(K018) Die God wat ons aanbid, is die enigste ware God!

Opn 1:8 AOV “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, sê die Here, wat is en wat was en wat kom, die Almagtige.

Verstaan ons as mense hier op die aarde wat hiérdie woorde van die Drie-énige God beteken?



Ons bestaan draai om die 5 sintuie – dit wat ons kan sien, hoor, voel, ruik en proe – en uit meetbare ruimte wat hoogte, lengte en wydte is en dan ook meetbare tyd. 

Verder weet ons van verlede-tyd, van die huidige en van die toekoms, maar ons verstaan nie die ewige, die onmeetbare tyd van God “wat was, wat is en wat kom”.

God is in die geestes wêreld (Joh 4:24) wat buite ons verstand is en waar daar nie tyd is nie.

Waar pas die mens dan in God se skepping in?

In Genesis 1 sien ons God het die aarde en die mens geskep en die mens moet oor die aarde en alles wat daar op is heers.

Hoe het God die mens gemaak?

Psalms 139:14 AFR20 “Ek prys U omdat ek op ‘n ontsagwekkende, wonderbaarlike wyse gemaak is. Wonderbaarlik is u werke en ek besef dit maar te goed.”

Elke mens is ‘n wonderwerk en verder sê 1Tes 5:23 die mens bestaan uit ‘n liggaam, ‘n siel en ‘n gees:

  • Die liggaam, is die deel wat deur die 5 sintuie waargeneem kan word en wat so presies ontwerp is dat geen mens nog ooit dit kon nadoen nie. Die liggaam word ook gesien as tydelik en verganklik. (Aards-pakkie)
  • Die siel is in die liggaam wat ons verstand en emosies huisves. Die siel ervaar tyd, maar hunker na ewigheid (Ps 42:2-3 – My siel dors na God, na die lewende God) en gaan saam met die gees vir ewig lewe (2Kor 5:8 – liewer uit die liggaam uit te woon en by die Here in te woon)
  • Die gees is wat ons lewe gee (Jak 2:26 – Want soos die liggaam sonder gees dood is) en net God kan die mens lewe gee soos ons sien in

Sag 12:1 AFR20 “….. Dit is die uitspraak van die HERE, Hy wat die hemel oopgespan het en die fondamente van die aarde gelê het, wat die mens se gees in sy binneste gevorm het”  

Die mens is die enigste lewende wese op aarde wat oor ‘n gees beskik  en kommunikeer deur sy gees met God (Rom 8:16 – Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is;).

Niemand op aarde kon nog ooit ‘n mens maak nie, slegs God kan. Al kry die mens dit reg om deur ‘n meganiese samestelling ‘n robot of android te bou wat soos ‘n mens kan funksioneer of ‘n mens deur kloning te skep kan dit nie ‘n mens wees nie want net God kan ‘n gees aan die mens gee om te lewe.

Die geestelike wêreld of geestes-wêreld.

Hier steek die grootste persentasie van die mense vas. Hulle verstaan en glo net wat hulle 5 sintuie hulle toelaat om waar te neem en dit is die fisiese hier op die aarde wat aan tyd gekoppel is.

In die geestelike wêreld bestaan tyd nie.

2Pe 3:8 AOV “Maar laat hierdie een ding julle nie ontgaan nie, geliefdes, dat een dag by die Here soos duisend jaar is en duisend jaar soos een dag.

In die geestes-wêreld waar God is (Joh 4:24 – God is Gees; en die wat Hom aanbid, moet in gees en waarheid aanbid), sien hy alles van die begin tot in ewigheid, en ons kan dit nie in ons verstand verwerk nie. Ons weet nie waar God begin het en waar ewigheid eindig nie, want ons kan nie buite tyd dink terwyl ons op aarde is nie.

Voor ons geboorte het God al in die kleinste besonderheid geweet wat elkeen van ons in ons lewe hier op aarde gaan doen of nie gaan doen nie en of ons Jesus as verlosser gaan aanvaar. God weet alles.

Wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar word ons gees weergebore wat dan met God kan kommunikeer.

Ons as weergeborenes, beweeg dan in ‘n nuwe geestes lewe waar ons God kan hoor in ons hart en God se leiding kan volg.

Selfs al verstaan ons as mens hier op aarde nie werklik hoe groot ons God is nie, is een feit seker dat wanneer ons Jesus as ons verlosser aanvaar het, is God ons Vader (1Joh 3:1 – Kyk wat ‘n groot liefde die Vader aan ons bewys het, dat ons kinders van God genoem kan word!) wat met liefde beter na ons omsien as ‘n wêreldse vader na sy kinders.

Ons het die volgende belofte om aan vas te hou –

1Pe 5:7 AOV “Werp al julle bekommernis op Hom, want Hy sorg vir julle.”

Ons kan ook op God se skoot gaan sit en troos by hom vind, want ons is sy kinders en het ‘n verhouding met hom.

Wanneer ons liggame hier op die aarde sterf, gaan ons siel en gees oor na die geestes-wêreld om by God en Jesus te wees vir ewig en dan sal ons ook verstaan en beleef wat ewig is.

Dan sal ons ook beter verstaan hoe groot ons God is na alles aan ons bekend gemaak is.

Sluit af met die volgende verse oor die grootheid van God:

Jes 55:8-9 AOV “Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle weë is nie my weë nie, spreek die HERE. Want soos die hemel hoër is as die aarde, so is my weë hoër as julle weë en my gedagtes as julle gedagtes.”

1Kor 13:12 NLV “Nou sien ons dinge nog net vaagweg soos in ’n dowwe spieël, maar eendag sal alles vir ons glashelder wees. Nou verstaan ek net ten dele, maar eendag sal ek ten volle verstaan, net soos God my nou ten volle verstaan.”  

1Jo 3:2 AOV “Geliefdes, nou is ons kinders van God, en dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie; maar ons weet dat ons, as Hy verskyn, aan Hom gelyk sal wees, omdat ons Hom sal sien soos Hy is.”

Gebed

Vader U grootheid is buite ons verstandelike vermoë

Dankie vir U onbeperkte liefde vir ons

Dankie vir Jesus wat vir ons sonde gesterf het

Dankie dat ons U kinders is

Amen

https://youtu.be/zfr2iLGsZUE



Vordering in ons bediening

Alta het gedurende die Covid-19-tydperk begin om bemoedigende boodskappe via WhatsApp te deel om mense aan te moedig om meer Bybel te lees en hul kennis oor God en Sy Woord te verdiep. Sedert 2019 plaas sy ook weekliks inskrywings oor “Jou ID in Jesus Christus” op WhatsApp. Hierdie bediening het gegroei en word nou ook op Facebook onder die blad Vryheid in Jesus gedeel, sowel as op hierdie webblad. Later is dit ook in Engels vertaal vir diegene wat nie Afrikaans verstaan nie. Met verloop van tyd het dit ontwikkel tot Jou Koninklike Identiteit in Christus.

Nog ‘n weeklikse Facebook-plasing word gedoen onder Vryheid in Jesus, gebaseer op ‘n spesifieke Bybelvers. Gedurende hierdie tyd het ons twee Facebook-bladsye gevestig: Vryheid in Jesus vir die Afrikaanse gemeenskap en Petrus & Alta in Ministry vir die Engelse gemeenskap. Hierdie bladsye het gegroei en het tans onderskeidelik 2 900 en 604 volgers.

Nadat ons bediening by die kerk tot ‘n einde gekom het, het Petrus vanaf April 2023 begin om video’s oor verskeie geestelike temas te skep en dit op YouTube onder ons kanaal @vryheidinjesus te plaas. Daar is tans 35 video’s beskikbaar, en ná ’n tydperk van stilte beplan ons om binnekort weer te begin met ‘n nuwe reeks getiteld Ons Fondasie in Jesus Christus. Hierdie reeks fokus op die belangrike aspekte wat ‘n Christen moet verstaan wanneer hy of sy Jesus as Verlosser aanvaar en weergebore word.

Tans is ons besig met voorbereidings vir ons verhuising na die middel van Suid-Afrika.




(K016) Hoekom so besluit – Spr 21:2

Die besluite wat jy daagliks maak wat is jou bedoeling agter elkeen?

Spr 21:2 NLV “’n Mens dink dalk alles wat hy doen, is reg. Die Here besluit egter oor die bedoeling daaragter.”



Ons elkeen neem baie besluite elke dag.

Dit is so deel van ons lewe, dat ons dit meestal outomaties uitgevoer sonder dat ons daaroor dink.

Die meerderheid van hierdie is alledaagse besluite en het nie ‘n groot invloed later in ons lewe nie.

Dit is besluite soos tyd om opstaan, gereed te maak vir die dag, wat gaan jy eet, ens.

Dan is daar besluite wat ons lewens of ander om ons gaan beïnvloed.

