(A004) Ewige lewe begin op aarde – 1 Joh 5:13

Geniet jy al die ewige lewe van vrede, beskerming en voorspoed al op aarde na jou weergeboorte?



Die woord ewig beteken vir ons, ‘n tydperk sonder ‘n einde.

Ewige lewe beteken ‘n lewe sonder einde.

Almal wat al op aarde gelewe het, nou lewe en nog gaan lewe se siel en gees gaan vir ewig lewe.

Daar is egter net twee plekke waar elkeen se siel en gees sonder einde gelewe kan word:

  • Mense wat nie God se bestaan erken nie, glo wanneer jou liggaam hier op die aarde sterf dan hou jy op om te bestaan.

Die probleem is egter hierdie mense dan gaan ontdek dat jy ook ‘n siel en gees het wat nie sterf nie maar vir ewig of altyd gaan lewe.

Die ongelowiges gaan dan ontdek dat die liggaam wel ophou bestaan maar dat hulle ‘n siel en gees het wat in ‘n plek gaan op eindig waar hulle deur ‘n ewige geestelike vuur verteer gaan word.

MAR 9:43 NLV “En as jou hand jou laat struikel, kap dit af. Dit is vir jou beter om met een hand te lewe as om met twee hande en al in die hel te beland waar die vuur nooit geblus word nie.”

Gaan lees ook Jesus vertel het van die ryk man en die bedelaar Lasarus. Luk 16:19-31

  • Die mense wat weergebore is, deur te erken en te glo dat Jesus deur God gestuur is om vir ons sonde aan die kruis te sterwe en weer deur God uit die dood opgewek is, sal vir ewig saam met God en Jesus lewe.

JOH 3:16 NLV “God het die mensdom só liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Die Skrif sê vir ons dat wanneer ons glo in Jesus dan het ons reeds deel aan die ewige lewe hier op die aarde –

1 JOH 5:13 NLV Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God.

Die lewe hier op aarde is nie maklik vir gelowiges of ongelowiges nie.

Die duiwel val die mense aan met siekte, armoede, twis, verdrukking, geestelike oorlogvoering, ens.

Jesus sê vir ons in –

JOH 10:10 NLV Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig. “Ék het gekom sodat hulle lewe kan hê, ja, sodat hulle dit oorvloedig het.”

Die duiwel is die dief wat steel, doodmaak en vernietig.

Jesus wil vir ons ‘n lewe van oorvloed gee, ons het reeds die ewige lewe.

Dit beteken ‘n lewe hier op die aarde van vrede, gelukkige verhoudings, gesondheid, finansiële versorging, ens.

Die probleem is egter nie almal weet van of is geleer dat dit nodig vir ons is om in ‘n verhouding met God en Jesus te lewe om al die voordele van die ewige lewe hier op aarde te kan geniet nie.

JOH 17:3 NLV “En die inhoud van die ewige lewe is dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het.”

1 JOH 5:11 NLV “En dit is die inhoud van sy getuienis: God het aan ons die ewige lewe gegee, en dié lewe bestaan in ’n hegte verhouding met sy Seun.

Baie gelowiges sukkel nog steeds aan met hulle lewens van verdrukking deur die duiwel soos voor hulle weergebore is, omdat hulle nie van beter weet en geleer is dat hulle nou vry is en die beskerming van God geniet teen die duiwel nie.

Ons is bevry van die duiwel na weergeboorte en sien dit in –

GAL 1:4 NLV “Jesus Christus het volgens God ons Vader se wil vir ons sondes gesterf om ons te bevry van die bose tyd waarin ons nou lewe.”

Om hierdie vryheid te kry sê die Skrif vir ons –

1 JOH 5:14 NLV “Dit is die vrymoedigheid wat ons voor God het, dat wat ons ook al volgens sy wil vra, Hy na ons luister”

Deur ons weergeboorte kan ons God se hulp vra.

Hierdie gedeelte praat van “volgens God se wil”, maar wat is God se wil?

  1. Vir ons om vry te wees van die bose tyd waarin ons nou lewe Gal 1:4 –

Daar is ‘n aanhoudende aanval van die duiwel op alle mense, gelowiges en ongelowiges, om hulle lewens moeilik te maak op alle vlakke van die samelewing en hulle te vernietig.

Haat tussen mense vier hooggety, huwelike wat die basis van die samelewing is word aangeval en as onnodig afgemaak, korrupsie en diefstal is gewild en daar is nog vele ander aanvalle.

Dit is God se wil om ons teen hierdie bose wêreld te beskerm, ons moet net God vra vir beskerming.

  • God se wil verder is dat ons ‘n lewe van oorvloed hier op aarde al te hê – Joh 10:10.

Ongelukkig glo baie weergebore mense en leer hulle dat ons nie vir ‘n lewe van oorvloed van God mag vra nie of dit mag ontvang nie, ek aanvaar dit is as gevolg van ‘n skuldgevoel oor ons sondige lewe voor ons weergebore is en dat ons steeds sonde doen (1 Joh 1:8-9) en nie hulle nie die vryheid wat ons van Jesus ontvang het, verstaan nie.

Ons leer in 1 Joh 1:8 “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie” maw ons doen steeds sonde en ons sal dit doen tot ons liggaam hier op aarde sterf.

Wanneer ons sondig, beweeg ons weg van God se seën af, Hy kan ons nie seën vir verkeerde optrede indien ons volhard in iets wat ons verkeerd doen nie. Dit beteken bv as jy iemand haat vir iets wat die persoon gedoen het en hom of haar nie vergewe nie, kan God jou nie beskerm teen ‘n aanval van die duiwel wat jou met siekte aanval nie.

Ons leer egter verder in 1 Joh 1:9 “As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is” maw as ons die vb as jy die persoon wat jy haat vergewe en aan God bely dat jy verkeerd gedoen het, sal Hy jou vergewe. Jy sal dan weer sy beskerming geniet teen die aanval van die duiwel en gesond word van die siekte wat die duiwel oor jou gebring het.

Ter opsomming

God se wil is dat ons die ewige lewe al hier op aarde begin geniet met al sy seëninge en sy beskerming teen die duiwel.

Voorbeelde van God se wil wat ons kan vra en Hy sal voorsien, is –

  • Gesondheid – siekte is die begin van die liggaamlike dood en ‘n voorbeeld is Jesus het almal gesond gemaak wie Hom teëgekom het terwyl Hy op aarde was, dit is nie nodig dat jy met enige siektes in jou liggaam rondloop nie. 1 Pet 2:24 sê Jesus liggaam is gebreek vir ons, sodat gesond kan wees.
  • Versorging – Mat 6:25-33 en Fil 4:19. As ons vra dat God vir ons werk moet voorsien, sal Hy dit voorsien, ons moet net uitgaan en werk gaan soek en nie hande gevou by die huis sit en wag dat daar werk in ons skoot moet val nie, daar moet ook ‘n aksie en geloof wees aan ons kant.
  • Vrees of bekommernisse – 1 Pet 5:7. Vra God om dit waarvoor jy bang is, bv dat jy ook ‘n siekte gaan opdoen wat in die omloop is en jou lewe mag kos, en dit waaroor jy jou bekommer, bv gaan jy genoeg geld hê om te kan aftree, weg te neem van jou.
  • Beskerming – Luk 21:18. In hierdie gedeelte sê Jesus dat selfs nie ‘n haar op ons kop sal verlore gaan nie, Gal 1:4 sê God het ons bevry van die bose wêreld daarom kan ons vra vir beskerming en Hy sal ons beskerm.
  • Leiding en wysheid – Joh 14:26 en 16:13. God het die Heilige Gees na ons toe gestuur om ons te leer en te lei. Ons moet net daarvoor vra.

