ID in Christus 25/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (AOV)

Rom 6:8 As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, 9 omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (AOV)

In ons nuwe lewe is daar nie meer dood (verwydering van God) nie, ons leef nou die EWIGE lewe saam met Christus!




ID in Christus 18/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (ANV)

Ek is nuut in my gees, ek is soos Christus in my gees. My siel (denke, wil en emosie) moet nou vernuwe word om by my nuwe gees aan te pas. My siel hoef nie meer sonde slaafs na te volg nie.




ID in Christus 11/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:6 Ons weet tog dat die sondige mens wat ons was, saam met Christus gekruisig is, sodat ons sondige bestaan beëindig kon word. Ons is dus nie langer slawe van die sonde nie. (ANV)

My sondige-aard, my ou mens, is saam met Christus gekruisig, toe ek wedergebore is. My siel (denke, wil, emosies) leer nog. In my gees is ek nuut gemaak! My sondige-aard bestaan nie meer nie, want my gees is nuut en soos Christus se Gees.




ID in Christus 4/09/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. (ANV)

Ek is een met Christus deur Sy dood en opstanding. Dit beteken ek is in alles soos Jesus Christus, deur Sy Gees wat in my woon! Ek het Sy krag (power), Sy outoriteit, Sy wysheid, Sy kennis in my gees! In my gees is ek soos Jesus Christus is!




ID in Christus 28/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:5 Aangesien ons met Hom een geword het in sy dood, sal ons sekerlik ook met Hom een wees in sy opstanding. (ANV)

Ek is een (verenig) met Christus deur Sy dood en opstanding. Wat ‘n wonderlike wete en seën! Dankie Jesus Christus.




ID in Christus 21/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? – Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (AOV)

Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en wandel nou in ‘n nuwe lewe saam met Jesus. In die gees is ek splinternuut en perfek soos Jesus gemaak. Dankie Jesus vir my veranderde lewe en geregtigheid.




ID in Christus 14/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (AOV)

Ek is in Jesus se dood gedoop! My ou wêreld se gees is saam met Jesus in die doop begrawe en my nuwe gees, wat perfek en volledig is, het saam met Jesus opgestaan. Dis wonderlik!




ID in Christus 07/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één (Adam) die dood geheers het deur die één (Adam), veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. (AOV) (Lees Amplified vir meer duidelikheid)

Deur Jesus se sterwe het ons oorvloedige genade en geregtigheid ontvang, daarom heers ons in die lewe ook deur Jesus. Dankie Jesus, dat ons outoriteit herstel is! (Gen1:28)




ID in Christus 31/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom5:10 ‘Want as God ons, terwyl ons nog Sy vyande was, deur die dood van Sy Seun tot Sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons Sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!’ (NLV)

Dankie Vader, vir U groot liefde en genade wat ons nie net verlos van die sondelas nie, maar ook versoen en herstel het in ons verhouding met U!




Id in Christus 24/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:10 ‘Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.’ (ANV)

Ek is gered deur Jesus se lewe wat Hy vir my opgeoffer het. Dankie Jesus, Ek is van vyandskap tot vriendskap en ewige lewe by God herstel!