Daar is ‘n rede vir elke besluit wat oor ‘n spesifieke saak of aksie geneem word:

  • Eerste watter aksie is nodig? Daar is gewoonlik vele verskillende moontlikhede of metodes wat gevolg kan word.
  • Tweede wat is die bedoeling agter jou besluit vir die metode of aksie wat jy gaan volg?
  • Derde is jou besluit gegrond op jou eie wysheid?

Die Here sien egter wat ons bedoeling agter elke besluit wat ons neem, al erken ons dit nie altyd aan ons self nie.

  1. Die besluite wat ons neem, weerspieël dit die liefde van Jesus? –

Heb 6:10 AOV Want God is nie onregverdig om julle werk te vergeet nie en die liefde-arbeid wat julle betoon het vir sy Naam, omdat julle die heiliges gedien het en nog dien.

Dien ons ander deur ons besluit?

  • Die besluite wat ons neem, wys dit en is dit omdat ons op die Here vertrou? –

Psa 37:3-5 ANV Vertrou liewer op die Here en doen wat goed is, woon en werk rustig voort. Vind jou vreugde in die Here, en Hy sal jou gee wat jou hart begeer. Laat jou lewe aan die Here oor en vertrou op Hom; Hy sal sorg.

Is ons besluite se grondslag op ons eie wysheid of deur leiding van die Here?

Bewe ons oor alles wat om ons gebeur en vergeet ons, om op die Here te vertrou in alles wat om ons gebeur?

In opsomming:

Alles wat ek doen waar ander deur hierdie besluit geraak word –

  • Wat is my bedoeling agter die besluit, dien ek ander daarmee of gaan dit oor myself?
  • Word Jesus se liefde deur die besluit weerspieël of  gaan dit oor myself?
  • Is my besluite gebaseer op vertroue in die Here of vertrou ek op myself?
  • Is my besluite gelei deur die Here of maak ek op my eie wysheid staat?

Maak nie saak wat ek besluit nie, die Here weet wat die bedoeling agter die besluit was.

Gebed:

Danke Vader vir U liefde

Dankie vir Jesus wat ons verlos het van die sondelas,

Dankie dat ons altyd op U kan staatmaak vir leiding en beskerming in ons lewe,

Amen.




(K015) Ontdek en lewe jou roeping uit na aftrede

Jy is nou afgetree, jy kan doen wat jy wil, maar na ‘n tyd gaan jy verveeld raak.

Wat is jou nuwe roeping van God vir die laaste deel van jou lewe hier op die aarde?

Gaan jy hierdie roeping soek en doen of gaan jy sit en wag om dood te gaan?



Ek het met ‘n vorige lesing gepraat oor “Ontdek en lewe jou roeping uit” en dit was hoofsaaklik vir jongmense bedoel, maar ook vir ouer persone wat nie regkom nie.

Die Here het egter nou my aandag gevestig op diѐ wat afgetree is en nie meer ‘n lang beroepsloopbaan voor hulle het nie.

Is daar nog iets vir hulle om by te dra tot die wêreld, het hulle nog ‘n roeping?

Almal sien uit na die dag wanneer hulle kan opstaan so laat hulle wil, kan doen wat hulle wil of selfs gaan toer vir maande.

Die probleem is na ‘n tyd begin jy verveeld word want die dag is te lank of jy is heeldag besig maar aan die einde van die dag kan jy nie regtig wys wat jy heeldag gedoen het nie en so gaan dit dag vir dag tot jy doodgaan.

Alles draai net om jouself.

Daar is geen werklike rigting in jou lewe nie en effektief wag jy net om dood te gaan.

Indien jy nie ‘n visie het vir die res van jou lewe en daarmee saam ‘n bestaande roeping of nuwe roeping van God vir jou uitlewe nie, gaan jy verveeld rondsit en wag om dood te gaan.

Paulus waarsku teen ledigheid onder jonger weduwees en dit kan deurgetrek word na alle mense wat ledig is –

1Ti 5:13 ANV  Buitendien leer hulle om hulle tyd te verkwis deur net van die een huis na die ander rond te kuier. Hulle is nie net ledig nie, maar ook bemoeisiek en praatsiek, en hulle praat oor dinge waaroor nie gepraat moet word nie.

Hier in die klein gemeenskap waar ons bly bestaande hoofsaaklik uit afgetrede persone, is hierdie baie duidelik.

Saam met rondkuier en sosiale media word oor alles gekla en vrees onder mekaar aangewakker.

Elkeen het sinnelose kommentaar te lewer op die sosiale media groepe wat gestig is om belangrike inligting aan die inwoners deur te gee met die gevolg dat die belangrike boodskappe verlore raak.

Dit is ook belangrik om kennis te neem vir die waarskuwing uit die gelykenis wat Jesus vertel het van die ryk man wie se grond goeie opbrengs gegee het en besluit het om op te hou werk en sy geld te geniet –  

Luk 12:19-21 ANV Dan sal ek vir myself sê: ‘Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet, drink en leef lekker.’ Maar God het vir hom gesê: ‘Jou dwaas. Vannag nog sal jou lewe van jou opgeëis word, en wie kry dan alles wat jy bymekaargemaak het?’ So gaan dit met hom wat vir homself skatte vergader en nie ryk is by God nie.

Hy het alles wat hy besit, gebruik vir homself en van God vergeet wat hom geseën het met alles wat hy besit.

Wanneer jy aftree beteken dit nie jy hou ook op om God te dien nie.

God verlang liefde van ons en dit is dat ons daadwerklik optree om ander te help –

1Jo 3:18 ANV Liewe kinders, ons liefde moenie net woorde en lippetaal wees nie, maar moet met die daad bewys word, en dan in opregtheid.

Hierdie sluit die opdrag in om die redding wat Jesus vir ons aan die kruis gebring het, uit te dra aan die wat nog nie dit weet of verstaan nie.

Dit help nie om te sê ek lees elke oggend die Bybel, gaan elke Sondag kerk toe en woon elke week selgroepe by nie, die vraag is wat doen jy met dit wat jy lees in die Bybel en by hierdie byeenkomste hoor?

Jak 1:22 ANV Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself.

Jy moet uitgaan en doen, nie net sit en luister nie.

Soek jou visie en roeping:

Om uit te vind wat jou nuwe roeping is, vra vir God om vir jou dit bekend te maak.

God sal dit aan jou bekend maak maar jy moet tyd saam met God deurbring en jy moet oop wees om te ontvang.

Dit sal iets wees wat jy geniet om te doen en ander daarmee dien, dit sal nooit net vir jouself wees nie.

Jy kan moontlik met jou vorige roeping aangaan.

Jy kan selfs finansieel geseën word uit dit wat jy doen.

Voorbeelde van wat jy sal kan doen en dit sal ook afhang van jou talente en kundigheid:

  • Raak betrokke by korttermyn Christelike uitreike, baie kerke doen sulke uitreike jaarliks en jy kan ook op die internet na organisasies soek wat dit doen. Hierdie uitreike sal jou perspektief oor baie sake verander en ook help met geestelike groei.
  • Doen evangelisasie (sal in ‘n opvolg lesings meer vertel oor hoe om Jesus uit te dra na ander),
  • Verleen hulp aan ander – vervoer, aankope en herstelwerk om die huis indien jy handig is,
  • Soek en besoek eensames in jou omgewing gereeld en ondersteun hulle met positiewe gesprekke,
  • Vind uit van projekte wat kerke loods en raak betrokke al is jy nie deel van die spesifieke kerk nie,
  • As jy ‘n goeie organiseerder is kyk wat kort in jou omgewing en begin ‘n projek om dit aan te spreek.
  • Beoefen die stokperdjie wat jy altyd wou doen.

Ter afsluiting:

  • Moet nie gaan sit en niks doen na jy afgetree het nie want anders wag jy net om dood te gaan.
  • Jy moet jou liggaam en verstand oefen soos jy dit altyd gedoen het.
  • Vra God om jou roeping vir hierdie nuwe tydperk te wys,
  • Doen wat God wil hê jy moet doen en jy sal dit geniet.
  • Lewe God se liefde uit na ander en dit sal jou selfwaarde gee.
  • Bly positief en jy gaan dit net regkry wanneer jy:
    • Mense vermy wat floreer op die negatiewe.
    • Minder TV kyk oor wêreldse sake.
    • Geestelike kanale op TV of sosiale netwerk, soos YouTube, volg. Daar is min valspredikers daarop en jy sal dit dadelik aanvoel wanneer jy na een luister. Dit beteken ook nie dat wanneer God ‘n prediker seën met baie navolgers en hulle welgesteld is dat hulle valspredikers is nie. Elkeen sal aanklank vind by net sekere predikers, God het ons verskillend gemaak,

    • Beperk sosiale media tot geestelike opbouende boodskappe en spandeer meer tyd met God en Sy woord.

Ek hoop dat dit wat ek hier aan jou oorgedra het vir jou rigting en ‘n doel in die lewe sal gee, wat sal meebring dat jy weer selfwaarde sal kry en positief lewe vir die toekoms.