Alles wat ons van God vra wat inlyn is met sy Woord, sal Hy gee. So as jy iets soek of nodig het, gaan kyk in God se Woord of dit in sy wil is.

Onthou as jy weergebore is lewe jy klaar die ewige lewe hier op die aarde en maak seker jy ken jou vryheid wat jy deur Jesus ontvang het.

Moenie verder onder die verdrukking van die duiwel lewe nie.

Geniet ‘n lewe van vrede, vreugde en voorspoed onder God se beskerming.

Gebed –

  • Vader U is groot, sonder einde,
  • U is liefde, geduldig en beskerm ons as U kinders,
  • Dankie vir hierdie versekering,
  • Dankie vir U liefde
  • Maak ons oë oop vir die leuens van die duiwel en gebrek aan kennis van wat U ons gegee het,
  • Ons vra hierdie in die naam van Jesus wat ons van die sondeband verlos het,
  • Amen



(K011) Liefde

Wat is die verskil tussen God se liefde, die liefde wat God van ons verlang en die wêreld se liefde?



Daar word baie in die Woord verwys na liefde, maar wat is hierdie liefde?

In ons lewe in vandag se lewe hier in die wêreld beteken liefde ‘n gevoel vir ‘n ander persoon.

Is dit dieselfde tipe liefde wat in die Woord na verwys word?

Kom ons gaan kyk na wat sê die Woord vir ons.

Ons begin by die liefde van God –

1 Joh 4:9 NLV Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang.

God het sy enigste Seun vir ons geoffer sodat ons gered kan word.

God se liefde is ‘n aksie, om te gee sonder om iets daarvoor terug te kry.

1 Joh 4:10 NLV Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.

God se liefde vir elkeen op aarde verlede, huidig en toekomstig is die volmaakte liefde en Hy het sy Seun vir ons geoffer om ons vry te maak van die sonde omdat hy ons lief het.

1 Kor 13 kan gesien word as ‘n definisie van liefde, gaan lees dit.

Wat verwag God van ons?

Ons moet Hom eerste liefhê –

Mat 22:37 NLV “Jesus se antwoord was: “‘Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand.’”

Hoe moet ons God liefhê?

1 Joh 5:3 NLVDie liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie,”
Liefde vir God is ‘n aksie en nie ‘n gevoel nie.

Liefde vir God is om sy opdragte te gehoorsaam.

Wat is God se opdragte?

Dit is die tweede deel, ons moet ons naaste liefhê soos ons self –

Mat 22:39 NLV “Die tweede, ewe belangrike opdrag is: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”

Hoe lief moet ons, ons naaste hê?

1 Joh 4:10-11 NLVDít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem. Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.”

Soos God ons lief het tot die uiterste.

Weereens hierdie liefde is nie ‘n gevoel nie maar ‘n opoffering – ‘n aksie wat ons neem.

Heb 6:10 NLV “God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie.

God se opdrag is om jou naaste te dien, dit is die liefde waarvan die Woord praat.

Jesus het die voorbeeld gestel toe Hy ‘n minderwaardige werk gedoen het om sy dissipels se voete te was.

Dit gaan nie oor jou nie, dit gaan oor wat jy vir ‘n ander doen wanneer dit nodig is.

Hierdie dien is van praktiese aksies soos om te help met iets waarmee jou naaste sukkel of nie self kan doen nie tot emosionele ondersteuning soos om te luister wanneer iemand deur ‘n laagte punt gaan en ‘n oor nodig het om mee te praat en gevoelens uit te druk.

God waarsku ons ook teen die liefde van die wêreld –

1 Joh 2:15 NLV “Hou op om die wêreld en die dinge van die wêreld lief te hê. As iemand die wêreld liefhet, is hy beslis nie ook lief vir die Vader nie.”

Ja daar is nie-gelowiges wat omgee vir ander en ander dien, maar die wêreld se liefde is self-gesentreerd en elkeen se lewe draai net om hom- of haarself.

Om mee af te sluit –

  • Deur ‘n noue verhouding met God te hê sal jy weet wat God se wil vir jou is.
  • Dien God deur sy wil vir jou uit te voer en bewys so jou liefde vir Hom.
  • Deur God se wil uit te voer sal jy jou liefde aan jou naaste ook bewys.
  • Moenie na die wêreld se liefde kyk nie, kyk na God se liefde.

Gebed –

Dankie Vader vir U groot liefde aan ons, dat U Jesus vir ons geoffer het vir ons sonde.

Heilige Gees wys ons waar ons God se liefde moet bewys aan die mense om ons.

Ons vrae dit in Jesus se naam.

Amen




(K010) Die Heilige Gees identifiseer vals profete aan ons

Is die bewerings dat sekere predikers vals leraars is, korrek? Is alles wat jy nou leer en dalk deur die jare geleer het, korrek of net half korrek of vals? Hoe bepaal jy dit wat jy leer of geleer het is korrek?



1 Joh 4:1 NLV “Geliefdes, moenie sommer almal glo wat daarop aanspraak maak dat hulle deur die Gees optree nie. Toets hulle om te bepaal of dié bepaalde gees sy oorsprong by God het, want daar het reeds baie vals profete die wêreld ingekom.”

Ek gaan die woord leier gebruik in die plek profete want daar is ook verwysing na leraars wat vals is in die Skrif en beide leer mense.

Die Here waarsku ons hier dat ons nie onvoorwaardelik alle geestelike leiers moet glo nie, maar hulle gees moet toets of dit van God is maw is hulle weergebore en is die Heilige Gees in hulle.

Kom ons kyk na moontlike valse profete of leiers wat ons vandag teëkom:

  1. Daar word gereeld, veral op sosiale media, gewaarsku dat ‘n persoon en gewoonlik ‘n bekende met ‘n groot getal volgelinge, ‘n vals leier is. Indien hierdie bewerings ondersoek word dan is dit in baie gevalle vals.

Die mense glo gewoonlik hierdie aantuigings blindweg, want die menslike natuur, met invloed van die duiwel, laat die mens altyd die slegte as die waarheid aanvaar.

Gevolglik word geestelike leiers, wat deur God geseën is in die bediening waarmee hy/sy besig is, se invloed en leer deur die duiwel afgebreek tot nadeel van die Kerk van Jesus. Mense, vir wie die lering kon help, word banggemaak om na hierdie leier te luister.

  • Dan is daar weer geestelike leiers, baie keer wat ook hoog aangeslaan word, wat weer vals leringe verkondig wat hy/sy regverdig met lang verdraaide filosofieë en dit klink goed vir die hoorders.

Hierdie leier se volgelinge glo onvoorwaardelik wat hulle vertel word en niemand durf dit te bevraagteken nie.

Die Here sê egter vir ons dat ons alle geestelike leiers se gees moet toets of dit sy oorsprong by God het, maw is die Heilige Gees in hom?:

  1. Die eerste toets is, erken hulle Jesus Christus as die Seun van God en ons verlosser –

1 Joh 4:2-3 NLV Hieraan herken julle die Gees van God: Elkeen wat erken dat Jesus Christus werklik ten volle mens geword het, is van God afkomstig. Elkeen wat Jesus nie erken nie, is nie van God afkomstig nie.”

Dit kom daarop neer dat ons moet onderskei of die leier met die Heilige Gees of die wêreld se gees gevul is.

