ID in Christus 18/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

Kol
3:12
‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie
lief het. Daarom moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig
en verdraagsaam wees.’ (ANV)

As God se geskappenes is ons uitverkore en het God ons baie lief! (Ps139) Hoe wonderlik, ons is uitverkies van die begin af en God het ons baie lief. Dankie Vader, U het elkeen van ons geskape, gekies en lief!




ID in Christus 11/04/2020

Kom
ons verklaar en bevestig ons ID in Christus
volgens:

Kol
3:12

‘Julle is die uitverkore volk van God wat Hy baie lief het. Daarom
moet julle meelewend, goedgesind, nederig, sagmoedig en verdraagsaam
wees.’ (ANV)

Ons is die uitverkorenes van God en God het ons baie lief. Dis wonderlik om herinner te word dat God ons elkeen geskape het as Sy uitverkore kinders en dat Hy ons lief het.




ID in Christus 03/04/20

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:20 ‘Julle het saam met Christus gesterwe en is dus dood vir die wettiese godsdienstige reëls van hierdie wêreld. Waarom lewe julle dan nog asof julle aan hierdie wêreld behoort? Waarom gehoorsaam julle allerhande voorskrifte’ (ANV)

Saam met Christus het ons die sonde van die wêreld afgesterf en saam met Hom opgestaan in die Nuwe Lewe saam met Jesus. Ons het dus geen rede om nog die godsdienstige wette van die ou verbond (testament) na te volg nie. Dankie Jesus, vir die vryheid wat U lyding vir ons wat in U glo en vertrou gebring het.




ID in Christus 27/03/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:13 ‘Julle was dood deurdat julle gesondig het en deurdat julle sondige natuur nog nie weggeneem was nie. God het julle egter saam met Christus lewend gemaak deurdat Hy ons al ons sondes vergewe het.’ (ANV)

Ons is in Christus lewend gemaak. God het al ons sondes vergewe! Ek is vry van die sondelas. Dankie Jesus ek is vry! Ek is nie meer ‘n slaaf van sonde nie.




ID in Christus 20/03/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol 2:12 ‘Dit het by die doop gebeur deurdat julle toe saam met Hom begrawe is. Deur julle verbondenheid met Hom is julle ook saam met Hom opgewek, omdat julle geglo het in die krag van God wat Hom uit die dood opgewek het. ‘ (ANV)

Met jou waterdoop bevestig jy dat jy saam met Jesus gesterf het vir die sonde en as nuwe mens saam met Hom opstaan in ‘n nuwe lewe vry van sonde met ‘n nuwe sonde vrye natuur in Hom. Dankie Jesus dat my sondige natuur saam met U gesterf het!




ID in Christus 13/03/2020

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
2:11 ‘Omdat julle één is met Christus is julle ook besny, nie met
‘n besnydenis deur mense nie, maar met die besnydenis van Christus.
Hierdie besnydenis bestaan uit die wegneem van julle sondige
geaardheid.’ (NLV)

Jesus
het my sondige geaardheid weggeneem, my gees is sondeloos. Dankie
Jesus!




ID in Christus 06/03/2020

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
2:9-10

‘Die volheid van God is mos liggaamlik in Christus teenwoordig. 10
En omdat julle één is
met Christus deel julle in Sy volheid – Hy wat die hoof is van elke
heerskappy en gesag.’ (NLV)

In
Christus is ek volledig gemaak! Dankie Jesus Christus dat ek heel en
volledig is, deur U!




ID in Christus 28/02/2020

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol2:3
‘In die eenheidsband met Christus is al die geheime skatte van
wysheid en kennis te vind.’ (NLV)

In
Christus het ek het ‘n verhouding met God
en het die skatte; wysheid, insig en kennis, in Jesus
Christus. Ek is verlos, geregtig en heilig in Christus. Baie dankie,
Jesus!




ID in Christus 21/02/2020

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
1:27
‘God het besluit om aan hulle bekend te maak hoe
wonderlik die heerlikheid van hierdie geheim vir alle volke is. Die
geheim is: Christus leef in julle. Dit is die vooruitsig dat julle in
die hemelse heerlikheid sal deel’. (NLV)(sien ook AOV)

God maak aan gelowiges ‘n geheim bekend, wat vir ongelowiges onverstaanbaar is, naamlik dat Christus se heerlikheid (glorie) in ons is. Jesus woon in ons! Dis wonderlik!




ID in Christus 14/02/2020

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Kol
1:22
‘Maar nou het Hy ook julle met Homself versoen
deurdat sy Seun as mens gesterwe het om julle heilig, sonder smet en
onberispelik voor Hom te stel.'(ANV)

Ons
is nie net versoen met God nie, ons is ook heilig, sonder blaam of
skandvlek, uitstekend en regverdig voor
God. Dankie Jesus!