ID in Christus 14/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 6:3,4 Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? 4 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (AOV)

Ek is in Jesus se dood gedoop! My ou wêreld se gees is saam met Jesus in die doop begrawe en my nuwe gees, wat perfek en volledig is, het saam met Jesus opgestaan. Dis wonderlik!

ID in Christus 07/08/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één (Adam) die dood geheers het deur die één (Adam), veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus. (AOV) (Lees Amplified vir meer duidelikheid)

Deur Jesus se sterwe het ons oorvloedige genade en geregtigheid ontvang, daarom heers ons in die lewe ook deur Jesus. Dankie Jesus, dat ons outoriteit herstel is! (Gen1:28)

ID in Christus 31/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom5:10 ‘Want as God ons, terwyl ons nog Sy vyande was, deur die dood van Sy Seun tot Sy vriende gemaak het, hoeveel te meer sal Hy ons nie noudat ons Sy vriende is, deur Hom, die lewende Jesus, van die oordeel red nie!’ (NLV)

Dankie Vader, vir U groot liefde en genade wat ons nie net verlos van die sondelas nie, maar ook versoen en herstel het in ons verhouding met U!

Id in Christus 24/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:10 ‘Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.’ (ANV)

Ek is gered deur Jesus se lewe wat Hy vir my opgeoffer het. Dankie Jesus, Ek is van vyandskap tot vriendskap en ewige lewe by God herstel!

ID in Christus 17/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:10 ‘Aangesien ons, toe ons nog vyande was, deur die dood van sy Seun met God versoen is, staan dit soveel vaster dat ons, noudat ons versoen is, deur die lewe van sy Seun gered sal word.’ (ANV)

Ek is versoen (verhouding is herstel) met God, toe Jesus vir my sonde gesterf het. Dankie Jesus, God het Sy kinders lief en aanvaar ons net soos, die vader in die gelykenis van die verlore seun.

ID in Christus 10/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:5 ‘En hierdie toekomsverwagting sal ons nie teleurstel nie, want ons weet hoe lief God ons het. Hy het Sy liefde in ons harte uitgestort deur Sy Heilige Gees wat Hy aan ons gegee het.’ (NLV)

God se liefde is in ons uitgestort daarom as kinders van God het ons hoop (verwagting)!

ID in Christus 03/07/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:5 ‘en die hoop beskaam nie, omdat die liefde van God in ons harte uitgestort is deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is.’ (AOV)

Heilige Gees het God se liefde in ons harte uitgestort! Wat ‘n wonderlike voorreg!

God het ons lief en ons het Sy liefde in ons harte gekry!

ID in Christus 26/06/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:2 ‘deur wie ons ook deur die geloof die toegang verkry het tot hierdie genade waarin ons staan; en ons roem in die hoop op die heerlikheid van God.'(AOV)

Deur my geloof in Jesus, het ek ook God se genade verkry. Wat ‘n wondelike voorreg en daarby gee dit ook hoop in God se heerlikheid (glorie).

ID in Christus 19/06/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 5:1 ‘Omdat ons dan uit die geloof geregverdig is, het ons vrede by God deur onse Here Jesus Christus;’ (AOV)

Ek is geregverdig (vrygespreek) deur my geloof in Jesus Christus en daarom het ek God se vrede!

ID in Christus 12/06/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 3:24 ‘en hulle word deur Sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is.'(AOV)

Dankie Jesus ek is sonder skuld en onberispelik, skoon gewas, voor God deur genade!