Die probleem is egter dat hierdie leiers sê hulle is weergebore en gevul met die Heilige Gees omdat dit vir hulle nodig is om dit te verklaar sodat hulle toegelaat kan word om met die bediening aan te gaan, maar is dit die waarheid? Daar is ‘n beroepsloopbaan en finansiële vergoeding betrokke.

  • Die volgende waarskuwing wat ons kry om te toets is waar Petrus waarsku oor die verdraaiing van Paulus se briewe maw. die Skrif –

2 Pet 3:16 NLV Sommige van die opmerkings in sy briewe is moeilik om te verstaan. Oningeligtes en mense sonder beginsels verdraai sy briewe, soos hulle dit trouens ook met ander dele van die Skrif doen. Só bewerk hulle hulle eie ondergang.”

Die probleem in ‘n bediening waar daar tradisies is en alles nie 100% volgens die Skrif is nie, gebeur dit dat gelowiges wat daar groot en oud word alles glo wat die leiers hulle vertel. Die rede is die volgelinge ken nie Skrif en Heilige Gees nie en kan dus nie die leiers se leer bevraagteken nie. Sien een van die volgelinge die lig en begin vrae vra, dan kry hy/sy die trekpas.

  • Die Skrif gee ons die regte inligting wat ons nodig het om te toets of dit wat ons vertel word van die Heilige Gees kom –  

2 Tim 3:16 NLV “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig om ons te onderrig, die verkeerde te weerlê, om ons tereg te wys en om die regte leefstyl by ons te kweek.”
Ons kan net bepaal watter leer is reg, of half reg of verkeerd deur die Skrif van God te leer onder die leiding van die Heilige Gees.

  • ‘n Ander toets en die belangrikste of die leer wat jy ontvang korrek is, is deur bevestiging of waarskuwing van die Heilige Gees. Die Skrif sê vir ons in –

1 Joh 2:26-27 AFR20 “Hierdie dinge skryf ek aan julle aangaande daardie mense wat probeer om julle te mislei. Maar wat julle betref: die salwing wat julle van Hom ontvang het, bly in julle, en daarom hoef niemand julle te leer nie. Maar omdat sy salwing julle alles leer, en omdat dit die waarheid is, en nie ‘n leuen nie, bly in Hom, net soos Hy julle geleer het.”

Wees bedag op die Heilige Gees, as jy vrede het oor wat jou geleer word is dit reg, maar wanneer jy ‘n waarskuwing van die Heilige Gees ontvang, moet jy dit verder gaan ondersoek deur dit in die Skrif na te gaan.

Die probleem is egter dat indien jy nie ingestel is op die Heilige Gees se tekens nie, kan jy die lering aanvaar as korrek want dit is oor jare in jou ingedril en daarom bevraagteken jy dit nie.

Ter afsluiting:

  • Die Here bevestig aan ons die volgende in –

1 Joh 4:4 Julle is egter van God afkomstig, my kinders, en julle het hulle reeds oorwin omdat die Gees wat in julle woon, magtiger is as die gees wat in die wêreld woon.

  • Die duiwel sal enigiets doen om gelowiges weg van God te trek. Daarom sal hy enigiemand gebruik om deur vals lering die gelowiges op verkeerde paaie te sit.
  • Jy kan slegs vals lering bepaal en teenstaan wanneer jy na die Heilige Gees luister en die Skrif ken. So gaan sit en leer God se Woord onder die leiding van die Heilige Gees. Dit beteken dit is nie genoeg om net die Woord te lees nie, jy moet dit bestudeer onder leiding van die Heilige Gees.
  • Wees bedag op leerstellings wat in jou ingedril is en nie heeltemal korrek is nie. Gaan ondersoek die leerstellings wat deur die jare aan jou geleer is.
  • Wees versigtig en toets die lering van leiers wat glo net hulle lering is korrek. Ons is almal verskillend deur God gemaak en daarom sal daar verskillende leringe oor sekere skrifgedeeltes wees, maar solank dit nie die basis van dit wat God aan ons wil bekend maak verander nie, is dit aanvaarbaar en indien jy dit bevraagteken gaan ondersoek dit in die Skrif. ‘n Voorbeeld is die wegraping, is dit belangrik om daarin te glo of nie? Nee, ons opdrag is maak dissipels van die nasie, leer hulle van Jesus en dit is belangrik.
  • Die Here waarsku ook diѐ wat ander wil leer in –

Jak 3:1 NLV “My broers en susters, julle moenie almal leermeesters wil word nie, want julle weet dat God ons wat leermeesters is, strenger as ander sal beoordeel.”

Dit beteken wees versigtig wanneer jy ander wil leer dat dit die waarheid is, want jy gaan verantwoording doen vir wat jy ander geleer het.

Kom ons Dank die Vader

  • Dankie Vader vir U groot liefde vir ons.
  • Dankie vir U Woord wat U aan ons gegee het om U beter te leer ken en waardeur U ons lei.
  • Dankie vir Jesus wat U aarde toe gestuur het om vir ons sondes te sterf, sodat ons vry kan lewe wanneer ons dit glo en bely.
  • Dankie vir die Heilige Gees wat U vir ons gestuur het om ons te help en te lei.
  • Heilige Gees maak asb ons oë oop vir vals leringe en ook vir aanvalle op U leiers wat die gelowiges en ongelowiges die waarheid moet leer.
  • Vra hierdie in die naam van Jesus
  • Amen



(K009) God die Vader is ook ons Vader

Het jy ‘n goeie verhouding met jou pa gehad of was hy krities of het hy jou mishandel of is hy vroeg weg uit jou lewe? Jy het steeds ‘n Vader in die hemel wat vir jou lief is en nie die probleme wat jy ondervind het oor jou gebring nie.



In enige persoon se lewe is sy of haar pa ‘n belangrike faktor.

Die vraag is in watter van die volgende kategorieë val jy, wanneer dit by jou pa kom?

  • Jy het ‘n goeie pa gehad, of het hom steeds, met sy foute,
  • Jou pa was daar maar het altyd gewerk of met iets besig en jy het nooit sy aandag gekry nie,
  • Jy is altyd deur jou pa gekritiseer,
  • Jou pa is vroeg in jou lewe dood en jy is kwaad vir God want daar is aan jou vertel dat dit God se wil was,
  • Jy is deur jou pa mishandel of hy het jou nie teen mishandeling beskerm nie,
  • Jou pa het van jou en jou ma af weggeloop en julle moes alleen aansukkel,
  • Jy weet nie wie jou pa is nie, moontlik weet hy nie eers jy bestaan nie, ens.

Daar word aanvaar dat jou ma is die belangrikste deel van jou lewe, maar jou pa het net so ‘n belangrike deel in jou lewe en gewoonlik kom dit eers later jou in lewe na vore wanneer daar leemtes was in jou kinderdae.

Het enige van wat hier genoem is ‘n invloed op jou huidige lewe?

Wat staan jou te doen?

Eerste vergewe jou pa onvoorwaardelik vir dit wat jy voel hy aan jou gedoen of nie gedoen het nie.

Deur hom te vergewe maak jy jouself vry van die slaweband wat deur die duiwel op jou geplaas is.

Tweede vergewe God omdat jy geglo het dat wat met jou gebeur het is God se skuld of dat Hy dit toegelaat het. Hierdie is belangrik want die duiwel verdraai die waarheid deur wat mense aan jou oorgedra het.

  • Indien jou pa vroeg dood is, is dit nie God se skuld nie, dit is die duiwel wat ‘n vinger ingekry het.