Gebed:

Dankie Vader vir U liefde,

Dankie dat U altyd daar is om ons te lei,

Dankie dat U net die beste vir ons wil gee,

Dankie dat ons op U kan staatmaak,

Dankie Vader

Amen




(K014) Ontdek en lewe jou roeping uit.

Om te kan lewe moet ons werk, om ‘n gelukkige lewe te kan lei moet ons die regte werk waarvoor ons gemaak is doen.

Is jy in die werk waarvoor God jou ontwerp het?

Hoe kom ons by die regte werk uit?



Weens Adam se val het God ‘n baie duidelike reël gegee –

Gen 3:19 AOV In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Inkort, ons moet werk om geld te verdien om te kan lewe.

Watter soort werk het God vir my beplan?

In die wêreld waarin ons op hierdie tydstip lewe is daar ‘n tekort aan werk en gryp die mens enige werk wat beskikbaar is.

Die gevolg is dat baie mense ‘n werk doen wat nie vir hulle bedoel is nie, waarin hulle swak produktiwiteit lewer, ongelukkig is en heel moontlik nie die vermoë of talent het om dit behoorlik kan doen nie al wil hulle. Hulle ploeter net aan om aan die einde van die maand hulle salaris te kry.

God het elkeen van ons gemaak en Hy het elkeen sy eie talente of vermoë gegee om ‘n sekere werk goed te kan doen.

‘n Werk wat jy vir ‘n lang tyd of selfs die res van jou lewe gaan doen. Dit sal meer as ‘n werk wees, dit sal ‘n roeping wees wat jou inspireer, bevredig, wat jy geniet en verder in wil groei.

Wanneer ons hierdie werk doen sal ons gelukkig wees en dit geniet om dit te doen.

Om uit te vind wat jou roeping is, vra vir God om vir jou dit bekend te maak en let ook op na die volgende:

  • Jy sal belangstel in die werk,
  • Jy sal goed en vindingryk wees in die uitvoering daarvan,
  • Jy sal dit deeglik uitvoer.
  • Jy sal graag meer wil leer ivm hierdie werk,
  • Jy sal graag besig wil wees daarmee, nie verskonings soek om iets ander te doen nie,

Efs 5:16-17 ANV Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ‘n goddelose tyd. Moet daarom nie onverstandig optree nie, maar probeer te wete kom wat die Here wil dat julle moet doen.

Wanneer jy seker is wat jou roeping is, vind wat is nodig om hierdie werk te doen bv. is jou huidige kennis en opleiding voldoende of benodig jy verdere tersiêre opleiding.

Kry jou minimum kwalifikasies en begin vakatures soek in hierdie werk:

  • Vra God om vir jou die deure oop te maak,
  • Gaan dan uit en soek die pos wat vir jou deur God gereserveer is, dit gaan nie na jou toe aangeloop kom nie,
  • Glo daar is ‘n pos wat vir jou wag, al vat dit dalk ‘n tyd voor jy dit kry.

Ons ontvang die volgende beloftes van God:

1Jo 3:21-22 ANV Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God te gaan; en wat ons vra, kry ons van Hom omdat ons sy gebooie gehoorsaam en doen wat Hy goedvind.

As jy aan God gehoorsaam is, maw doen wat Hy vir jou gesê het, sal Hy vir jou gee wat jy vra en vir jou die regte pos gee.

Spr 3:6 ANV Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou die regte pad laat loop.

Praat met God oor alles wat jy wil doen en Hy sal jou die reg leiding gee.

Een voorbeeld is dat die Heilige Gees sal deur jou gees God se leiding na jou siel stuur waar jy ‘n aanvoeling of gevoel kry om iets te doen en dan open daar deure wat jy moontlik nie eers verwag het nie.

Daar is baie metodes hoe God met ons praat en lei om Sy wil te doen, ons siel (verstand en gedagtes) moet net oop wees daarvoor.

Wanneer jy ‘n werk kry of selfs jou eie besigheid begin, wees tevrede om onder te begin, niemand kan dadelik in ‘n gevorderde vlak begin werk nie, ook nie dadelik baie geld met ‘n besigheid begin verdien nie.

Jy benodig ondervinding wat nie in boeke geleer kan word nie, dit kom net met tyd en deur die werk prakties te doen.

Gee altyd jou beste in jou werk of besigheid en jy sal suksesvol wees en vorder na hoër vlakke waar dit moontlik is.

Dien ander met jou werke en skyn die lig van Jesus aan hulle.

Daar is egter ook ‘n balans wat jy moet handhaaf en jy mag nie al jou tyd aan jou roeping spandeer nie, daar moet tyd wees vir God, jou familie, rus en ontspanning. Dit is hoe God ons ontwerp het.

Dit kan gebeur dat daar met tyd nuwe deure vir jou kan oopgaan, om na ‘n ander werkgewer te verskuif of selfs ‘n nuwe roeping te begin, maar steeds moet jy seker wees dit kom van God af voor jy enige veranderinge maak.

Hoe hanteer jy die geld wat jy deur jou roeping verdien?

Jy ontvang geld vir jou roeping wat jy uitleef, maar wat is die reëls met die hantering van hierdie geld?

God het vir jou die pad oopgemaak om jou roeping te kan uitvoer en geld te verdien om van te lewe.

Daarom is dit net reg dat jy eerste ‘n deel aan God teruggee uit dankbaarheid.

Spr 3:9-10 ANV  Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

Saam met jou bewys van dankbaarheid aan God, ontvang jy ook die belofte dat God jou oorvloedig sal seën.

Die Skrif sê ook verder –

2Ko 9:7 ANV Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

Daar is nie vaste reëls oor hoeveel jy aan God moet gee nie, maar die Skrif sê ook –

2Ko 9:6 ANV Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.

Dit beteken ook nie dat jy alles wat jy verdien aan God moet teruggee nie, daar is ‘n balans en vandaar die 10% waarvan die Skrif praat.

Die 90% wat jy oor het moet jy oordeelkundig spandeer –

1Jo 2:16-17 AFR20 “want alles in die wêreld – dit wat die liggaam begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly tot in ewigheid.”

Beplan jou spandering en dit sluit in dat jy met ‘n deel van jou inkomste die lewe kan geniet deur dit aan te wend in dinge wat jy graag wil doen of besit.

Opsomming:

  • Volg God se leiding om by jou roeping uit te kom
  • Wanneer jy jou roeping uitleef sal jy ‘n gelukkige en vol lewe geniet
  • Gee eerste uit dankbaarheid aan God terug uit dit wat jy verdien
  • Spandeer die res met wysheid sonder om suinig te wees.

Gebed:

Dankie Vader vir U liefde,

Dankie dat U vir elkeen van ons ‘n roeping het,

Dankie dat U vir elkeen van ons in oorvloed wil versorg,

Dankie vir U leiding om ons roeping te vind,

Dankie vir wysheid om dit wat U vir ons gee reg te spandeer,

Amen




(P012) Vryheid in Jesus – Lewe van oorvloed in lewensmiddele

Hoe goed gaan dit met jou finansies, het jy genoeg om van te lewe of sukkel jy elke maand om deur te kom?

Lewe jy binne God se waardestelsel?



Jesus belowe ons lewe en in oorvloed.

Joh 10:10 AOV Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Die ‘hulle’ waarna Jesus verwys, is ons wat weergebore is en al hier op die aarde die ewige lewe ontvang om in te lewe.

1 Joh 5:13 NLV Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God.

Ons wat weergebore is, het alreeds die ewige lewe, nou hier op die aarde, want ons het uit die dood in die sonde waarin ons was, oorgegaan na die lewe in Jesus. (Joh 17:3)

Waarop dit neerkom is dat ons ‘n lewe van oorvloed nou al hier op aarde kan geniet, indien ons weet hoe om binne God se waardestelsel (geestelike reëls) te lewe en wat se mag ons teen die duiwel en sy invloed het.

Lewe van oorvloed sluit in ‘n lewe met ‘n oorvloed van lewensmiddele.

Om ‘n lewe van oorvloed te kan hê moet daar meer as net voldoende lewensmiddele wees.

Kom ons kyk eers wat is lewensmiddele?

Dit is alles wat ‘n mens nodig het om te kan lewe wat insluit kos, water, klere, skuiling teen die weer, vervoermiddel om te kan reis (behalwe om te loop), ens.

Hierdie word egter aan ruilhandel gekoppel, wanneer ek iets nodig het, dan verkry ek dit deur iets in die plek daarvan te gee.

Geld het daarom die middel geword waarmee ruilhandel plaasvind. Ek bied my dienste of ‘n item aan en ontvang geld waarna ek die geld weer aanbied vir iets wat ek verlang.

Geld is ‘n belangrike item in ons lewe en daarom is daar ook baie verwysing daarna in die Woord om vir ons leiding daaroor te gee.

Hoe bekom ons die geld wat ons nodig het om van te lewe en voorspoed te kan hê?

