Verlossing
word joune wanneer jy Jesus in jou lewe in nooi.
Jesus
se dood aan die kruis en sy opstanding 3 dae later, maak dit vir ons
moontlik om in geregtigheid voor Vader God te staan, om ons sondelas
agter te laat en deur geloof in te stap in die genade wat God vir ons
alreeds van voor die skepping, vir ons beplan het.
Vader
God het ons lief en het reeds voor die skepping ons elkeen beplan.
Psa
139:16
U oë het my ongevormde klomp gesien; en in u boek is hulle almal
opgeskrywe: dae
dat alles bepaal was, toe nog geeneen van hulle daar was nie. (AOV)
Is
dit nie wonderlik nie? Ons dae was bepaal voordat daar ‘n enkele dag
bestaan het!
Ons
sondig almal dis wat ons van Adam en Eva ge-erf het, maar reeds na
die sondeval het Vader God belowe dat Hy ‘n verlosser sal stuur (Gen
3:15
En Ek sal vyandskap stel tussen jou en die vrou, en tussen jou saad
en haar saad. Hy sal jou die kop vermorsel, en jy sal hom in die
hakskeen byt.) en
dit was Jesus. Jesus het die volle prys betaal want Hy alleen was
sondeloos maar ook volkome mens. Dit het Hom laat kwalifiseer, ons is
te sondig, ons kon onsself nie los koop nie. Deur God se liefde en
genade was Sy seun Jesus ons enigste redding.
Jesus
het vir ons met Sy lewe, ‘n baie duur prys
betaal en ons die keuse gelaat om self te besluit of ons die kosbare
geskenk gaan aanvaar. Deur Sy opoffering kan ons reeds hier op aarde
God se genade beleef.
Jesus
se opoffering het vir ons verlossing moontlik gemaak. Die oomblik wat
ons erken en aanvaar dat Jesus die enigste manier is waardeur ons
verlossing kan kry en dan Jesus as ons verlosser in ons lewens in
nooi, is ons onmiddelik verlos van ons sondige natuur. Wanneer on
Jesus in ons harte in nooi vind ‘n wonder plaas en ons gees word
heeltemal vernuwe. (2Kor5:17)
Maar meer hieroor ‘n ander keer.
Ons
is in verwondering en dankbaar vir ons nuut gevonde
verlossingsgeskenk. Dikwels bly ons egter hier vassteek in ons
dankbaarheid en ontdek nie die res van ons wonderlike geskenk nie.
Dit is belangrik dat ons meer moet leer en uitvind wat alles in ons
geskenk is, moet nie so opgewonde, dankbaar en tevrede met jou
verlossing wees dat jy nie verder kyk wat alles in jou kosbare
geskenk is nie. Soek ‘n plek waar jy meer kan leer
of in dissipelskap gelei
sal word en moenie ophou soek nie, God het meer vir jou.
Jesus het dit ook belowe voordat Hy opgevaar het om aan die
regterhand van sy Vader te gaan sit.
Ondersoek
en ervaar God se genade en liefde. Vind Sy bevrydende vrede en
vryheid.