Jesus sê vir ons die volgende in Joh 10:10 NLV “Die dief kom vir niks anders nie as om te steel, dood te maak en te vernietig.” Die dief hier is die duiwel.

Jesus sê ook verder vir ons in Joh 14:9-11 dat wat Hy hier op die aarde gedoen het en gesê het kom van die Vader. Het Jesus enige iemand siek gemaak of dood gemaak nie?

Van na Jesus se kruisiging, lewe ons in ‘n nuwe verbond met God en beskerm God ons van die duiwel solank ons in sy wil optree, maar God het ons ‘n vrye wil gegee en ons aksies wat deur ons vrye wil neem, het nagevolge positief en negatief.

Wanneer iemand vroeg sterf kan ons nie altyd ‘n oorsaak daaraan koppel hoekom hy gesterf het nie, maar dit is nie God se skuld nie.

  • Indien jou pa jou verkeerd hanteer het of weggeloop het, kan jy ook nie voor God se deur lê nie.

Soos reeds gesê God gee aan elkeen ‘n vrye wil om self te kies wat hy wil doen en God is nie gelukkig wanneer verkeerde besluite geneem word nie, maar God kan nie inmeng nie want indien Hy wel sou, dan is ons net marionette in Sy hand.

Wanneer jy dus deur jou aardse pa in die steek gelaat is en jy soek na ‘n pa om jou vas te hou en te beskerm, dan weet jy dat die Vader waarvan Jesus gepraat het terwyl Hy op aarde was, is daar vir jou.

Hierdie Vader wat in die hemel is het:

  • Ons elkeen gemaak

Ps 139:14-15 NLV “Ek loof U omdat U my so besonder wonderlik gemaak het. U werke is wonderbaar, ek weet dit alte goed! My bene was vir U sigbaar toe ek stilletjies gevorm is in die dieptes van die moederskoot.”

  • Het ons elkeen volmaak lief

1 Joh 4:10 NLV “Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.”

  • Wil ‘n hegte verhouding met ons elkeen hê

1 Joh 3:24 NLV “Wie sy opdragte gehoorsaam, leef in ’n hegte verhouding met God en Hy op sy beurt met daardie persoon. Hieraan weet ons dat Hy in ’n hegte verhouding met ons leef: aan die Gees wat Hy aan ons gegee het.”

  • Wil vir ons elkeen net die beste gee

Joh 1:17 NLV “Die wet is deur middel van Moses gegee; die genade en waarheid het deur Jesus Christus gekom.”

God het Jesus vir ons sonde laat sterf sodat ons deur Sy genade kinders van Hom kan word en ‘n lewe van oorvloed kan hê.

Hoe koppel ons met die Vader in die hemel?

Wat sou jy gedoen het met jou aardse pa wanneer jy ‘n probleem gehad het of net liefde gesoek het?

Sou jy nie op sy skoot geklim het en hom vertel het van jou probleem nie en gevra het dat hy jou moet vashou en raad gegee het nie of beskerm het nie.

Net so klim jy op die jou Vader in die hemel se skoot en gesels met hom oor jou probleme en vra vir leiding en beskerming.

1 Pet 5:7 NLV “Gee al julle bekommernisse aan God oor, want Hy gee vir julle om.”

Die Vader in die hemel is Gees Joh 4:24 en jy kan Hom nie visies sien of deur Hom vasgehou word nie, maar deur jou gees binne jou sal jy ‘n vrede ontvang wat vir jou nie verstaanbaar sal wees nie.

Daar is geen voorbehoud oor wie jy is of wat jy eers moet doen voor jy met die Vader wat in die hemel is mag praat en hulp vra nie.

Dit is egter net belangrik om nie die leiding wat jy van die Vader ontvang teen te staan nie, maar dit te doen sonder enige voorbehoud.

Om mee af te sluit:

  • Ek is self ‘n pa wat geseënd is met 3 kinders en 3 skoonkinders, ek het foute gemaak en maak nog steeds, maar my wens is dat hulle my foute sal vergewe en God hulle hemelse Vader sal maak.
  • Ongeag wat met jou aardse pa gebeur het of wat hy gedoen of nie gedoen het nie. Vergewe hom en God.
  • Gaan klim op jou hemelse Vader se skoot en gesels met Hom – dit is ‘n intieme gebed na die Vader.
  • Ontvang Sy vrede en volg Sy leiding

Kom ons bid saam.

  • Vader U is groot en magtig
  • Dankie vir U groot liefde en geduld met ons.
  • Dankie dat U altyd daar is om na ons te luister en ons leiding te gee.
  • Dankie vir U vrede wat U vir ons gee.
  • Amen



(K008) God, ons sy kinders en die wêreld – 1 Joh 3:1-2

Weet jy hoe lief God jou het? Weet jy wat jou stand nou is as kind van God? Weet jy hoe jy gaan wees wanneer Jesus terugkom? Weet jy hoekom die wêreld jou haat omdat jy ‘n kind van God is?



1 Joh 3:1-2 NLV “Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook. Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie. Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie. Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk.”

“Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het.”

God het elkeen van ons so lief dat Hy ons deur genade red. Om hierdie genade van God te ontvang moet ons weergebore deur te glo en te bely dat Jesus vir ons sonde gesterf het en dat God hom weer uit die dood opgewek het.

“Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook.”

Met weergeboorte word ons as kinders aangeneem in die familie van God en so word ons kinders van God.

“Daarom ken die wêreld ons nie, omdat dit Hom nie ken nie.”

Die wêreld verstaan en aanvaar nie dat daar ‘n God is wat in die geestes ruim bestaan en die aarde en alles daarop gemaak het nie. Verder verstaan hulle ook nie van die sonde wat ons van Adam geërf het en God wat sy Seun Jesus gestuur het om ons vry te maak van die sonde nie.

Die wêreld verstaan net wat hulle 5 sintuie hulle wys en die duiwel gebruik dit om hulle te verblind en weg te hou van God.

Die gevolg is dat die wêreld ons as kinders van God ook nie verstaan nie, nie aanvaar nie en selfs haat (1Joh 3:13).

“Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God, maar dit is nog nie duidelik wat ons sal wees nie.”

Soos reeds gesê met weergeboorte word ons kinders van God nou al hier op aarde, maar ons stand as kinders van God verander wanneer ons gees en siel die aarde verlaat om by Jesus aan te sluit wanneer ons liggame hier op aarde sterf. Ons huidige stand hier op aarde is nie dieselfde as wanneer ons by Jesus in die hemel aansluit nie en ons weet ook nie hoe dit gaan wees nie.

“Wat ons wel weet, is dat ons net soos Hy sal wees wanneer Hy verskyn. Ons sal Hom dan sien soos Hy regtig lyk.”

Al wat ons weet is dat wanneer ons by Hom aankom sal ons net so verheerlik soos Jesus wees en dan sal ons Hom werklik in sy verheerliking kan sien in die geestelike wêreld.

Ter opsomming:

  • Die wêreld is blind om die geestelike wêreld waar God is te sien. (1 Kor 1:18-24)
  • Die wêreld verstaan nie ons geloof in God nie en gevolglik spot en vervolg hulle ons.
  • Die duiwel is verantwoordelik om die wêreld te verblind en ons te vervolg.
  • Ons saai die saad van die verlossing deur Jesus met die lig waarin ons lewe.
  • Die Heilige Gees laat die saad ontkiem wanneer die wêreld dieselfde lig waarin ons lewe, soek.
  • Wanneer die wêreld verlossing begin soek om uit hulle verdrukking te ontvlug sal die Heilige Gees hulle na Jesus lei, ons as kinders van God moet die wêreld net wys en vertel dat die vryheid wat deur Jesus ontvang word, is beter as waar die wêreld hulle in bevind.