Weens Adam se val het God ‘n baie duidelike reël gegee –

Gen 3:19 AOV In die sweet van jou aangesig sal jy brood eet totdat jy terugkeer na die aarde, want daaruit is jy geneem. Want stof is jy, en tot stof sal jy terugkeer.

Inkort, ons moet werk om geld te verdien om te kan lewe.

As ons hier van werk praat is dit enige werk wat ons vir ‘n werkgewer doen of ons eie besigheid bedryf.

God het elkeen van ons gemaak en Hy het elkeen sy eie talente of vermoë gegee om ‘n sekere werk goed te kan doen.

‘n Werk wat jy vir ‘n lang tyd of selfs die res van jou lewe gaan doen, moet dit meer as ‘n werk wees, dit moet ‘n roeping wees wat jou: inspireer, bevredig, geniet, …… .

Wanneer ons hierdie werk doen sal ons gelukkig wees en dit geniet om dit te doen.

Indien dit nie so is nie, dan is daar ‘n probleem van of jy is in die verkeerde werk of daar is ‘n probleem met jou gesindheid.

Daar is nie ‘n kortpad om geld te bekom sonder om daarna probleme hê nie.

Hoe hanteer jy die geld wat jy deur jou roeping verdien?

Jy verdien nou ‘n finansiële inkomste, hoe moet jy die geld hanteer om die voorspoed en oorvloed wat God ons wil gee te ontvang?

‘n Volgende geestelike reël wat God daargestel het is die wet van saai en oes.

Gal 6:7 ANV Moenie julleself mislei nie: God laat nie met Hom spot nie. Wat ‘n mens saai, dit sal hy ook oes.

Hierdie wet is van toepassing op alle fasette in ons lewe, hier op die aarde, en sluit ook in hoe ons ons finansies hanteer.

In 2 Kor 9 praat Paulus pertinent oor dankoffers wat die gemeente in Korinte bymekaar gemaak het vir ander gemeentes en dit is van toepassing vir ons elkeen se dankoffer aan God.

2Ko 9:6 ANV Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes; en wie volop saai, sal volop oes.

Hierdie volgende vers sê ons moet dink en beplan hoe ons ons finansies bestuur en bestee met die volgende vers wat dit beklemtoon –

2Ko 9:7 ANV Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.

Daar is nie vaste reëls hoeveel en waarvoor alles ons moet gee nie, maar daar is egter riglyne in die Woord en met die volgende beloftes van God –

Spr 3:9-10 ANV  Vereer die Here met offerandes uit al wat jy besit en met die beste uit jou oes, dan sal jou skure oorvol wees en jou parskuipe oorloop van die wyn.

Gee uit alles wat jy ontvang eerste God se deel terug aan Hom en Hy sal jou meer teruggee as wat jy nodig het.

Verder sluit dit ook in waar jy geld gee vir sekere instansies soos kinderhuise of ondersteuning van hulp aan mishandelde vroue en kinders of bedienings wat God se Woord uitdra, ens. want hierdie bydraes wys die lig van God se liefde aan almal uit.

Spr 11:24 ANV Daar is mense wat vrylik uitdeel en tog steeds meer het, daar is ander wat suinig is en tog arm word.

Saam met hierdie vers kom die volgende punt wat onthou moet word.

Ons finansiële inkomste kom alles van God en word verdeel in saad wat ons moet saai vir God en brood wat ons kan eet om te lewe –

2Ko 9:10 ANV God wat saad verskaf om te saai en brood om te eet, sal ook aan julle saad gee en dit laat groei en julle vrygewigheid ‘n ryk oes laat oplewer.

As jy alles wat God jou gee opeet en niks saai nie kan God jou nie seën nie –

2Ko 9:6 ANV Dink daaraan: wie karig saai, sal karig oes;

Indien jy getrou saai wat God jou gee om te saai, sal God meer saad aan jou voorsien om te saai en saam met dit sal jy ook meer ontvang om te eet.

God verwag egter ook nie dat jy alles wat jy kry moet saai nie, jy moet ‘n balans handhaaf –

2Ko 8:12 ANV As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.

Daarom is dit wys om die beginsel van 10% van jou inkomste aan God terug te gee en indien jy oor het na jy jouself versorg het kan jy verder gee waar nog hulp nodig is.

Die beginsel van 10% van jou ontvangste aan God kom in verskeie plekke in die Woord voor en kan daarom as ‘n goeie beginsel van verdeling gebruik word, maar steeds onthou 2Kor 9:6-7.

Waarskuwings oor die hantering van geld uit die Woord:

Hoe bestee jy dit wat jy ontvang?

1Jo 2:16-17 AFR20 “want alles in die wêreld – dit wat die liggaam begeer, en dit wat die oë begeer, arrogante spoggery oor besittings – is nie uit die Vader nie, maar uit die wêreld. En die wêreld en sy begeertes gaan verby, maar wie die wil van God doen, bly tot in ewigheid.”

Soos met alles is daar ‘n balans, moenie al jou geld uitmors op elke ding wat jou oë sien nie, al is dit na jy jou dankoffer aan God gegee het.

Na jou dankoffer aan God prioritiseer jou spandering, eers aan alles wat nodig is om basies te lewe – kos, dienste wat van owerhede ontvang word, versorging van gesin in alles wat nodig is, ‘n gedeelte gespaar het en daarna kan jy spandeer op luukse dinge.

Indien God jou seën met oorvloed lewensmiddele mag jy ‘n mooi motor besit of ‘n mooi huis besit, dit is nie ‘n sonde nie. Maak net seker dit kom nie tussen jou en God nie.

Een van die grootste gevare is gierigheid:

Wanneer daar honger na meer geld ontstaan om lekker of soos ander te wil lewe, raak alle logika, balans en waardes verlore.

Waak teen die volgende:

  • Ek gee my tiende aan God en nou moet God voorsien – verkeerde ingesteldheid, God gaan jou nie seën nie. Jy wil God dwing om aan jou vereistes te voldoen. God sê wel in Mal 3:8-10 Hy kan getoets word, maar dit gaan oor Sy goedheid en nie om jou self te verryk nie.
  • Vermy skuld sover moontlik, die volgende vers sê dit alles –

Spr 22:7 ANV Die ryke heers oor die arme; die lener is die slaaf van die man by wie hy leen. 

  • Moenie al jou tyd bestee om geld te verdien nie, kom eerder met minder klaar en geniet ‘n goeie lewe met jou familie, weereens handhaaf ‘n balans –

Spr 23:4 ANV Moet jou nie afsloof om ryk te word nie en moenie jou sin vir waardes verloor nie.

  • Wanneer die honger na geld jou oorneem, dan is jy verlore en al bid jy tot God vir voorsiening gaan jy nie ontvang nie, want dit gaan dan oor jouself en nie God nie –

Jak 4:2-3 ANV Julle wil dinge hê, maar kry dit nie en wil dan moord pleeg; julle is jaloers op ‘n ander man se goed en kan dit nie in die hande kry nie en dan maak julle rusie en baklei julle. Julle kry nie, omdat julle nie bid nie. As julle bid, ontvang julle nie, omdat julle verkeerd bid: julle wil net julle selfsugtige begeertes bevredig.

  • Wanneer jy jou na misdaad draai om geld te maak, is dit die begin van jou probleme en einde van jou lewe. Jy mag vir ‘n tyd die geld geniet, maar die uiteinde is jy gaan alles verloor wat ook jou lewe hier op die aarde mag insluit.

Spr 21:6 ANV Skatte wat met bedrog versamel is, verdwyn in die wind en bring die dood.

Afsluiting

  • God wil ons elkeen ‘n lewe van oorvloed in lewensmiddele gee, maar ons moet Sy waardestelsel in verband daarmee nakom.
  • Saai die saad wat God vir jou gee om te saai eerste en dan kan jy dit geniet wat God aan jou voorsien om van te lewe.
  • Toets God om 10% van dit wat jy ontvang eerste aan Hom terug te gee en kyk waar staan jy na 12 maande.
  • Moet nie gee om te ontvang nie, gee uit dankbaarheid omdat God vir jou sorg.
  • Moet nie geldgierig raak nie, jy kan nie iets wen nie, jy gaan op die einde alles verloor en dalk ook jou lewe hier op aarde –

Heb 13:5 ANV Hou julle lewe vry van geldgierigheid; wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Gebed:

  • Dankie Vader vir U liefde,
  • Dankie dat ons weet U wil vir ons sorg,
  • Dankie vir die leiding deur U woord oor hoe om te lewe,
  • Dankie Vader vir U goedheid en seën
  • Amen



(P011) Vryheid in Jesus – Lewe in oorvloed vrede en vreugde

Is daar vrede en vreugde in jou, lewe jy in vrede met ander om jou, is daar ‘n oorvloed van vrede en vreugde in jou lewe?

Bekommer jy oor wat in hierdie wêreld gebeur?



Is daar vrede en vreugde in jou, lewe jy in vrede met ander om jou, is daar ‘n oorvloed van vrede en vreugde in jou lewe?

