Neem Beheer Oor Jou Gedagtes

Te midde van Covid en ‘lockdown’ en talle waarskuwings, boodskappe en nuusberigte moet ons waak oor wat ons toe laat in ons gedagtes, sodat ons nie gefrustreed, moedeloos en/of depresief raak nie.



Daar is ‘n oormaat van inligting en meeste van die inligting is nie die volle waarheid nie, dis aangedik, of totaal fiktief en veroorsaak benoudheid, onsekerheid, bekommernis, vrees en paniek. Ons hoef nie elke boodskap en nuusberig te lees nie.

Ons moet leer om te onderskei wat is nodig en wat moet ons weggooi. Nou is die vraag hoe doen mens dit, hoe weet jy?

God se Woord sê:

2Kor 10:4-5 Die wapens van ons stryd is nie die wapens van die mens nie, maar die kragtige wapens van God wat vestings kan vernietig. Daarmee vernietig ons die redenasies 5 en elke hooghartige aanval wat teen die kennis van God gerig word. Ons neem elke gedagte gevange om dit aan Christus gehoorsaam te maak. (ANV)

Ons gedagtes is die oorlogsfront, dit is waar die vyand wil oorweldig en verwarring saai.

Hoe hanteer ons dit, hoe staan ons dit teë?

Jy het ‘n keuse wat jy in jou gedagtes toelaat!

As dit jou onrustig, bekommered, onseker of verward laat voel, neem ‘n besluit om daai gedagte te vervang met die waarheid – God se Waarheid – God se Woord.

Stop verkeerde gedagtes, neem gedagtes gevange – wees die polisiebeampte in jou gedagtes en sê hardop ‘Nee dis verkeerd’ en vervang dit onmiddelik met positiewe gedagtes wat op God se Woord gebaseer is.

Moet nie toelaat dat jou gedagtes oploop sit met vreesagtige gedagtes nie – moet nie die bobbejaan agter die berg loop haal nie. Meeste van die tyd kom daar niks van sulke gedagtes nie, en het ons onnodig bekommer oor iets wat glad nie tot werklikheid kom nie.

Hier is ‘n paar skrifgedeeltes om verkeerde gedagtes mee te vervang:

Rom 8:31b ‘…God is vír ons, wie kan dan teen ons wees?’ (ANV)

Psa 23:1 ‘ ‘n Psalm van Dawid. Die Here is my herder, ek kom niks kort nie.’ (ANV)

Psa 23:6 ‘ Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae. ‘ (AOV)

2Ti 1:7 ‘Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid (lafhartigheid ANV) gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. ‘(AOV)

2Ti 1:7 ‘ For God has not given us a spirit of fear, but of power and of love and of a sound mind.‘ (NKJV)

Heb 13:5b … God self het gesê: “Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”(ANV)

Psa 118:17 ‘Ek sal nie sterwe nie, ek sal lewe en van die dade van die Here getuig.’ (ANV)

Pilp 4:6-8 ‘ Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. 7 En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus. 8 Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig.‘ (ANV)

Vra God en Heilige Gees om jou te lei om te leer wat reg is.

As jou verhouding nog nie so is dat jy altyd dadelik hoor wat God sê nie, ignoreer alle boodskappe en nuusberigte en lees net die Bybel.

Bekommernis (worries) maak niks beter nie.

Verklaar eerder die Woord oor jou en jou geliefdes en wees dankbaar in alle omstandighede.

Daar is altyd iets om voor dankbaar te wees, loof en prys God vir voorsiening en beskerming.

God is getrou en is liefde.

1Jn 4:18 ‘Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf, en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie.’ (ANV)

2Ti 1:7 ‘Want God het ons nie ‘n gees van vreesagtigheid (lafhartigheid ANV) gegee nie, maar van krag en liefde en selfbeheersing. ‘(AOV)

Heb 12:1-2 ‘Terwyl ons dan so ‘n groot skare geloofsgetuies rondom ons het, laat ons elke las van ons afgooi, ook die sonde wat ons so maklik verstrik, en laat ons die wedloop wat vir ons voorlê, met volharding hardloop, 2 die oog gevestig op Jesus, die Begin en Voleinder van die geloof. Ter wille van die vreugde wat vir Hom in die vooruitsig was, het Hy die kruis verduur sonder om vir die skande daarvan terug te deins, en Hy sit nou aan die regterkant van die troon van God.’ (ANV)




ID in Christus 9/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom 8:32 ‘Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?’ (AOV)

Ek het alles gekry wat God het! Dankie Vader, vir U genade en dat U tot U Seun nie van ons weerhou het nie.




ID in Christ 9/01/2021

Let us declare and establish our Identity in Christ according to:

Rom 8:32 ‘He who did not spare His own Son, but delivered Him up for us all, how shall He not with Him also freely give us all things?’ (NKJV)

I received all things God has! Thank you, Father, for your grace and that You even gave us your Son.




ID in Christus 2/01/2021

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:26 ‘Die Gees van God help ons ook nog boonop in ons onbeholpenheid. Ons weet immers nie mooi wat en hoe ons moet bid nie. Maar die Gees self neem ons gebedsbehoeftes voor God op met versugtinge wat nie in menslike taal verwoord kan word nie.’ (NLV)

Ek het Heilige Gees in my, wat my help en by God vir my intree. Wat ‘n wonderlike seën en voorreg!




ID in Christ 2/01/2021

Let us declare and establish our Identity in Christ according to:

Rom 8:26 ‘Likewise the Spirit also helps in our weaknesses. For we do not know what we should pray for as we ought, but the Spirit Himself makes intercession for us with groanings which cannot be uttered.’ (NKJV)

I have Holy Spirit in me, who helps me and intercede on my behalf. What a wonderful blessing and privilege!




ID in Christ 26/12/2020

Let us declare and establish our Identity in Christ according to:

Joh 3:17 ‘For God did not send His Son into the world to condemn the world, but that the world through Him might be saved.’ (NKJV)

I am saved from the sin-nature because Jesus became man to redeem me. I am grateful and blessed!




ID in Christus 26/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Joh 3:17 ‘Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.’ (AOV)

Ek is gered van die sonde-las, want Jesus het mens geword vir my verlossing.

Ek is dankbaar en geseënd!




ID in Christ 19/12/2020

Let us declare and establish our Identity in Christ according to:

Rom 8:17 ‘ and if children, then heirs—heirs of God and joint heirs with Christ, if indeed we suffer with Him, that we may also be glorified together.’

This is wonderful, I am an heir with and through Jesus Christ! When we suffer together, we will also be glorified together. Thank you, Jesus!




ID in Christus 19/12/2020

Kom ons verklaar en bevestig ons ID in Christus volgens:

Rom8:17 ‘En as ons God se kinders is, maak Hy ons ook Sy erfgename. Saam met Christus deel ons in God se rykdom. As ons bereid is om saam met Christus te ly, sal ons sekerlik ook deel in sy heerlikheid.’ (NLV)

Hoe wonderlik is dit, ek is ‘n mede erfgenaam saam met en deur Jesus Christus! As ons saam ly, word ons ook saam verheerlik. Dankie Jesus!




ID in Christ 12/12/2020

Let us declare and establish our Identity in Christ according to:

Rom 8:17 ‘and if children, then heirs—heirs of God and joint heirs with Christ, if indeed we suffer with Him, that we may also be glorified together. ‘(NKJV)

As a child of God, I am an heir with Christ. We will be glorified with Him just as we suffer (death to sin) with Him. (2Tim2:11,12)