Gebed

Dankie Vader vir U liefde.

Dankie dat U dit vir ons moontlik gemaak het om U kinders te wees.

Dankie dat ons U lig kan uitdra na die wêreld.

Dankie Vader

Amen




(K007) Wat getuig jou lewe – 1 Joh 2:9

Wat getuig jou lewe – jou optrede en wat jy sê? Getuig dit dat jy Jesus volg? Kan Jesus in jou optrede gesien word? Of sê jou optrede jy is net soos baie wat sê jy is ‘n Christen, maar jou lewe wys die teenoorgestelde.



Sê jy dat jy weergebore is en Jesus volg?

Wat getuig jou lewe / optrede,  kan mense in hoe jy lewe sien dat jy Jesus volg?

1Jo 2:9 ANV As iemand beweer dat hy in die lig is, maar hy haat sy broer, is hy nog steeds in die duisternis.

Wat sien die mense om jou, wanneer hulle na jou kyk en sien hoe jy optree?

  1. Kom ons kyk eers na geld, ‘n groot invloed op vandag se lewe:
  2. Alles in jou lewe draai om geld, soek altyd meer, want jy het nooit genoeg nie.
  3. Jy is afgetree maar is heeltyd bekommerd jou geld gaan dit nie maak tot jy doodgaan nie en jy praat gereeld daaroor.
  4. Bereid om omkoopgeld te betaal om werk of kontrakte te kry.
  5. Koop die gereg om, om nie groot boetes te kry nie.
  6. Dobbel om vinnig geld te probeer maak.
  7. Probeer belasting ontduik waar jy kan.
  8. Hoe hanteer jy die mense om jou, mede-gelowiges en ongelowiges, jy haat sekere mense, wat familie insluit, en maak nie ‘n geheim daarvan nie.
  9. Jy wil altyd polities korrek optree en maak nie saak of dit in God se wil is nie.
  10. Jy wil gesag oor ander hê sonder dat dit aan jou gegee word en indien jy dit kry dan misbruik jy dit vir jou eie roem of sak.
  11. Jy wil belangrik en bekend wees.
  12. Jy gaan Sondag kerk toe, maar die ander 6 dae vloek en lewe jy soos die res van die ongelowiges.

Volgens die Here is dit wêrelds –

1 JOH 2:16 NLV “Wat ook al in die wêreld bestaan, alles wat tipies is van die menslike begeerte, die begeerte vir alles wat die oog sien, en die vals roem op besittings, kom nie van die Vader nie, maar het sy oorsprong in die wêreld.”
Die duisternis van die duiwel het jou oorval –

Joh 12:35 ANV Toe sê Jesus vir hulle: “Nog net ‘n kort tydjie is die lig by julle. Lewe in die lig terwyl julle dit het sodat die duisternis julle nie oorval nie. Wie in die duisternis lewe, weet nie waar hy gaan uitkom nie.

Solank jy in duisternis lewe gaan jy ongelukkig wees en geen vrede ondervind nie. Dieselfde soos die res wat in die wêreld lewe en hulle ontken dat daar geen vrede in hulle is nie.

Hoe kom ‘n mens weg van hierdie duisternis?

Met jou weergeboorte is jou gees nuut gemaak, maar jou siel wat jou gedagtes en optrede beheer moet nog verander word.

Jou hoof doel moet wees om ‘n intieme verhouding met Jesus en God op te bou.

Dit word gedoen om elke dag tyd in God se Woord te spandeer saam die Heilige Gees om te ontdek wat God van jou verlang en hoe jy moet optree in hierdie wêreld solank jy nog hier is.

Wat wil God hê die mense in jou moet sien deur jou optrede en wat jy praat?

Eerste die vrug van die Heilige Gees –

Gal 5:22-23 ANV Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing.  

Na jy weergebore is het jy hierdie ontvang, maar daar is baie werk om in dit te groei en jy gaan nooit ophou om daarin te groei tot jou liggaam te sterwe kom hier op aarde nie.

Maar al gaan jy nooit volmaak wees daarin hier op aarde nie, moet jy strewe daarna om daagliks te verbeter.

Dan ontvang jy verder van die Heilige Gees gawes wat jy moet aanwend om mede-gelowiges op te bou en ongelowiges vir Jesus te wen – Lees 1 Kor 12:4-11.

Dit is verder belangrik dat ons lewe Jesus se liefde wys.

Efs 5:2-4 ANV Lewe in liefde, soos Christus ons ook liefgehad en om ons ontwil sy lewe as ‘n offergawe gegee het, ja, ‘n offer wat vir God aanneemlik was. Soos dit gelowiges betaam, moet daar van ontug, onsedelikheid in enige vorm, of gierigheid onder julle selfs geen sprake wees nie. Growwe, ligsinnige of vuil praatjies pas nie by julle nie; nee, dank aan God pas by julle.

Lees ook Rom 12:9-21

Ter afsluiting –

  • Niemand is volmaak nie, 1 Joh 1:8-9, maar tog moet ons probeer om voluit in die lig te lewe en dit is net moontlik wanneer ons konstant aan ons verhouding met God bou.
  • Hoe meer ons in die lig lewe, hoe meer sal daar vrede in ons wees en minder sal gebeure in die wêreld ons pla.

Gebed

  • Vader U is groot bo ons verstand.
  • U het elkeen van ons gemaak.
  • Ons weet dat U vir ons lief is en dat U hand van beskerming en versorging oor ons is soos U in U Woord belowe.
  • Dankie Vader vir hierdie liefde en lei ons deur U Gees om hierdie liefde uit te leef soos wat Jesus dit hier op die aarde uitgelewe het as voorbeeld vir ons.
  • In Jesus se naam

Amen




(K006) God is onskuldig – Spr 19:3

Hoe is jou lewe tans? Is jy bedruk en depressief of is jy gelukkig en lewe ‘n vrolike lewe? Leef jy in donkerte met alles wat gebeur in die wêreld om jou of lewe jy in die lig van Jesus? Kyk wat sê die Woord van God



God het ons ‘n eie wil gegee en gaan ons nie beskerm wanneer ons van Hom af wegdwaal nie. Ons besluite dra gevolge waarvoor ons nie God verantwoordelik kan hou nie

Spreuke 19:3 NLV “’n Mens se eie dwaasheid ontwrig jou lewe, dan verkwalik jy nog die Here daarvoor.”

Wat hoor jy as jy na hierdie vers luister –

“Ek het ‘n fout gemaak maar dit is nie my skuld nie, dit is die Here se skuld en nou ontwrig Hy ook nog my lewe”.

“Dit is nie regverdig dat my lewe ontwrig word deur wat ek gedoen het nie”.

Soos dit vandag in die wêreld gaan –

“Dit is altyd iemand anders se skuld nooit die een wat die fout gemaak het nie”.

  • God laat ons nie verkeerde dinge doen nie –

Jak 1:13-14 ANV Iemand wat in versoeking kom, moet nooit sê: “Ek word deur God versoek” nie; want God kan nie verlei word nie, en self verlei Hy niemand nie. Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep.

Nee dit is my eie vleeslike sondige natuur wat my op loop neem, my weergebore gees is sondeloos maar my siel en vlees kort nog baie werk.

  • God straf my nie vir verkeerde dinge wat ek doen nie.