Sonder vrede lewe ‘n mens in haat en konflik met almal om jou en daar is ook geen vreugde nie.

Kyk na die wêreld om jou en wat aan die gang is, elkeen stry om net die beste vir homself te hê. Dit sluit in van die individu tot nasies oor die wêreld.

Die duiwel doen alles in sy vermoë om enige vrede en vreugde wat daar mag wees, af te breek en die mens van God weg te hou.

Waar daar nie vrede is nie, is daar ook nie vreugde nie en die mens lewe in swaarmoedigheid.

Rom 14:17 AOV Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees.

Hierdie gedeelte sê vir ons dat vrede en vreugde in die Heilige Gees deel is van God se koninkryk.

As daar nie vrede in jou lewe is nie, dan is daar ook nie vreugde nie en kort daar ‘n gedeelte van God se koninkryk in jou lewe.

God het die mens gemaak om in vrede en vreugde te lewe, maar met die sondeval het die mens vrede met God verloor.

Vrede:

God het egter besluit om die vrede tussen Hom en ons te herstel deur Jesus se offer, ons moet dit net aanvaar en weergebore word.

Kol 1:19-20 ANV God het besluit om met sy volle wese in Hom te woon en om deur Hom alles met Homself te versoen. Deur die bloed van sy Seun aan die kruis het Hy die vrede herstel, deur Hom het Hy alles op die aarde en in die hemel met Homself versoen.

Daarom word Jesus se offer om ons te red van die sonde ook die “Evangelie van Vrede” genoem (Hand 10:36).

Wanneer ons verder kyk sien ons dat wanneer ons Jesus as ons verlosser aanneem ontvang ons die vrug van die Heilige Gees en vrede is deel daarvan (Gal 5:22).

Vrede is ‘n belangrike deel in ons lewe en sonder God en Jesus kan daar nie vrede in enige mens se lewe wees nie.

Vrede is vir almal beskikbaar wanneer:

  • Ons deur God se genade gered is, wanneer ons glo Jesus het vir ons sonde aan die kruis gesterf en Hy weer deur God uit die dood opgewek is. (Ef 2:8 en Rom 10:9-10)
  • Ons as kinders van God vrede soek of najaag –

1Pe 3:11 ANV Bly weg van die kwaad af en doen wat goed is, soek vrede en jaag dit na!

Ons ontvang ook die volgende belofte van God –

Rom 2:10  Ewige heerlikheid, eer en vrede skenk Hy aan elkeen wat goed doen, in die eerste plek aan die Jood, maar ook aan die nie-Jood.

Blydskap of vreugde:

Ons vreugde begin met Jesus en ons sien dit in die volgende gedeeltes:

  • Luk 10:17 vertel ons dat die 70 dissipels wat Jesus uitgestuur het, vol vreugde was nadat hulle die krag ontdek wat Jesus se Naam gehad het.
  • Luk 19:37 vertel dat die mense Jesus met vreugde geprys het na hulle gesien het die kragdadige dade wat Jesus gedoen het.
  • Joh 16:20 vertel ons Jesus se offer om vir ons sonde in te staan het vir ons vreugde gebring.
  • Joh 16:24 sê Jesus vir ons alles wat ons die Vader in Sy Naam vra sal ons ontvang en ons vreugde sal volkome word.
  • Gal 5:22 sê vreugde ook deel van die vrug wat ons van die Heilige Gees ontvang wanneer ons weergebore word.

Bekommernis:

Bekommernis oor dinge wat jy nie kan beheer nie vat ook jou vrede en vreugde weg.

Luk 12:22-26 ANV Verder het Jesus vir sy dissipels gesê: “Daarom sê Ek vir julle: Moet julle nie bekommer oor julle lewe, oor wat julle moet eet nie, of oor julle liggaam, oor wat julle moet aantrek nie. Die lewe is tog belangriker as kos en die liggaam as klere. Kyk na die kraaie: hulle saai nie en oes nie; hulle het geen spens of skuur nie, maar God sorg vir hulle. Julle is tog baie meer werd as voëls. Trouens, wie van julle kan deur hom te bekommer sy lewe met een uur verleng? As julle nie eens so ‘n klein dingetjie kan regkry nie, waarom bekommer julle julle oor die ander dinge?

Bekommernis is ‘n gebrek aan vertroue in God om na jou om te sien en tot jy onvoorwaardelik jou vertroue in God plaas gaan jy met bekommernis sukkel wat die vrede en vreugde waarin jy kan lewe gaan weghou.

Opsomming:

Vrede en vreugde is deel van God se koninkryk.

Vrede en vreugde loop saam. Daar kan geen vreugde wees sonder vrede nie.

Wanneer kry ons vrede en vreugde:

  • Wanneer ons weergebore word deur te glo dat Jesus vir ons sonde hier op aarde gesterf het en weer deur God uit die dood opgewek is, ontvang ons die vrug van die Heilige Gees wat vrede en vreugde insluit.
  • Ons vrede najaag maw spits jou daarop toe om in vrede met ander te lewe.

Spr 17:1 ANV Liewer ‘n stukkie droë brood met vrede daarby as ‘n huis vol kos met ‘n getwis daarby.

  • Ons kan deel in die vreugde om Jesus se Naam te gebruik wanneer ons ander mense dien. Ons moet dit net glo en leer om Jesus se Naam te gebruik in outoriteit.
  • Vertrou op God alleen oor alles en jy sal vrede en vreugde kry. Lewe in vrede met almal om jou en jy sal oorvloed vrede en vreugde ondervind.

Gebed:

Dankie Vader vir U liefde,

Dankie dat ons weet dat U daar is vir ons,

Dankie dat ons ons probleme aan U kan oorlaat,

Dankie vir vrede en vreugde wat U voorsien,

Amen




(P010) Vryheid in Jesus – ‘n Lewe in oorvloed van liefde

Jesus voorsien ons ‘n lewe in oorvloed wat liefde insluit.

Ervaar jy ‘n oorvloed van liefde in jou lewe?



Jesus belowe ons lewe en in oorvloed.

Joh 10:10 AOV Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.

Die ‘hulle’ waarna Jesus verwys, is ons wat weergebore is en al hier op die aarde die ewige lewe ontvang om in te lewe.

1 Joh 5:13 NLV Ek skryf hierdie dinge aan julle sodat julle met die wete kan leef dat julle nou reeds deel het aan die ewige lewe, julle wat aanhou glo in die persoon van die Seun van God.

Ons wat weergebore is, het alreeds die ewige lewe, nou hier op die aarde, want ons het uit die dood in die sonde waarin ons was, oorgegaan na die lewe in Jesus.

Waarop dit neerkom is dat ons ‘n lewe van oorvloed nou al hier op aarde kan geniet, indien ons weet hoe om binne God se waardestelsel (geestelike reëls) te lewe en wat se mag ons teen die duiwel en sy invloed het.

Lewe van oorvloed sluit in ‘n lewe met liefde.

Om ‘n lewe van oorvloed te kan hê moet daar liefde in wees.

Om ‘n goeie lewe te kan lewe hier op die aarde te kan hê, moet daar liefde in die mens se lewe wees.

Die sielkundiges stem daarmee saam en het deur navorsing gevind indien ‘n persoon nie liefde ontvang nie daar sielkundige nagevolge is.

Die mens moet liefde ontvang, maar moet ook liefde gee, dit is tweerigting aksie.

Die perfekte liefde

Kom ons begin by die perfekte liefde.

Perfekte liefde, is God se liefde vir ons as mens en sluit alle mense in, gered of nie.

God het ons eerste liefgehad –

1Jo 4:19 AOV Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het.

Saam met God se liefde vir ons, wil God hê ons as gelowiges mekaar moet lief hê.

1 Joh 4:7-11 NLV:

7 Geliefdes, laat ons mekaar aanhou liefhê, want volmaakte liefde is van God afkomstig. Elkeen wat só liefhet, is uit God gebore en ken God persoonlik.

Volmaakte liefde kom van God en wanneer ons strewe om so lief te hê, beteken dit ons is weergebore en ken God

8 Elkeen wat nie só liefhet nie, ken God nie persoonlik nie omdat God liefde self is.

God is liefde

9 Op hierdie manier het God sy volmaakte liefde aan ons bekendgemaak toe Hy sy enigste Seun na die wêreld toe gestuur het sodat ons deur Hom die lewe kan ontvang. 10 Dít is volmaakte liefde: nie dat ons vir God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun as versoeningsoffer gestuur het om ons sondes weg te neem.

God se volmaakte liefde is Sy opoffering, Hy het Sy Seun Jesus aarde toegestuur om vir ons sonde te sterf.

11 Geliefdes, as God ons dan só tot die uiterste toe liefgehad het, moet ons ook mekaar tot die uiterste toe liefhê.”
Ons moet ook deur opoffering ons liefde aan mede-gelowiges uitleef.

