(K019) Ons Geloof of Vertroue in God se Grootheid en Goedheid.

Ons kan God nie ten volle vertrou as ons nie seker is van Sy getrouheid nie. Ons kan Hom net 100% vertrou as ons Sy karakter ken, Sy grootheid en goedheid vir ons ’n werklikheid word en ons nie toelaat dat leuens en vrees inmeng in ons verhouding met Hom nie.



Dit het my ’n lang tyd geneem om so ’n vaste vertroue te verstaan en deel van my lewe te maak.

Vir my het ’n verstaan van die verskil tussen die Ou Testament en die Nuwe Testament ’n draai gebring. Ek stel dit nou baie eenvoudig.

God het in die ou Testament ’n ooreenkoms met Israel gemaak en Israel het ’n rol te speel gehad in die verbond. In die OT het God duidelik hul sonde gestraf, maar dit was egter alles tydelik en skadubeelde (tipes and shadows) van wat sou kom.

Na Jesus die verbond volbring het op die kruis en opgestaan het uit die dood, het dit Ewigheidswaarde geword, dit was nie meer tydelik nie en die nuwe verbond was soort van eensydig.

God het alles gegee en gedoen. Ons moet net ja sê vir die geskenk van redding, liefde, genade, voorsiening en al die res van wat dit behels. God se liefde het deur Jesus en Sy liefde, alles oorbrug, sodat ons geregtig voor God kon staan en Hy ons sondes en swakhede nie meer gesien het nie.

’n Ander vers wat die lig verder laat deur breek het was:

Rom 4:19  ‘And not being weak in faith, he did not consider his own body, already dead (since he was about a hundred years old), and the deadness of Sarah’s womb.’ NKJV

Abraham se geloof was so vas in God, dat hy bly staan het op ’n belofte van God, wat onmoontlik gelyk het in die natuurlike, maar hy het dit nie eers oorweeg nie. God het gespreek en dit was so, soos in Genesis 1.

Die frase ‘did not consider it’ het gedurig in my gedagtes op gekom.

Ons kyk in die Woord en leer God se karakter ken, ons sien God se getrouheid teenoor Israel ongeag hul sonde en God wat keer op keer, hulle steeds seën en vergewe en hulle nie verlaat nie.

God verlaat ons nooit nie – Deut 31:6-8; Jos1:9; Hebr13:5; Gen28:15; Deut20:1; Ps27:1-2,10; Ps46:7; Jer1:9; Jes43:1,5; Jes 41:10, 13; plus nog velle ander.

Om God se karakter te ken, help ook en ek het ook ‘n woord-studie oor vertroue gedoen.

Nog voorbeelde:

Dawid se Psalms – Ps 23 getuig van God se getrouheid as ons Herder. Sy voorsiening, omgee, beskerming, leiding en seën in die teenwoordigheid van ons vyande.

Hy ken ons, Hy weet hoeveel hare jy op jou kop het Mat10:30; Luk12:7. Hy is daar wanneer jy droogmaak, wanneer jy hom verloën soos Petrus.

Jy is meer werd as mossies en God sorg vir hulle!

Jy is gekoop, betaal met Jesus se bloed, jy is dit werd, want Jesus het jou skuld gedra. As God dit vir jou gedoen het, hoe kan jy twyfel dat Hy nie Sy goedheid ook in ander opsigte op jou sal uitstort nie?

Jer 17:7 ‘Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.’ AOV53

Jer 17:7 ‘”Blessed is the man who trusts in the LORD, And whose hope is the LORD.’ NKJV

Joh 14:1 ‘Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My.’ AOV53

God is liefde, getrou, konstant, ewig, Hy lieg nie. Sy integriteit is onbetwyfelbaar – volmaak!

1Joh 4:18 ‘Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.’ AOV53  

2Kor10:5neem elke gedagte gevange en bring dit terug na God se waarheid. Dink, besef, wat jy dink.




Royal Identity in Christ 11 October 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Col 3:1 ‘If then you have been raised with Christ, seek the things that are above, where Christ is, seated at the right hand of God.’ ESV

In my new life, I long for that which is with Christ. Rom8:6; Gal2:20, 2Cor4:18.




Koninklike Identiteit in Christus 11 Oktober 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 3:1 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.’ NLV

In my nuwe lewe verlang ek na dit wat by Christus is. (Rom8:6; Gal2:20, 2Kor4:18.)




Royal Identity in Christ 4 October 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Col 3:1 ‘If then you have been raised with Christ, seek the things that are above, where Christ is, seated at the right hand of God.’ ESV

I have been resurrected and am living a new life in Christ!




Koninklike Identiteit in Christus 4 Oktober 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 3:1 ‘Aangesien julle saam met Christus tot ’n nuwe lewe opgewek is, streef na die dinge wat daarbo by Christus is, waar Hy aan die regterhand van God sit.’ NLV

Ek is opgewek en leef ’n nuwe lewe saam met Christus!




Royal Identity in Christ 20 September 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Col 2:13 ‘You were dead because of your sins and because your sinful nature was not yet cut away. Then God made you alive with Christ, for he forgave all our sins.’ NLT

While I was dead in sin, I was made alive with Christ and all my sins were forgiven. Thank you, Father and Jesus!




Koninklike Identiteit in Christus 20 September 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:13 ‘Julle was eintlik dood omdat julle gesondig het en omdat julle sondige geaardheid nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewendig gemaak. Hy het ons al ons sondes vergewe.’ NLV

Terwyl ek dood was in die sonde, is ek lewend gemaak saam met Christus en is al my sondes vergewe. Dankie Vader en Jesus!




Royal Identity in Christ 13 September 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Col 2:12  ‘having been buried with Him in baptism, in which you were also raised with Him through faith in the powerful working of God, who raised Him from the dead.’ ESV 

I was raised from the dead with Jesus, through faith in the power of God.




Koninklike Identiteit in Christus 13 September 2025

Kom verklaar jou Koninklike Identiteit in Christus, soos God dit oor jou sê:

Kol 2:12 ‘Omdat julle in die doop saam met Hom begrawe is, is julle ook saam met Hom opgewek deur die geloof in die krag van God, wat Hom uit die dood opgewek het.’ AFR20

Ek is saam met Jesus opgewek uit die dood, deur geloof in die krag van God.




Royal Identity in Christ 6 September 2025

Declare your Royal Identity in Christ according to what God says about you:

Col 2:11 ‘When you came to Christ, you were “circumcised,” but not by a physical procedure. Christ performed a spiritual circumcision—the cutting away of your sinful nature.’ NLT

I am saved! Jesus cut away my sinful nature. Thank You, Jesus!