Joh
3:16 God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun
gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar
die ewige lewe sal hê. (ANV)

God
het Sy Seun, Jesus gegee, omdat Hy my so lief het!

Dankie
Vader, vir U unieke en reddende liefde!




ID in Jesus Christus 13/06/2019

Ons
verkaar en bevestig ons ID volgens:

Rom
5:8 ‘Maar God bewys sy liefde vir ons juis hierin dat Christus vir
ons gesterf het toe ons nog sondaars was.'(ANV)

God
het Sy lief vir my bewys, deur Jesus te gee vir my sondes!

Dankie
Vader God, dat U my só lief
het!




ID in Jesus Christus 6/06/2019

Ons verkaar en bevestig ons ID volgens:

Ef 2:4 ‘Maar God is ryk in barmhartigheid (ontferming) en het ons innig lief’. (ANV)

God het my lief! God se liefde is sonder voorwaardes, en ewig!

Dankie dat U my lief het!




ID in Jesus Christus 30/05/2019

Ons
verkaar en bevestig hierdie week ons ID volgens:

Joh
1:12
Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag
gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;

Ek glo in God, Hy het sy Naam vir my gegee; ek is Sy kind, Hy is my Vader, my Abba, my Pa.

Geseënde
week