Hierdie gedeelte sê vir ons:

  • God is liefde
  • God het homself deur Jesus vir ons gegee,
  • God se liefde het ons lewe gegee – ons sonde is weggeneem,
  • God se liefde het ons verander – die Heilige Gees is nou in ons, saam met ons weergebore gees, wanneer ons Jesus as ons verlosser aanneem.

Ons het reeds God se liefde en moet dit net aanvaar (glo), want niks wat ons doen kan veroorsaak dat God ons meer of minder gaan lief hê nie.

God het ons reeds liefgehad toe ons nog sondaars was en ver van Hom was. (Rom 5:8)

Ons weet dus verseker dat ons reeds liefde in oorvloed vanaf God ontvang.

God vertel ons verder in 1 Kor 13:4-7 wat liefde prakties in ons lewe is:

NLV 4 Die liefde is geduldig en vriendelik, die liefde is nie jaloers nie, die liefde blaas nie sy eie beuel nie, is nie vol van homself nie. 5 Dit tree nie onwaardig op nie, stel nie sy eie belange voorop nie, is nie kort van draad nie, hou nie boek van die kwaad wat hom aangedoen word nie. 6 Dit treur oor die onreg wat plaasvind, en juig as die waarheid seëvier. 7 Die liefde bly stil oor ander se foute, dit bly steeds vertrou, dit hou aan met hoop, dit verduur alles.

Ons sal liefde in oorvloed ervaar wanneer ons begin om liefde uit te lewe na ander.  

Saai liefde en jy sal liefde oes.

Afsluiting:

Om liefde in oorvloed te kan ervaar:

  • God het ons lief en ons moet dit aanvaar en glo, ons kan niks doen wat sal veroorsaak dat God ons meer of minder lief gaan hê nie.
  • God het ons met perfekte liefde lief, dit is liefde in oorvloed.
  • God wil hê dat ons Hom ook met dieselfde liefde moet liefhê –

1 Joh 5:3 NLV “Die liefde vir God bestaan daaruit dat ons sy opdragte gehoorsaam, en sy opdragte is nie moeilik nie,”

  • Liefde vir God bestaan daaruit dat ons Sy opdragte gehoorsaam deur ons medegelowiges te dien met dieselfde liefde waarmee Hy ons lief het –

Heb 6:10 NLV God is nie onregverdig nie. Hy sal nie vergeet hoe hard julle vir Hom gewerk het nie: hoe julle julle liefde vir Hom betuig het deurdat julle julle medegelowiges gedien het en dit nog steeds doen nie.”

  • Om God se liefde uit te leef na ander, sal oorvloedige liefde na ons terug bring.

Dit is ‘n geestelike wet van God, wat jy saai gaan jy oes – saai liefde en jy sal liefde oes.

Gebed:

  • Dankie Vader vir U ongelooflike liefde,
  • Dankie vir U liefde in oorvloed,
  • Heilige Gees lei en ondersteun ons om God se liefde uit te leef na almal om ons,
  • Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus,
  • Amen



(P004) Die God wat ons aanbid

Waar staan jy vandag aan die begin van hierdie jaar, vrees jy wat om jou en in die wêreld aangaan, het jy alle hoop verloor, sien jy geen toekoms vir jou nie?

Wie vertrou jy, die enigste God wat daar is of die wêreld met sy leiers?



Ons begin ‘n nuwe jaar en waar staan ons as Christene?

  • Ons sien ‘n wêreld wat volgens ons Christelike waardes besig is om in mekaar te val.
  • Die Jode en Christene word voluit deur die duiwel aangeval.
  • Ons sien nou daagliks die pyn en lyding wat mense ly in die oorloë wat tans hoofberigte op die nuusmedia is.
  • Wat ons nie sien of hoor nie, is die Christene wat daagliks in Midde-Afrika en ander Oosterse-lande vermoor word, maar nie belangrik genoeg is om die nuusmedia vol te wees nie.
  • Regerings en leiers sê wat hulle wil, sonder enige waardestelsel waar verkeerd reg is en reg verkeerd is.
  • Mense se lewens beteken niks meer nie, wat nie beperk word tot die oorloë wat aan die gang is nie, maar in misdade regoor die wêreld wat al erger word, baie sigbaar hier in ons eie land.
  • Ons as Christene staan verslae voor al hierdie gebeure en wonder wanneer gaan ons dalk aan die beurt kom met aanvalle op ons.

Ons vra wanneer kom Christus terug soos belowe word. Geestelike leiers is dit almal eens, dat dit volgens die profesieë in die Woord naby is, maar niemand weet presies wanneer nie.

Maar waar staan ons Christene nou hier op aarde?

Ons God is ons enigste basis waarop ons kan staan. Geen ander leier of regering of nasie is betroubaar nie.

Jes 26:4 ANVVertrou altyd op die Here, want die Here God is ‘n veilige toevlug.”

Ons God het elkeen wat op die aarde was en nou steeds is en nog gaan kom, self gemaak.

Dit sluit in Jood, Arabier, Westerling, Oosterling, ens.

Psa 139:13 ANVU het my gevorm, my aanmekaargeweef in die skoot van my moeder.”

Ons God het elkeen wat lewe of gelewe het of nog gaan lewe lief.

Joh 3:16 ANV “God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Dit sluit almal in, die Hitlers en Stalins, selfs ook die terroriste wat nou hierdie verskriklike dade gedoen het, maar dit beteken nie dat God dit wat hierdie mense gedoen het, goedkeur nie.

Ons God het sy Seun aarde toegestuur om vir elke mens se sonde, ongeag wat die sondes is, te sterf.

1Jo 4:10 ANVWerklike liefde is dít: nie die liefde wat ons vir God het nie, maar die liefde wat Hy aan ons bewys het deur sy Seun te stuur as versoening vir ons sondes.”

Ons God vergewe alle sondes, al is dit die afskuwelikste dinge wat ons gedoen het, wanneer ons glo en bely:

Rom 10:9-13 ANVAs jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. [10] Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. [11] Die Skrif sê tog: “Niemand wat in Hom glo, sal teleurgestel word nie.” [12] “Niemand nie!” Dit maak dus geen verskil of ‘n mens ‘n Jood of ‘n Griek is nie, want dieselfde Here is Here van almal, en Hy seën almal wat Hom aanroep, ryklik, [13] want elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.”

Niemand se sonde is te groot, om nie deur God vergewe te word nie.

Ook nie jou sonde of die terroris wat mense vernietig het nie.

Ons God verlos ons deur Jesus Christus van die sonde en hierdie wêreld.

Gal 1:3-4  ANVGenade en vrede vir julle van God ons Vader en die Here Jesus Christus, wat Homself vir ons sondes gegee het om ons te verlos uit hierdie goddelose wêreld en so die wil van God ons Vader te volbring.”

Waarom is daar sonde en sulke verskriklike sondige optrede?

God het alles aan die begin geskep en dit was baie goed. (Gen 1:31)

God het die mens geskep om ‘n verhouding met Hom te hê. (1Joh 3:24)

God het die mens gemaak wat uit ‘n gees, ‘n siel en liggaam bestaan. (1 Thes 5:23)

Die gees is waarmee ons met God koppel. Jesus in Joh 4:24 God is Gees.

Die siel is ons verstand en emosies.

Die liggaam is dit wat jy sien en voel.

God het die mens beheer oor die aarde gegee. (Gen 1:26)

Die mens Adam is egter deur die duiwel verlei om te sondig, wat veroorsaak het dat die mens se gees met God verbreek is en die duiwel het toegang tot die mens se gees gekry en beheer oor die aarde.

Omdat God gees is, moet Hy die mens wat ‘n liggaam het gebruik om op die aarde Sy wil uit te voer.

Die duiwel is ook ‘n gees en het ook die mens se liggaam nodig, om sy wil op aarde uit te voer en het met die sondeval van Adam toegang tot die mens se gees gekry en beheer oor die aarde gekry. (2 Kor 4:3-4 )

Daarom sien ons die wrede goed wat mense doen en dit is omdat hulle totaal deur die duiwel en sy demone beheer word.

God kan nie die beheer van die aarde terug vat nie, behalwe om die aarde te vernietig en die duiwel in die hel te werp. Indien God mense gaan begin beheer om te keer dat hulle slegte dinge te doen en hulle keer om hulle eie keuse te maak, beteken dit dat die mense marionette gaan wees. Dit kan nie slegs beperk word tot sekere mense nie, dit sal op alle mense van toepassing moet wees.

Dit beteken dat God alle mense sal moet beheer en dit is nie hoe God die mens gemaak het nie. Die mens is gemaak om self te besluit oor sy optrede wat goed was tot die duiwel toegang tot die mens gekry het.

Tot God die aarde vernietig so geprofeteer in Openbaring, het Hy intussen Jesus aarde toe gestuur om vir die mens se sonde te betaal om die verhouding tussen God en die mens te herstel en ook die duiwel te oorwin vir die wat in Jesus glo.