Jesus is ons voorbeeld, Hy sê vir ons in

Joh 5:19 AOV Jesus het toe geantwoord en vir hulle gesê: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, die Seun kan niks uit Homself doen tensy Hy die Vader dit sien doen nie. Want alles wat Hy doen, dit doen die Seun ook net so.

En as ons kyk wat Jesus gedoen het, Hy was net lief vir die mense en het almal gesond gemaak, Hy het nie gesê jou sonde is te groot om jou gesond te maak nie of Hy ook nie die Fariseërs en Skrifgeleerdes siekte of ongeluk opgelê omdat hulle nie wou luister nie.

  • God het almal lief

Net soos ‘n ma haar kind liefhet en hom of haar die beste wil gee, netso het God ons elkeen nog meer lief ongeag wie ons is en wat ons gedoen het. (1 Joh 4:8-10)

  • God beheer nie elkeen se optrede nie

God het ons ‘n eie wil gegee om self te besluit wat ons wil doen, ons is nie marionette in God se hand nie.

Net soos ‘n ma wat niks kan doen wanneer ‘n kind ‘n verkeerde koers inslaan nie, is dit ook die geval met God, Hy keer ons ook nie wanneer ons van Hom af wegdwaal nie.

  • God straf ons nie wanneer ons die verkeerde pad inslaan nie

God het klaar ons sondes, verlede, huidig en toekomstig vergewe deur Jesus

Hebreërs 10:10 & 14 AFR20 (10) Volgens sy wil is ons heilig gemaak deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, eens en vir altyd. (14) Want deur een offer het Hy hulle wat geheilig word, vir altyd vervolmaak.”

Weer ons weergebore gees is sondeloos en heilig, maar ons siel en liggaam kort nog werk en dit sal so wees tot ons liggaam hier op aarde sterf.

God wys ons wel tereg, nie met straf van siekte of ander probleme nie, maar deur Sy Woord

2Tim 3:16-17 ANV Die hele Skrif is deur God geïnspireer en het groot waarde om in die waarheid te onderrig, dwaling te bestry, verkeerdhede reg te stel en ‘n regte lewenswyse te kweek, sodat die man wat in diens van God staan, volkome voorberei en toegerus sal wees vir elke goeie werk.

  • Wanneer ons die verkeerde pad vat, verloor ons God se seën en beskerming

Wanneer jy jou eie begeertes volg wat nie van God is nie, kan God dit nie seën waarmee jy besig is nie en ook nie beskerm teen die gevolge daarvan nie.

Jak 1:14-15 ANV Maar ‘n mens word verlei deur sy eie begeertes wat hom aanlok en saamsleep. Daarna, as die begeertes bevrug geraak het, bring dit die sonde voort; en as die sonde ryp geword het, loop dit uit op die dood.

Ons beweeg weg van God af en die duiwel gebruik die kans om ons aan te val (Joh 10:10)

Om af te sluit elke besluit wat jy neem het ‘n nagevolg en as dit nie in ooreenstemming met God se wil is nie, kan jy nie vir God verkwalik as jy probleme optel nie.

Gebed

  • Dankie Vader dat ons weet U ons nie weggooi nie, maar dat dit onsself is wat skeiding tussen U en ons bring wanneer ons van U wegdwaal.
  • Dankie dat ons soos dit in 1 Joh 1:9 staan, na U kan terugkom wanneer ons bely wat ons verkeerd gedoen het en U ons sal vergewe.
  • Dankie dat U Gees ons lei en dat ons net moet luister en doen wat U sê.
  • Dankie Vader vir U onbeperkte liefde.

Amen




(K005) Bedrukte of vrolike lewe – Spr 15:15

Hoe is jou lewe tans? Is jy bedruk en depressief of is jy gelukkig en lewe ‘n vrolike lewe? Leef jy in donkerte met alles wat gebeur in die wêreld om jou of lewe jy in die lig van Jesus? Kyk wat sê die Woord van God



Spreuke 15:15 NLV “Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ’n fees.”

Bedrukte mens – magtelose (AFR20) – vir hierdie mense is die lewe sleg en vol probleme maw donker – hulle probleme word elke dag net meer en daar is nie enige vooruitsig op iets beter in die toekoms nie.

Blymoedige mens – vrolikheid van hart (AFR20) – vir hierdie mense is die lewe een groot fees maw lig – hulle geniet die lewe, het goeie verwagtinge vir die toekoms.

Kom ons gaan kyk na die Bybelse donker en lig

Luk 11:34 Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker.

Wat sien jy met jou oë – liggaamlike oë en geestelike oë?

  • Sien jy net donker?

Jy kyk in die nuusmedia en sien die hele wêreld en jou eie land is in chaos, daar is geen toekoms vir die mens nie.

  • Of sien jy lig?

Die Here se goedheid en ‘n gelukkig lewe vol vrede en voorspoed.

Wie is die donker in die wêreld?

Efs 6:12  Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.

Die duiwel is die donkerte in die wêreld.

Die duiwel is in beheer van die wêreld hier op die aarde, hy het die beheer van Adam en Eva gesteel deur hulle te verlei.

Dit is sy doel om almal in die wêreld te onderdruk en weg van God te hou.

Wanneer kinders van God se aandag op die donker gefokus word, breek dit hulle af en hulle sien net die donker en verloor hulle, hulle fokus wat op God behoort wees.

Wie is die lig in die wêreld?

Joh 1:4-5  In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense. En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

Hierdie gedeelte gaan oor Jesus en ons sien ook in –

Joh 8:12  En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

Jesus is die lig in die wêreld.

Waar Jesus is, is daar lig. Soos wanneer ‘n lig aangeskakel word verdryf dit die donker, so is dit ook in die wêreld wat ons lewe, waar Jesus is, is daar lig en die duiwel vlug.

Wat is Jesus se waarskuwings vir ons oor die duisternis?

Joh 12:35  En Jesus sê vir hulle: Nog ‘n klein tydjie is die lig by julle. Wandel so lank as julle die lig het, sodat die duisternis julle nie oorval nie. En wie in die duisternis wandel, weet nie waar hy gaan nie.

Jesus maak dit baie duidelik dat ons in Hom moet wandel as ons van die duisternis wil wegkom.

Die ongelowiges struikel rond in wanhoop in die donker, maar die wat in Jesus is, loop in vreugde in Sy lig.

Hoe kom jy van die donker na die lig?

Joh 12:46  Ek het as ‘n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie.

Daar is slegs een pad, deur Jesus.

Jy moet weergebore word deur te glo en te verklaar dat Jesus vir ons sonde op die kruis gesterf het en dat God Hom weer uit die dood lewend gemaak het.

Ons sien dit ook in Jesus se opdrag aan Paulus met sy bekering –

Hnd 26:18 ANVJy moet hulle oë oopmaak sodat hulle hulle van die duisternis tot die lig en van die mag van die Satan tot God kan bekeer. Deur in My te glo, sal hulle sondes vergewe word en sal hulle deel word van die volk van God.’

Daarby ontvang ons die volgende waarskuwings –

2Ko 6:14  Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

Ons moet waaksaam wees dat dit wat in die wêreld gebeur en met wie ons kontak het, ons nie beïnvloed en weg van die Here en Sy lig trek nie.

Ons kom dit nie altyd agter dat ons weggetrek word nie, maar skielik sit ons in wanhoop omdat die Here se lig in ons gedoof is en verstaan ons nie hoekom ons so bedruk is nie.

Waar is ons basis?

Ons moet egter vashou aan die beloftes dat God ons altyd sal beskerm –

2Pe 2:9 ANV Die Here weet dus om dié wat Hom dien, uit beproewing te red, maar om die goddeloses te straf en vir die oordeelsdag gevange te hou.

