Identiteit in Christus 25 Julie 2026

Hoor wat sê God:

Efs 1:4b ‘soos Hy ons in Hom …., om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,’ AOV ‘53

My Identiteit:

Ek is heilig en staan perfek voor God deur Christus se liefde.




Identiteit in Christus 18 Julie 2026

Type / to choose a block

Hoor wat sê God:

Efs 1:4a ‘soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld….’ AOV ‘53

My Identiteit:

Ek is uitverkies in Christus voor die wêreld geskep was. (Ps139:16)




Identiteit in Christus 4 Julie 2026

Hoor wat sê God:

Efs 1:1 ‘Paulus, ‘n apostel van Christus Jesus ….., aan die heiliges wat in Efese is, die gelowiges in Christus Jesus:’ AFR20

My Identiteit:

Ek glo in Jesus, daarom is ek ‘n heilige in Christus.




Identiteit in Christus 27 Junie 2026

My Identiteit:

God het my lief (Joh3:16; Ef1:4)

Hy het my beplan, ek is nie ‘n las nie (Ps139:16)

Ek is God se skeppingswerk (Ef2:10)

Ek is ‘n kind van God (Joh1:12; Kol1:13)

Ek is verkies, aanvaar en aangeneem (Ef1:5)

Ek is verlos, heilig, geregtig (vry) en het wysheid in Christus (1Kor1:30)

Ek is vergewe (Ef1:7; Joh3:17-19)

Ek is sonder blaam, sonder oordeel (Rom8:1-2)

Ek het logiese denke (nie vrees nie), krag, liefde en selfbeheersing (helder en goeie verstand)(2Tim1:7)

Ek het God se genade en guns (Ef1:7; Luk2:14; Spr3:4; Ps23:6)




Identiteit in Christus 20Junie 2026

Hoor wat sê God:

1Pet 5:14b ’…… Vrede vir julle almal wat in Christus Jesus is! Amen. AOV

My Identiteit:

In Christus het ek vrede!




Identiteit in Christus 13 Junie 2026

Hoor wat sê God:

Titus 3:6 ‘God het die Heilige Gees oorvloedig op ons uitgestort deur Jesus Christus ons Verlosser.’ ANV

My Identiteit:

Deur Jesus, my Redder, is ek oorvloedig geseën, met die Heilige Gees.




Identiteit in Christus 6 Junie 2026

Hoor wat sê God:

Samevatting:

Fil 4:7, 13, 19, 21.

My Identiteit:

Jesus het my heilig gemaak; daarom gee Hy my krag en vrede; Hy voorsien ook in al my behoeftes, omdat ek volkome op Hom vertrou en in Hom glo.




Identiteit in Christus 30 Mei 2026

Hoor wat sê God:

Fil 4:21 ‘Groet elke heilige in Christus Jesus. …’ AOV

My Identiteit:

Omdat ek in Jesus Christus glo, is ek heilig.




Identiteit in Christus 23 Mei 2026

Hoor wat sê God:

Fil 4:19 ‘En my God sal elke behoefte van julle vervul na sy rykdom in heerlikheid deur Christus Jesus.’  AOV

My Identiteit:

Deur Jesus, voorsien God in al my behoeftes.




Identiteit in Christus 16 Mei 2026

Hoor wat sê God:

Fil 4:13 ‘Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.’ AOV

My Identiteit:

Christus gee my krag, daarom kan ek alles aanpak.