Vir die weergebore Christen kan die duiwel nie meer beïnvloed om sy goddelose werke uit te voer nie, behalwe om die Christen bang te maak en in vrees te laat lewe, wanneer die Christen se siel nog nie behoorlik vernuwe is deur die Woord van God nie.

Jak 4:7 ANVOnderwerp julle dan aan God. Staan die duiwel teë en hy sal van julle af wegvlug.”

God se beskerming:

God belowe deur Jesus se woorde dat Hy ons, sy kinders, sal beskerm.

Luk 21:17-18En julle sal ter wille van my Naam deur almal gehaat word, maar  daar sal selfs nie eens ‘n haar van julle kop af val nie.”

Getuienis wat ek oor tyd gehoor het:

  • Die sendeling egpaar in ‘n Midde-Oosterse land.
  • Broer Andrew – God se smokkelaar.
  • Rabbi in die tonnel – “Stories to Inspire”

Jesus sê ook vir ons, dat ons vervolg sal word ter wille van Sy Naam (Luk 21:12-15), maar die Heilige Gees sal ons dan ondersteun.

Ons sien dit wanneer ons na getuienisse luister van gelowiges in lande waar Christene vervolg word.

  • Getuienis van jongmeisie in Iran.

Kom ons kom terug na onsself en dink aan niksseggend tot ernstige gebeure waar God jou beskerm het. Dinge wat met jou gebeur het, wat jy aan toeval toegeskryf het, daar is nie so iets soos toeval nie, dit is God wat jou beskerm het.

Wat moet jou ingesteldheid en optrede wees as ‘n kind van God.

  1. Hou vas aan God en verklaar teenoor jou self:
    1. My God het my lief ongeag wie ek is en wat ek gedoen het Joh 3:16 en 1 Joh 4:9
    1. My God is betroubaar – Jes 26:04 & Spr 3:5
    1. My God is goed – Ps 86:5
    1. My God is die grootste – elke knie sal voor Hom buig – Fil 2:10-11 & Rom 14:11
    1. My God is waarheid – Rom 3:4
    1. My God is onbeperk – Ef 3:20
    1. My God voorsien – Fil 4:6 & 2 Kor 9:6-8 & Luk 6:38

    1. My God beskerm my – Heb 13:6

  2. Bou jou verhouding met en vertroue in God deur Sy woord te lees, eerder as om na elke nuusuitsending te kyk of te luister.
  3. Hoe meer jou gedagtes op God is, hoe meer sal jy vrede kry met wat om jou gebeur en jy sal ophou om jou te bekommer wat die wêreld doen.
  4. Soos jou geloof in God groei so sal negatiwiteit verminder – geloof is die teenmiddel van negatiwiteit.
  5. Dank God elke dag vir sy beskerming – wanneer jy iewers heen ry sê “Dankie Vader ek weet dat U hand van beskerming oor my is, en dat ek sonder ongeluk, teenspoed of ander probleme sal ry” en waar jy bly “Dankie Vader ek weet U hand van beskerming is oor ons hier by die huis vandag en vannag“.
  6. God laat Sy krag deur ons vloei, daarom moet ons onsself sterker sien as die wêreld.
  7. Staan vas in God – die ongelowiges en die duiwel is bang vir ons, daarom probeer hulle vrees in ons aanwakker.

Jak 4:7  “Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.”

  • Vertrou onvoorwaardelik op God

Psa 37:3-4  “Vertrou op die HERE, en doen wat goed is; bewoon die aarde en beoefen getrouheid, 4  en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.”

Ons kan slegs ons pligte wat God ons gegee het, hier op die aarde voltooi, deur slegs op God te vertrou vir beskerming en leiding deur die Heilige Gees.

Kom ons Bid:

  • Dankie Vader dat ons weet U is die enigste werklike God in die wêreld en heelal.
  • Dankie Vader vir U ongelooflik liefde vir ons,
  • Dankie vir U Seun Jesus wat vir ons sonde kom sterf het op die aarde,
  • Dankie dat ons U kan groot maak in hierdie wêreld.
  • Dankie dat ons op U kan staatmaak as beskermer in hierdie wêreld waar ons tans in woon.
  • Ons vra dat U Gees al U kinders wat tans regoor die wêreld vervolg word, sal ondersteun en beskerm.
  • Ons vra dat U Gees almal wat in die verskillende oorloë, wat tans aan die gang is, met vertroosting en moed sal voorsien en die wat U genade nog nie ontdek het nie, se oë sal oopgaan en Jesus as verlosser sal aanvaar.
  • Ons vra dit in die Naam van ons verlosser Jesus Chritus

Amen




(P009) Lewe in oorvloed – Herwin ‘n lewe in goeie gesondheid

Hoe herwin jy jou gesondheid bonatuurlik sodat jy weer ‘n Lewe van Oorvloed kan geniet in goeie Gesondheid?



In die vorige lesing “(P008) ‘n Lewe in goeie gesondheid” is daar gekyk na waar kom siekte vandaan en die volgende is nou hoe om van die siekte ontslae te raak:

  • Soek die oorsaak van die siekte, elke siekte het ‘n oorsaak, bv. lewensstyl van rook, longkanker of kort aan asem,  ens.
  • Maak veranderinge om oorsaak van siekte te verwyder, bv. verander lewensstyl (eet minder), hou op rook, begin oefen, vergewe die wat jou te na gekom het, ens.
  • Wanneer daar sonde betrokke is, hou op daarmee, bely dit teenoor God en vra vergiffenis (1Joh 1:8-9).
  • Jesus het klaar vir ons sonde aan die kruis gesterf en hierdie sonde sluit siekte in (Jes53:3-5; 1 Pet 2:24). Dit is in die verlede tyd, so ons moet dit net glo en bevestig met ons mond, dat Jesus al ons siekte weggeneem het.  Spreek die siekte aan om ons liggaam te verlaat. Jesus het ons die mag daarvoor gegee (Mar 16:17-18)

In hierdie gedeelte, soos opgestel deur Alta, gaan ons in diepte kyk na die laaste punt oor die mag wat Jesus vir ons, as weergebore kinders, gegee het om siekte bonatuurlik aan te vat.

Jou outoriteit

Heb 10:9-10 NLV “Daarna sê Hy: “Kyk, Ek het gekom om u wil uit te voer.” Hy skaf dus die eerste reëling af om dit met ’n tweede een te vervang. Omdat God dit so wou hê, is ons geheilig deur Jesus se liggaam wat eens en vir altyd vir ons geoffer is.”
Die eerste reëling was die offers van Israel soos voorgeskryf deur God en dit is vervang met die tweede reëling wat die offer van Jesus wat slegs eenmaal aan die kruis gebring is.

God wil hê dat ons Jesus as ons verlosser moet aanvaar omdat Hy alles wat ons nodig het aan die kruis volbring het.

God het die mens gemaak met ‘n vrye wil om self besluite te neem en een daarvan is om Jesus as verlosser aan te neem (Joh 3:16-19) en so God se geskenk van genade deur geloof vir verlossing van sonde te ontvang (Ef 2:8).

Ons bestaan uit ‘n gees, siel en liggaam (1 Tes 5:23 ) en wanneer ons weergebore word, word ons ou gees vervang met ‘n nuwe gees wat deur die Heilige Gees verseël word (Ef 1:13).

1Jo 3:9 AOV Elkeen wat uit God gebore is, doen geen sonde nie, omdat sy saad in hom bly; en hy kan nie sondig nie, want hy is uit God gebore.

Hierdie gedeelte sê na weergeboorte kan ons nie meer sonde doen nie, want ons is uit God gebore en die Heilige Gees is in ons by ons gees.

1 Joh 1:8 sê vir ons egter dat ons steeds sondig, nou hoe nou?

Ons gees is sondeloos, maar ons siel (verstand, wil en emosies) is nog onveranderd en moet hernu word deur die Woord van God. Dit is met die siel wat ons besluite neem en waar sonde gebore word en deur die liggaam kom sonde tot uitvoer.  

Al gaan ons steeds sonde doen, staan ons gees (weens dit wat Jesus gedoen het), sondeloos voor God, maar die siel en liggaam dra die nagevolge van die verkeerde (sonde) wat dit doen.

Hierdie nagevolge sluit ook siekte in wat geaktiveer kan word.

So dit kan duidelik gesien word dat dit nie God is wat ons siekte gee, maar ons bring dit self oor ons met ons optrede en besluite. Daarby saam lewe ons in ‘n gevalle wêreld en word ons aangeval deur die duiwel wanneer ons hom ‘n opening gee.

Wanneer die oorsaak van die siekte verwyder is of indien dit buite ons beheer is, kan ons deur ons gees die mag wat Jesus ons gegee het gebruik om hierdie siekte bonatuurlik aan te spreek.

Jesus het deur sy dood en opstanding aan ons die mag oorgedra wat Hy op die aarde gedoen het en ons het selfs meer mag ontvang as wat Hy gehad het.  

Joh 14:12-13 AOVVoorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glodie werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan. En wat julle ook al in my Naam mag vra, dit sal Ek doen, sodat die Vader in die Seun verheerlik kan word.’