Heb 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?

Lees en verklaar ook Ps 91 oor jou wanneer jy bedruk voel.

In kort:

  • Vertrou op die Here en geniet die lewe. Joh 10:10
  • Skud die las wat die duiwel op jou wil lê van jou skouers af en geniet die lewe saam met die ander gelowiges. Hand 2:44
  • Praat mekaar moed in wanneer een se oë van Jesus afdwaal. 1 Thes 5:11
  • Wys die ongelowiges dat dit moontlik is om die lewe werklik te geniet en wen hulle vir Jesus.

Gebed

Vader U is groot, so groot dat dit bo ons verstand is

U is liefde

In 1Joh 1:5 verseker U ons dat U die lig is en daar geen duisternis in U is nie.

Dankie VADER vir U onbeskryflike liefde vir ons.

Dankie dat ons altyd op U kan staatmaak.

Dankie dat ons weet wanneer die wêreld se donker ons wil oorweldig, ons slegs na U kan kom vir ondersteuning om weer die lig ten volle te kan sien en belewe.

Dankie Vader

Amen




(K004) ‘n Gesonde Liggaam Spr 3:7-8

SPREUKE 3:7-8 NLV “Moenie jou eie wysheid oorskat nie. Hou eerder die Here voor oë en vermy wat sleg is. Dit sal jou liggaam gesond hou, jou lewe verkwik.”



Wat sê Salomo hier vir ons?

“Hou eerder die Here voor oë”

Vertrou op die Here in alles wat jy doen en wat om jou gebeur.

“vermy wat sleg is”

Wanneer jy jou vertroue van die Here afhaal en op jouself begin staat maak, begin jou probleme, wat ‘n direkte invloed op jou liggaam het.

Waarvan praat ek?

  • Jy begin dinge of jou werk doen op eie insig, i.p.v. om op die Here te vertrou en Sy leiding te volg – dit plaas jou onder spanning met ‘n direkte invloed op jou gesondheid.
  • Jy sien en hoor wat om jou gebeur en i.p.v. om op die Here te vertrou soos Hy in Sy Woord belowe om jou te beskerm, begin jy in vrees lewe, want jy glo dat jy gaan ook ‘n slagoffer word – dit plaas jou ook onder spanning wat jou gesondheid beïnvloed.

Saam met die spanning en vrees, hoe lewe jy?

  • Oor eet en jou gewig tel op – nagevolge is jou organe werk te hard, rug en bene moet ‘n gewig dra waarvoor dit nie ontwerp is nie, met die gevolg dat organe, gewigte en spiere beskadig word.
  • Rook uit gewoonte of as kalmeermiddel wanneer spanning hoog is – dit is nie goed vir jou longe nie en kan longkanker veroorsaak.
  • Oormaat van drank vir die ontvlugting van die werklikheid – vernietig die lewer en gee ander emosionele probleme
  • Misbruik van middels wat insluit van die gewone medikasie oor die toonbank tot gevaarlike en onwettige dwelmmiddels om ook van die werklikheid te ontvlug – vernietig die liggaam wat nie ontwerp is om dit te hanteer nie.
  • Lewe in haat teen ander of in onvergewensgesindheid – dit maak jou siek, navorsing wys na kanker.
  • Daar is nog baie ander dinge wat in ons lewens voorkom wat ‘n direkte invloed op ons liggame het.

Salomo sê wanneer jy jou oë op die Here hou en die slegte vermy sal –

  • “Dit sal jou gesond hou”

Gaan soek waar jy verkeerd lewe, stel dit reg en jou liggaam sal gesond wees.

  • jou lewe verkwik”

Jou lewe sal rustig en aangenaam word, tot op ‘n vlak wat jy nie sal kan glo nie.

Die Here het ons die volgende beloftes deur Sy Woord gee:

  • Jesus het vir al ons siektes aan die kruis gesterf –

1Pe 2:24 Hy het self ons sondes in sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur sy wonde is julle genees.

Jesus se liggaam is gebreek vir ons om ‘n gesonde lewe te kan lewe. Wanneer ons in Hom glo en ook glo dat siekte van die duiwel afkom om ons te vernietig (Joh 10:10).

  • Die Here belowe ons beskerming in Sy Woord –

Spr 30:5 ANV Elke belofte van God is betroubaar; Hy beskerm dié wat by Hom skuil.

2 Pet 2:9 NLV “Die Here weet dus om dié mense wat naby aan Hom leef, uit beproewing en swaarkry te red, maar om dié wat ’n verkeerde lewe lei, te straf en vir die oordeelsdag te bêre.”

Soek die Here! Jy gaan Hom net kry deur Sy Woord te lees en te glo wat dit vir jou sê.

Wat staan jou te doen?

  • “Hou eerder die Here voor oë” – kyk na die Here en vertrou op Hom – lees Sy woord en hoe meer jy dit lees, hoe meer gaan jou vertroue groei in die Here.
  • Wanneer jy elke oggend wakker word dank die Here vir Sy hand van beskerming wat oor jou was gedurende die nag en dat Hy jou sal beskerm vir oral waar jy daardie dag sal gaan.
  • “vermy wat sleg is” – Gaan sit en kyk na jou lewe, vra ook die Heilige Gees om dinge wat nie reg is in jou lewe aan jou uit te wys en maak ‘n lys.
  • Vat die lys en maak die besluit om jou lewe te verander en dit wat op die lys is uit jou lewe te verwyder.
  • Plak die lys iewers op waar jy dit elke dag sien om jou te herinner dat jy dit wil teenstaan.
  • Vra die Heilige Gees elke dag om jou te ondersteun in dit wat in die lys is, teen te staan.
  • Belangrikste – GLO DAT JESUS VIR ONS SIEKTES GESTERF HET (1Pet 2:24) EN DAT JY KLAAR GESOND IS EN WAG OM DIE MANIFISERING DAARVAN TE SIEN NA JY VAN DIE OORSAKE ONTSLAE GERAAK HET.
  • Jy kan nie verwag om gesond te wees, maar jou optrede wat dit veroorsaak het nie verander nie.
  • Die Here sê vir ons in –

1 Joh 1:8-9 NLV “As ons beweer dat ons nie sonde het nie, mislei ons onsself en leef ons nie volgens die waarheid nie. As ons egter ons sondes bely, Hy is betroubaar en regverdig om ons sondes te vergewe en ons skoon te maak van alles wat verkeerd is.”
Ons is klaar gered en vergewe wanneer ons weergebore is, maar hierdie verse maak dit duidelik dat solank ons nog hier op aarde lewe en ons denke en wil (siel) verander moet word, gaan ons foute maak wat ‘n direkte invloed op ons lewens en liggaam gaan hê hier op aarde. Lees ook Jak 5:14-16.

Belangrik:

Moet nie al jou medikasie net sommer so los nie, verander jou lewe en op wie jy vertrou en met verbetering in jou liggaam sal jy dan van die medikasie afgehaal word deur jou dokter.

Gebed:

Dankie Vader dat U vir ons omgee en lief is,

Dankie dat ons met enigiets na U toe kan kom vir raad en hulp,

Dankie dat ons weet dat U ons sal beskerm van die duiwel,

Dankie dat ons op U hulp kan staatmaak in wat ons moet doen,

Dankie vir Jesus wat ons siektes op Hom geneem het sodat ons ‘n lewe sonder enige siektes kan lewe,

Ons weet dat al hierdie beloftes van U af waar is, maar ons moet dit glo en ons eie maak.

