ID in Christus 15/11/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:13
‘Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër
ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ (AOV ’53)

Dankie
Jesus, deur U bloed is ek nou nader (beter
verhouding) aan God, ons Vader.




ID in Christus 08/11/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef 2:6 ‘en saam opgewek (uit die dood) en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,’ (OAV ’53)

Wow, ek is saam met Jesus opgewek uit die dood en sit saam met Hom in die hemel!




ID in Christus 1/11/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:12 ‘Deur Christus en ons geloof in Hom, kan ons met vertroue
vrymoedig na God toegaan.’ (NLV)

Baie
dankie Jesus, vir U werk op die kruis, wat ons vry gemaak het deur
ons geloof in U! Dankie dat ons nou enige tyd by God, ons hemelse Pa,
kan aanklop sonder twyfel, met sekerheid en in vertroue.




ID in Chrustus 25/10/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:6
Dié geheime plan is dat die
nie-Joodse nasies deur Christus Jesus saam sal deel in die erfenis
van God se volk, dat hulle saam lede van dieselfde liggaam is, en
saam deel het aan die beloftes wat op grond van die Goeie Nuus verkry
word. (NLV)

Ek
deel in die beloftes van God. Dis deel van die erfenis op grond van
dit van wat Jesus vir ons op die kruis gedoen het.




ID in Christus 18/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

Ek is ‘n lid van die liggaam van Christus, ek het ‘n verhouding met die lede van die liggaam van Christus (Sy kerk), ek is ‘n lid van die familie in Jesus Christus.




ID in Christus 11/10/2019

Ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef5:8,9 ‘Vroeër was julle die ene duisternis, maar nou in die Here is julle lig. Leef dan as mense van die lig. 9 Uit die lig kom alles voort wat goed en reg en waar is. ‘ (ANV)

Omdat ek in Christus is, skyn Jesus se Lig deur my en is ek ‘n lig in die duisternis. (Jou voorbeeld word gesien.)




ID in Christus 4/10/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:19
‘Julle is dus nie meer ver van God af nie, nie
bywoners nie, maar medeburgers van die gelowiges en lede van die
huisgesin van God.’ (ANV)

Ons
is deel van God se huisgesin, ons is Sy kinders!

Ek
het ‘n verhouding met my Pa en dis wonderlik!
Het jy?




ID in Christus 27/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:12
‘In ons verbondenheid met Hom en deur ons geloof in
Hom kan ons met vrymoedigheid en vertroue na God gaan.’ (ANV)

Deur
ons geloof in Jesus kan ons in vrymoedigheid en met vertroue tot God
nader. Jesus het vir ons sondes betaal en ons is regverdig voor God.

Gaan
klim op jou hemelse Pa se skoot! Gee Hom ‘n drukkie.




ID in Christus 20/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
3:6
‘En dít is die geheimenis: deur die verkondiging van
die evangelie en in hulle verbondenheid met Christus Jesus, word ook
mense wat nie Jode is nie, saam met ons’ (Joodse gelowiges) ‘deel van
die volk van God en lede van die liggaam van Christus, en kry hulle
ook saam met ons deel aan wat God belowe het.’ (ANV)

Wat
‘n seëning, ons deel in al God se beloftes!

Glo dit, aanvaar dit, en maak dit jou eie, spreek dit oor jou lewe!




Identiteit in Chrustus 13/09/2019

Ons
verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Ef
2:13
‘Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër
ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.’ (AOV)

Wat
‘n voorreg om nader aan God, ons Vader, (Pa) te wees, deur wat Jesus
alles vir ons op die kruis gedoen het.

Dankie
Jesus, dat U ons sondes betaal het en ons nou geregtig en vry tot
Vader God kan nader!