ID in Christus 20/12/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal
3:27-28
‘want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou
deel van Christus geword.
Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou
is nie: in Christus Jesus is julle almal één.’ (ANV)

In
Christus Jesus is ons een (deel
van Christus).




ID in Christus 13/12/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal 3:29 ‘En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.’ (AOV)

Wanneer ons God se kinders en Abraham se nageslag in die geloof is, is ons daarom ook erfgename van al die beloftes!




ID in Christus 6/12/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal
3:26
‘Want julle is almal kinders van God deur die geloof
in Christus Jesus;’ (AOV)

Hoe
wonderlik, ons is God se kinders, en dit slegs deur ons geloof in
Jesus. Wat ‘n besonderse voorreg! Ek is God se kind.




ID in Christus 29/11/2019

ID
in Jesus Christus Broadcast groep

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Gal
3:9
‘Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam
met die gelowige Abraham.’ (AOV ’53)

Omdat
ons in God en Jesus glo, deel ons in dieselfde voorspoed as wat
Abraham geken het.




ID in Christus 22/11/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Eph
2:19
‘So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners
nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,’ (AOV
’53)

Hoe
wonderlik, my geloof in Jesus het my posisie van vreemdeling en
bywoner verander na medeburger van heiliges, na familie (huisgenote)
van God!




ID in Christus 15/11/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:13
‘Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër
ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ (AOV ’53)

Dankie
Jesus, deur U bloed is ek nou nader (beter
verhouding) aan God, ons Vader.




ID in Christus 08/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 2:6 ‘en saam opgewek (uit die dood) en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,’ (OAV ’53)

Wow, ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en sit saam met Hom in die hemel!




ID in Christus 1/11/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:12 ‘Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue
vrymoedig na God toegaan.’ (NLV)

Baie
dankie Jesus, vir U werk op die kruis, wat ons vry gemaak het deur
ons geloof in U! Dankie dat ons nou enige tyd by God, ons hemelse Pa,
kan aanklop sonder twyfel, met sekerheid en in vertroue.




ID in Chrustus 25/10/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:6
Dié geheime plan is dat die
nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis
van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en
saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry
word. (NLV)

Ek
deel in die beloftes van God. Dis deel van die erfenis op grond van
dit van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het.




ID in Christus 18/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

Ek is ‘n lid van die liggaam van Christus, ek het ‘n verhouding met die lede van die liggaam van Christus (Sy kerk), ek is ‘n lid van die familie in Jesus Christus.