In hierdie gedeelte maak Jesus dit vir ons duidelik watter mag ons van Hom ontvang, wanneer ons Hom as verlosser aanvaar. Dit word ook in Mar 16:17-18 vir ons duidelik gemaak.

Jou woorde

God het die hele wêreld deur Sy woorde geskep, lees dit in Genesis. Jou woorde is net so kragtig en veral as jy Skrif aanhaal, dit wat in die Bybel staan. (Spr 18:20-21)

Hoe om die genesing uit die geestelike realm na die fisiese te bring?

  • Maak seker jou geloof in Jesus is standvastig, waar en ernstig.
  • Wees honderd present oortuig van alles wat Jesus se opofferings en bloed betaal het, dat die beloftes ook jou erfenis is en bid met oortuiging.
  • Verstaan God se liefde en dat Hy net die beste vir jou begeer.
  • Maak jou hart skoon van alle seer, bitterheid en onvergewensgesindheid. Vergewe ook jouself en God.
  • Sien jouself gesond in jou verbeelding, glo dit.
  • Jy is in ’n geestelike oorlog, glo en vertrou aggressief, hou jou gedagtes en woorde positief en gebruik jou outoriteit.
  • Moet nie toelaat dat die natuurlike omstandighede jou onderkry nie. Staan op Jesus se beloftes en die Woord, wees geduldig en bly glo.
  • Vermy negatiewe mense, omring jou met mense wat glo, God se Woord spreek en bemoedig.
  • Hoor en doen wat God sê.
  • Moet nie ingee of onrustig raak as daar ’n deurbraak is nie, dis dan wanneer daar teen geestelike aanvalle gewaak moet word.
  • God is getrou en genesing is beskikbaar, staan sterk, bekom kennis, bely sondes, rus voldoende, bly geduldig en staan aanvalle van die bose teë. 

(Hierdie gedeelte is ‘n opsomming uit Greg Mohr se boek The Healing Door)

Wat het Jesus vir ons gegee en wat is ons magte?

Glo as jy bid! Mark 11:23-24. Of dit vir jouself of iemand anders is, glo en vertrou!

Mar 11:24 ANV  Daarom sê Ek vir julle: Alles wat julle in die gebed vra, glo dat julle dit al ontvang het, en dit sal vir julle so wees.

Vestig jou vertroue op Jesus en Sy voltooide werk op die kruis.

Dis nie in jou eie krag of mag wat jy bid nie. Dit is nie jou verantwoordelikheid nie. Jy voer ’n opdrag uit om vir die wat siek is te bid. Wanneer genesing nie onmiddellik is nie, bid weer. Genesing kan ook oor ‘n tydperk manifesteer.

Wanneer genesing nie ondervind word nie, hoor by God wat verhinder dit.

As dit moontlik is, bou die persoon vir wie gebid word se geloof. Gee getuienisse van genesing, vertel van God se liefde. Vertel of lees van genesing in die Bybel.

Bid uit ‘n plek van oorwinning (1 Joh 5:4), Jesus het reeds genesing voorsien, geen rede om God te smeek nie. Spreek dus in outoriteit, klink of jy dit bedoel, wees ernstig daaroor.

Mar 16:17-18 ANV ‘Die volgende wondertekens sal voorkom by dié wat glo: in my Naam sal hulle bose geeste uitdrywe; in ander tale sal hulle praat; 18 met hulle hande sal hulle slange optel, en as hulle iets drink wat dodelik giftig is, sal dit hulle geen kwaad doen nie; hulle sal siekes die hande oplê, en dié sal gesond word.”

 Jak 5:14-16 AOV Is daar iemand siek onder julle? Laat hom die ouderlinge van die gemeente inroep, en laat hulle oor hom bid nadat hulle hom in die Naam van die Here met olie gesalf het. En die gebed van die geloof sal die kranke red, en die Here sal hom oprig. Selfs as hy sonde gedoen het, sal dit hom vergewe word. Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

Hierdie twee gedeeltes maak dit weereens duidelik dat jy bonatuurlike genesing deur gebed kan ervaar en sondes vergewe sal word, maar as jy twyfel of onseker is sal jou gebed geen effek hê nie.

Hoe om hierdie mag aan te wend?

Nou dat ons weet dat ons bonatuurlike mag deur Jesus ontvang het om te kan doen wat Hy hier op die aarde gedoen het, kom die vraag hoe wend ons hierdie mag prakties aan?

Daar kan hande op die persoon gelê word, maar dit is nie ’n vereiste wanneer ons vir iemand bid nie.

Dank God vir Sy liefde vir die persoon en Sy werke aan die kruis.

Spreek die probleem aan. Beveel die probleem om die liggaam te verlaat en dat wat verkeerd is herstel word en in lyn kom met God se Woord en doen dit in Jesus se Naam. (Redes en Skrif kan ook gebruik word)

Dit help indien die persoon vir wie jy bid ’n verwagting het dat die genesing ontvang sal word. Daarom bou ons geloof en vra ’n aksie of uitprobeer waar moontlik om dit genesing te bevestig.

Voorbeeld van ‘n gebed vir genesing:

  • Dankie Vader vir U liefde, dat U [persoon se naam as dit slegs een persoon is] so lief het.
  • Dankie vir Jesus wat vir ons sonde en siekte aan die kruis gesterf het,
  • Ons weet dat U [persoon se naam] ‘n gesonde lewe wil laat geniet,
  • Ons spreek nou die gewrig wat pynlik is aan om algeheel te herstel, spiere, ligamente kom inlyn, pyn, swelsel en kneusings herstel nou, in Jesus se Naam.
  • Amen

Toets vir verandering – voeg ‘n aksie by die geloof. Is die gewrig nog seer en dien wel bid weer.

In die begin is dit intimiderend. Neem alles in ag wat jy weet, vra God en die Heilige Gees om jou te lei en te beskerm. Oefen dit op jouself, hoofpyn is een van die maklikste om by te begin. Oefen in ’n veilige omgewing waar mense verstaan waaroor dit gaan.

Bid vir beskerming teen aanslae van die bose vir jouself en vir jou gesin. Wanneer ons God se werk doen sal aanslae kom en ons weet nie altyd waarmee ons te doen gaan kry nie.

Etiket: dames bedien dames en  mans bedien mans, anders moet daar verkieslik twee persone wees wat bedien. Die is om jou te beskerm teen aantygings en moeilikheid met die gereg te vermy.

Wees versigtig waar jy hand oplê. Laat die persoon hul eie hand op die gedeelte plaas, of raak net aan die hand of skouer.

Die ander moontlike weg wat ook gevolg kan word.

God het ons verskillend van mekaar gemaak en ons geloof kan ons beperk om bonatuurlik genees te word, maar God sal ons altyd op ons elkeen se geloofsvlak ontmoet.

Daarom as jy glo dat jou rugprobleem kan slegs deur ‘n operasie herstel word en jy glo dit werklik dan sal dit so wees.

Geen genesing kan ontvang word indien jy glo dat jy ongeneeslik siek is nie.

Dan is dit verder ook belangrik om nie die siekte jou eie te maak nie, vb. my kanker, dit is nie jou kanker nie! Dit is die duiwel wat siektes gegee en al het jy gehelp, deur byvoorbeeld ‘n wrok te dra wat die kanker geaktiveer het.

Afsluiting:

  • Jesus het ook vir al ons siektes op die kruis gesterf,
  • Gebruik jou outoriteit wat Jesus vir jou gegee het,
  • Praat positief vir herstel van jou siekte,
  • Gebruik jou mag wat Jesus vir jou gegee het om siekte bonatuurlik te genees,
  • Anders volg die pad van die mediese wetenskap vir herstel as jy dit so glo.
  • Glo vir genesing ongeag die pad wat jy volg om dit te verkry,
  • Wees verseker dat jy kan genees word van enige siekte. Neem ook aksie en bly siekte teenstaan selfs na genesing.
  • Wanneer jy genesing ontvang, moenie ophou om jou medisyne te drink nie, laat jou dokter eers jou genesing bevestig en medikasie staak. Dink net hoe gaan Jesus se Naam verheerlik word indien daar genesing was wat nie wetenskaplik verklaar kan word nie.
  • Wees bewus daarvan dat indien jy genees word en die oorsaak van die siekte is nie verwyder nie, gaan dit terugkom.
  • Die belangrikste – God wil hê dat jy in goeie gesondheid moet lewe reeds hier op aarde.

Gebed:

  • Dankie Vader vir U liefde,
  • Dankie dat U dit vir ons moontlik gemaak het om ‘n gesonde lewe te kan lewe,
  • Maak asb. ons oë oop vir ons bydrae tot ons gesondheidsprobleme en help ons om dit reg te maak,
  • Help asb. ons ongeloof sodat ons volle gesondheid terug te kan ontvang,
  • Ons vra dit in die Naam van Jesus Christus.
  • Amen