Amen.




(A003) Doop met Heilige Gees deur Jesus

Ek gaan nou aan met die Doop met die Heilige Gees soos in die vorige video, ‘Die Verskillende Dope’, belowe.



Wanneer ons glo dat Jesus vir ons sonde as mens hier op aarde gesterf het en deur God weer uit die dood opgewek is, word ons gees weergebore en geseël deur die Heilige Gees (Ef 1:13) en die Heilige Gees kom bly in ons saam met ons gees.

Hierdie word bevestig in –

Joh 14:16-17 En Ek sal die Vader bid, en Hy sal julle ‘n ander Trooster gee om by julle te bly tot in ewigheid: die Gees van die waarheid wat die wêreld nie kan ontvang nie, omdat dit Hom nie sien en Hom nie ken nie; maar julle ken Hom, omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.

God het die Heilige Gees gestuur om by en in ons, as weergeborene, te wees.

Met ons nuwe gees kry ons toegang tot die geestes wêreld, maar die ander wat nie weergebore is nie kan nie die Heilige Gees sien en verstaan nie omdat hulle nie die geestelike wêreld kan sien of verstaan nie.

Jesus verduidelik verder wat die doel is vir die Heilige Gees in ons te kom bly –

Joh 14:25-26 Dit het Ek tot julle gespreek terwyl Ek by julle bly; maar die Trooster, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle alles leer en sal julle herinner aan alles wat Ek vir julle gesê het.

Die doel is dat die Heilige Gees ons leer wat God se wil is.

Wanneer ons weergebore word ontvang ons die vrug van die Heilige Gees –

Gal 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Hoe vorder elkeen van ons met hierdie lys?

Paulus gee die oplossing om in hierdie lys te groei –

Gal 5:24-25 Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel.

Wanneer ons lewe met die Heilige Gees in ons, kan ons ook deur die Heilige Gees optree.

Hoe kry ons dit reg want ons siel – verstand en wil – beheer ons optrede?

Die Heilige Gees is in ons en moet ‘n koppeling met ons siel kry om ons te kan lei en leer wat ons moet weet. (Joh 14:26 en 1 Kor 2:4 & 10)

Hoe kry ons hierdie koppeling tussen die Heilige Gees wat saam met ons gees in ons is en ons siel?

Deur die doop met die Heilige Gees deur Jesus Christus.

Bewyse uit die Woord van God dat die Doop met die Heilige Gees bestaan en nie outomaties deel is van die waterdoop is nie, maar die twee dope kan saam plaasvind:

  • Die volgende gedeelte gaan oor die evangelie wat Filippus in Samaria verkondig het –

Hnd 8:12, 14-17 Maar toe hulle Filippus geglo het, wat die evangelie aangaande die koninkryk van God en die Naam van Jesus Christus verkondig het, is hulle gedoop, manne sowel as vroue. 14 En toe die apostels in Jerusalem hoor dat Samaría die woord van God aangeneem het, het hulle Petrus en Johannes na hulle gestuur. Húlle het afgekom en vir hulle gebid, dat hulle die Heilige Gees mag ontvang, want Hy het toe nog op niemand van hulle geval nie, maar hulle was net gedoop in die Naam van die Here Jesus. Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Hier is dit duidelik dat hulle eerste met water gedoop is en later met die Heilige Gees.

  • Die volgende gedeelte handel oor die groep gelowiges wat Paulus in Efese raak geloop het en net met die doop van Johannes die Doper gedoop was en niks van die Heilige Gees geweet het nie –

Hnd 19:5-6 En toe hulle dit hoor, is hulle gedoop in die Naam van die Here Jesus. En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Hier is dit duidelik dat hulle eers in water gedoop is en daarna het Paulus hulle hande opgelê en hulle is met die Heilige Gees gedoop.

Die uitstorting of doop van die Heilige Gees was nie net vir ‘n seker groep in die Nuwe Testamentiese Kerk nie maar vir almal en dit sluit ons nog steeds vandag in.

Hoe word jy met die Heilige Gees gedoop?

Luk 11:13 As julle dan wat sleg is, weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal die hemelse Vader die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?

Vra God deur gebed vir vulling van die Heilige Gees

Hnd 8:17 Hulle het hul toe die hande opgelê, en hulle het die Heilige Gees ontvang.

Hnd 19:6 En Paulus het hulle die hande opgelê, en die Heilige Gees het op hulle gekom, en hulle het met tale gespreek en geprofeteer.

Kry ‘n geestelike leier om hande op jou te lê.

Ek het ontdek na ek by die Bybel Kollege uitgekom het en die doop van die Heilige Gees ontvang het, dat daar dinge in my lewe verander het. Byvoorbeeld ek het die Bybel heeltemal anders gelees en deur die Heilige Gees ek skrifgedeeltes  verstaan en dit was nie meer net ‘n boek wat ek gelees het nie. Joh 14:26 die Heilige Gees het my geleer deur die Woord van God.

My prentjie wat ek vorm oor om met die Heilige Gees gedoop te word is dat met die doop of vulling ontstaan daar ‘n koppeling tussen die Heilige Gees met jou siel en begin daar ‘n uitvloei deur jou siel van die Heilige Gees na jou verstand en liggaam.

Wanneer ons met die Heilige Gees gevul of gedoop word ontvang ons een of meer gawes van die Heilige Gees –

1Ko 12:8-11 Want aan die een word deur die Gees ‘n woord van wysheid gegee, en aan die ander ‘n woord van kennis vanweë dieselfde Gees; aan ‘n ander weer geloof deur dieselfde Gees, en aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur dieselfde Gees; aan ‘n ander werkinge van kragte, aan ‘n ander profesie, aan ‘n ander onderskeiding van die geeste, aan ‘n ander allerhande tale, aan ‘n ander uitleg van tale. Maar al hierdie dinge werk een en dieselfde Gees wat aan elkeen afsonderlik uitdeel soos Hy wil.

Nog gawes word ook in Rom 12:6-8 gegee.

Die doel van hierdie gawes is om –

  1. Mede gelowiges te ondersteun,
  2. Die kerk van Jesus te help opbou en
  3. Om ongelowiges die krag van God te wys en te laat belewe sodat hulle Jesus as hulle verlosser kan ontdek.

Jesus is ons voorbeeld –

Hnd 10:38 met betrekking tot Jesus van Násaret, hoe God Hom gesalf het met die Heilige Gees en met krag. Hy het die land deurgegaan, goed gedoen en almal genees wat onder die mag van die duiwel was, omdat God met Hom was.

Jesus was vervul met die Heilige Gees en het al die gawes gebruik om mense te help en te red.

Jesus sê die volgende aan ons –

Mar 16:17-18 En vir die wat geglo het, sal hierdie tekens volg: in my Naam sal hulle duiwels uitdryf, met nuwe tale sal hulle spreek, slange sal hulle opneem; en as hulle iets dodeliks drink, sal dit hulle geen kwaad doen nie; op siekes sal hulle die hande lê, en hulle sal gesond word.

Ons kan alles wat Jesus gedoen het ook doen met die Heilige Gees in ons.

Joh 14:12-13 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.

Ons kan selfs meer doen as wat Jesus hier op aarde gedoen het sodat God verheerlik kan word.

Ons het dieselfde Gees van God in ons wat Jesus uit die dood opgewek het.

Rom 8:11 En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.

Laat jou doop in die Heilige Gees en soek watter gawes jy van die Heilige Gees ontvang het en gebruik dit tot eer van God.